Page 1 of 1

Twee Jakkalse in twee dae.

Posted: Sun Nov 18, 2012 8:37 pm
by iceman1982
Het eer gister n jakkals helder oor dag "gewalk en stalk" met my klient. Hy het die eerste een mis geskiet op so 50 tree, maar n ander een het weg gespring en ons n kans gegee. Hy het hom toe gerol.(Reun) Het toe n dagroep in gewerk die volgende dag op ander area van plaas. Wind het erg gewaai, en die Foxpro het op maximum volume geksree. Het Lightning Jack sommer gelos vir 2 min solied, met die idee dat soos die wind stil raak om asem te haal, dat daar darem klank kan trek. Het LJ afgelos vir so 1min en net vinnig jakkalsbaklei gespeel. Reun het in getrot gekom, en ek het hom op so 30 tree geskiet.
Ons het oor die 2 dae , 4 jakkalse gesien helder oor dag. Kan dit wees omdat die rooibokke en blesbokke nou lam, dat hulle so aktief is? 
Ek het sommer met die boer se foxpro geroep, wat nou nie my klanke op het nie. Nadat ons die eerste jakkals op die eerste dag geskiet het, het die een wat misgeskiet is vir lank bo op die koppie gestaan en roep. Ek glo dat Jakkals alleen/ jakkals baklei die volgende middag mooi sou gewerk het om daai eerste een wat misgeskiet is te rol. Onthou , ons het hom/haar misgeskeit sonder enige roep. Die boer het altans ander idees gehad, wat nou wel een jakkals opgeoffer het. Hy het ook nie Jakkals alleen op sy roeper gehad nie, so ek moes maar gebruik wat hy gehad het.  My volgende keer wat ek daar sal kan gaan roep is seker eers mid Desember. Hoop nie dis te laat nie.
Kommentaar maar gerus.