Page 1 of 1

Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Tue Jun 29, 2010 1:34 pm
by Spanner
Ek het op die kort video afgekom op U-Tube.  Die ou roep die jakkie in tot amper op sy skoot en skiet dit in die kop met 'n haelgeweer !  Dit is nogal indrukwekkend.  Ek neem aan die ou het 'n fluitjie gebruik om die jakkie te roep, en hy het sommer baie vinnig ingestorm.

http://www.youtube.com/watch?v=MT1SK20kB1A

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Tue Jun 29, 2010 2:02 pm
by Spanner
hier is nog een van dieselfde ouens.  Weer met haelgeweer geskiet.  Die jakkie kom ingehardloop en die ou skiet amper te laat - die jakkals is al te naby en hy skiet eers mis, en volg toe vinnig op en skiet hom dat hy tol.

http://www.youtube.com/watch?v=IqvZPqTMovs&NR=1

nog 'n video uit Texas
http://www.youtube.com/watch?v=p8tFnBag17E&NR=1

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Tue Jun 29, 2010 8:49 pm
by Christo
Ek sal my twowalkhailgun moet begin saamry.

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 04, 2010 2:36 pm
by Caller
Spanner

Is dit jou naam of die Jack Russel s'n?

My Jack russel se naam is Spanner. Nou vra ek maar net.

Jammer dit is nie deel van die bespreking op die post nie, maar ek is maar net nuuskierig.

Caller

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 04, 2010 3:13 pm
by Geno
Spanner is nogal 'n kwaai naam vir 'n Jack Russel,
Die een se naam is Spyker ;D
Image

Groete,
Eugene

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 04, 2010 3:23 pm
by namhunt
Spanner

Kyk bietjie op die site, die manne gebruik ook haelgewere. Lyk na lekker sports.
http://buckingtheodds.com/

Groete
Daan

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 04, 2010 9:54 pm
by Spanner
Ja my brak se naam is Spanner.  Hy is al oud maar het nie einde nie.  Ek het eintlik 'n hele klompie Jack Russels gehad met name soos T-Bone, Dipstick, Mango, Fudge, Kiewiet Klonte en Trigger.  Het nog net Spanner en T-Bone oor - die ander het "self destruct".  Ek is gek oor die honde se geaardheid.

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Thu Aug 05, 2010 1:56 am
by Francois B
namhunt wrote: Spanner

Kyk bietjie op die site, die manne gebruik ook haelgewere. Lyk na lekker sports.
http://buckingtheodds.com/

Groete
Daan
Ek het so ruk terug by die bto forum aangesluit en die manne is vol waardevolle inligting vir dagjag en geniet fotos en stories van ons kant af ook!

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Thu Aug 05, 2010 5:02 pm
by Louis Kriel
Spanner wrote: Ek het op die kort video afgekom op U-Tube.  Die ou roep die jakkie in tot amper op sy skoot en skiet dit in die kop met 'n haelgeweer !  Dit is nogal indrukwekkend.  Ek neem aan die ou het 'n fluitjie gebruik om die jakkie te roep, en hy het sommer baie vinnig ingestorm.

http://www.youtube.com/watch?v=MT1SK20kB1A

Holeeee! Mother!

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Thu Aug 05, 2010 7:43 pm
by hagar
Ek moes eendag n coyote van my skoot af skiet met n haelgeweer, en ek bedoel die ding van my skoot af skiet. Hy het op volle vaart gekom, en toe ek hom sien was hy 5 tree weg. Ek het net tyd gehad om die ding op te tel en hom te klits, anders het my onderstebo gehol. Twee onse copper plated bb's maak n gemors op so n afstand. My coyote jag vriend het dieselfde lading gebruik om n dronk black-sam wat 3 uur in die oggend by sy huis ingebreek het dood te skiet.

Ek het niks ondervinding van in die nag roep nie, maar ek reken dit kan "interessant" raak. Ek het opgehou om met n fluitjie te roep as ek alleen was, want dit het te goed gewerk. Twee keer het coyotes my met klippe en sand gegooi van agter af soos hulle briek, en ek het hulle nie gesien of hoor kom nie, en ek het bergleeus ook ingeroep wat ek net die spore gesien het na die "stand". Ek het n punt gemaak as ek roep, voor ek verkas loop ek n wye draai en soek vir spore om te sien watse gediertes ek ingeroep het wat ek nooit gesien het nie.

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 11, 2010 11:55 am
by KSV
Eugene,

Ook van die onderwerp af, sorry?

Daai T/C waar het julle hom gekry?  Soek darem so iets met 'n seer hart.

Hein

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 11, 2010 12:02 pm
by Geno
Hein, dit was 'n klient se geweer, 7mmRemMag, hy't 'n koekhou geskop!
Praat met Classic Arms in Witbank, hulle voer T/C gewere in.

Groete,
Eugene

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 11, 2010 1:09 pm
by KSV
Nee dankie, nie in 7mm RM nie ;D

Sal bietjie met hulle praat daar, dankie.

Hein

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 11, 2010 3:32 pm
by 243Songdaug
Ek lus darem self 'n TC maar my eerste keuse sal in 243 kaliber wees - tweede keuse sal 'n 280 Rem wees.

Re: Jakkals met 10br haelgeweer geskiet - video

Posted: Wed Aug 11, 2010 3:46 pm
by KSV
Dink 'n 260 Rem sal darem lekker dra roer maak in so 'n TC.

Hein