Page 1 of 2

Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 10:50 am
by Legends Africa Taxidermy
Nog n foto van die rugmount

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 10:51 am
by Jakkalsgat
Nou lyk dit pragtig ???

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 10:53 am
by BRNO (Pierre)
Lekker lag ek nou ;D

Erens doen jy iets nie reg nie. Email vir my die fotos, dan sit ek dit gou vir jou op. pierrevdm@vodamail.co.za

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:39 am
by Theo E
Lol

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:54 am
by Legends Africa Taxidermy
Pierre en Jaco
kom julle reg met die laai van die fotos?

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 1:02 pm
by Jakkalsgat

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 7:17 pm
by Marc
Plaas bietjie een van wat die vol vel insluit, sal ook graag van jou ander tiepe wall mounts wil sien  8)

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 8:15 pm
by iceman1982
Legends Africa Taxidermy wrote: Nog n foto van die rugmount
Kan julle asb vir my meer fotos email van enige leeu rug mounts wat julle gedoen het met pryse. Ek het een wat will laat doen.

Groete,

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 8:26 pm
by Legends Africa Taxidermy
Naand se Marius, naam genoot.

Ek is besig om vir jou nog fotos te e-mail met ons prys.

Marius Muller

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:10 pm
by Legends Africa Taxidermy
WingsandThings
Surina, als reg my ding...

Sien die manne hou van ons werk, ons moes lank al Koppies verlaat het..lol

Gaan nie oor jagters/ Kliente baklei nie, daars genoeg werk vir almal daar buite.

;D 8)

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:28 pm
by Jakkalsgat
WingsandThings wrote: Sorry maruis, ma dis my plig om dit te doen, Iceman1982 onthou asb dat jy ook ' nbaie goeie taxidermis hier in PE het. Hulle is hunters and collectors www.huntersandcollectors.co.za. Just incase jy nie weet nie.  SOrry weer marius, ma jy verstaan mos;)
Hi Surina

Op die forum is dit 'n geval van leef en laat leef en gun ons elkeen die son wat oor hom skyn maar moet ek eerlik se dat dit effe onvanpas is om op 'n "topic" wat deur 'n persoon gemaak is om tog maar sy werk te deel dit te "hijack" en ander verskaffer of diensverskaffer te bemark. Ek ken nie die mense van huntersandcollectors nie en glo ook nie hulle is op die forum nie. So sorry Surina maar ek voel dis my plig om jou daarop attend te maak.

Geniet dit hier by ons en gun elkeen maar die son wat oor hom skyn.

Groete
Jaco Stander

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:48 pm
by Legends Africa Taxidermy
Naand se Jaco,

ek is nou by photo bucket,maar verstaan  nie hoe om die foto va  daar af oor te laai na die forum toe nie?
Kan jy dalk help daarmee?
En vir die Post van WingsandThings, ek ken vir Surina, en is baie goeie vriende..

Dankie vir joui hulp so ver Jaco.

Marius

Re: Lion rugmount.

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:59 pm
by Jakkalsgat
Hi Marius

Dit gaan nie daaroor of julle mekaar ken of nie, dit is net goeie etiket, almal in die bedryf gaan dit nie in dieselfde goeie lig as jy sien as sy dit met hulle doen nie. Gestel Wouter adverteer Elande hier op die forum en ek sien dit en kan sy prys verbeter is dit eties korrek om dit op sy "topic" te doen? Ek veg nie daaroor nie en is dit slegs 'n teregwysing ons doen dit maar met mekaar.

Nou photobucket:

As jou fotos klaar op photobucket ge "upload" en "save" is gaan jy na jou album. Kies nou die foto wat jy wil "copy" deur eenkeer op hom te click, daar behoort nou 'n "drop down" "menu" oop te maak, "clicl" nou op die heel onderste lyntjie van daardie menu en behoort hy nou vir jou te se "copied" gaan dan na die spasie toe waar jy foto wil plaas "right click" en "paste", jou foto behoort dan daar te wees.

Hoop jy verstaan

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 6:00 am
by WingsandThings
Hey Jaco,
skuus as ek enige iemand offend het, dit was glad nie so bedoel en sou dit tien ten een nie genoem het as as ons mekaar nie geken het nie. Maar weereens, jammer as ek enige iemand offend het. Skuus Marius

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 6:15 am
by Marc
Dagse

Goeie werk Jaco, ek hou van die manier waarmee jy die situasie ontlont en koregeer het  ;) Ander Mods kan jou naam solank op die lysie sit vir backup  8)

Dit is soos Jaco noem, as almal happy is los dit net daar  ;) dit is dog n goeie punt om in die toekoms te onthou. As jy regtig voel jy moet, stuur die man dan eerder n PM  ;)

Wou net gou Dankie se aan jul al drie, hou van die manier waarop julle dit hanteer het.

Mooi loop
Marc

Marius hoop jy wen die Photo bucket ding, ek wag in spanning om nog van jou Werk te
Sien  ;)

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 6:22 am
by WingsandThings
Weereens sorry, het die sondige post gedelete, sal nuwe topic vir daai een begin, Sorry het dalk gedoen sonder om te dink
:-[

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 6:31 am
by Marc
WingsandThings wrote: Weereens sorry, het die sondige post gedelete, sal nuwe topic vir daai een begin, Sorry het dalk gedoen sonder om te dink
:-[
100%

Let bygones be bygones  ;)

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 7:19 am
by Jakkalsgat
Hi Surina

Dankie man, no harm done, alles in die goeie gees van Jaracal, asb geniet dit hier en jy doen baie netjiese werk, hoop regtig ons kan vir mekaar baie beteken.

Groete en Loop Mooi
Jaco

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 7:36 am
by Legends Africa Taxidermy
Surina ek het probeer maar nou ja hierdie Forum is nie Fb nie ..lol

Julle almal is great baie dankie.
so bly jy het my die link gestuur dankie Surina..

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 5:44 pm
by WingsandThings
:D Dis mos waarvoor vriende daar is Marius. Gedink jy sal dit geniet

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 7:03 pm
by grumpy
PUNT!!

>:(

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 7:59 pm
by WingsandThings
het marius na die forum verwys omdat ek gedink het hy sal dit geniet grumpy, dis mos waarvoor vriende daar is om die goeie dinge in die lewe te deel

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 8:05 pm
by Jakkalsgat
Grumpy \

Sit, stay

Surina

Dankie vir die verwysing, moet jou nie veel aan Grumpy steur nie, sy blaf is nie eers erg nie. Hy het 'n issue met 'n punt maar is hy heeltemal te dik om sy vingers te beweeg om iets meer as 'n punt te tik. :laugh:

Groete
Jaco

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 8:13 pm
by grumpy
Jaco,jy ken my en ek het n punt!!! Hulle ken my nog nie so die punt en hosepipe kom nog as hulle nie mooi gedra nie!!

>:(

Re: Lion rugmount.

Posted: Mon Nov 19, 2012 8:15 pm
by Jakkalsgat
Grumpy

Net nie die hosepipe nie ???