Page 1 of 1

Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 10:21 am
by shooter
More aan almal. Ek wil solank begin kyk na n nuwe geweer maar ek weet nie watse kaliber nie. Ek hou nogal van uitdagings en is stout oor my 22250. Sal graag eendag verder wil skiet as 500m maar wil ook die geweer vir jag gebruik. Het met n maat van my se 6mm BR al geskiet en daai is nou n lekke geweertjie maar weet nie of hy my 22250 se plek kan vat op jagveld. Nou vra ek julle manne wat baie roere en ondervinding het met verskillende wapens vir raad en leiding en julle ervarings met hulle. Ek weet dis my keuse en besluit maar ek wil graag julle insette ook he.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 10:26 am
by Monrique (SJ)
Wat van die 6mm Dasher? Gesels bietjie met Taffie en Jaktrap hier op die forum.

Groetnis

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 10:30 am
by shooter
SJ dankie hoop ek hoor van hulle af ook. Kom ek dit so stel. As jy jou kluis oopmaak waarnatoe gaan jou hand eerste. Wat is jou eerste keuse myne is 22250. Ek glo Blok sal se sy 204. Ek het die 204 ook in gedagte maar is hy nie naby die 22250 nie. 

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 10:32 am
by shooter
Ek het so vinnige gesprekkie oor die dasher gevolg ek dink Piet Breed was daarby betrokke. Ken die kaliber glad nie watse dop en punt en spoed en afstand ens.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 11:44 am
by Jaktrap
Hallo Shooter
Ek het maar vir my n Dasher gekry na baie oplees oor die dinge op 6mmBr site.
My grootste rede vir hierdie kaliber was maar loop lewe en min recoil en algemene akuraatheid.
Dop voorbereiding is ook glad nie n pyn nie en die fire forming n plesier.
Die manne met die programme kan jou seker meer vertel oor balistiese effektieiteit maar vir my doen
hy maar dieselfde as n 243 maar net met minder kruit.
Die komponente is ook nie n probleem nie en sal maar later as ek n cronograaf aangeskaf het begin lading ontwikkeling
doen. Die eerste 5 skote wat ek geskiet het nadat Oom Frik hom vir my gebed het het almal gesny so dit is seker
n goeie begin maar ons behoort dit nog te kan halfeer.
Dit sou darem lekker gewees het om met gewere  en kalibers te eksperimenteer as dit nie vir ons wette was nie.
In SA word mos net die wetsgehoorsame burgers ge polisieer.
Sterkte

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 2:20 pm
by shooter
Kom ons liewer nie daai rigting praat nie anders is ek sommer weer bef... Ek het gevoel dat daai BR regtig ook min recoil het en ek laaik dit omdat ma en kids ook saam skiet. Die dasher se dop soos wat se een lyk dit (grootte). Die groeppering wat jy geskiet het is blerrie nice en jy het noggi eens begin speel nie. Hoe dink jy sal hy op die langer afstande werk. Jy praat van oom Frik wat jou gehelp het met aanmekaar sit en komponente . Kan jy my bietjie meer vertel van jou aksie en loop en kolf en dan die koste as jy nie omgee nie. Ek het al gewonder oor n 7mm maar ek weet nie ek ken nie veel van hulle af nie of iemand wat een het nie

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 2:29 pm
by jacojrdn
Shooter

Hang ook af van wat jy met hom wil jag. Ek hou nogal van die 270WSM. Kan 90 Gr koeels lekker vinnig stoot en jy kan hom met 150 Gr koeels teen 3100vt/s op groter wild op langer afstande gebruik.

My 2c

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 2:30 pm
by Monrique (SJ)
Shooter

Ek dink die BR is baie akkuraat tot 300m en dan is daar beter opsies.

Groetnis

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 2:47 pm
by shooter
Sien so gaan ek gehelp word om die regte een te kies. Die grootste wat ek sal skiet sal n eland wees. Maar ek sal graag ook gonge op 600m -700M wil skiet as ek so ver kan sien. Ek het vergeet van 270wsm - het jy een en hoe ervaar jy hom.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 2:48 pm
by shooter
SJ sou jy se n ou moet dalk eerder na 6.5 x 284 se kant toe kyk , wat ek gedoen het voor daai tactical op my pad gekom het.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 3:12 pm
by Monrique (SJ)
Shooter

Die opsies is lekker groot in die 6.5mm en 7mm kal. bied n groot verskeidenheid koeel gewigte met baie goeie BC en goeie kaliber keuse. Daar kan jy nie verkeerd gaan, maar dink die 6.5 kan dalk net n bietjie "lig in die broek" raak veral op die ver afstande en Eland skiet.
Moet ook nie die 300WSM mis kyk nie en sal ook goeie kos wees vir daai Elande, maar met meer recoil natuurlik. n Ander opsie is dalk ook die 7mm Tombi.

Dink Ludwig is die regte man om te nader, aangesien hy al so bietjie gelees het oor die ding en self n ver spoeg roer bou. Arnold kan self goeie insae lewer hier.

Groetnis 

Re: Nuwe geweer.

Posted: Sat Nov 17, 2012 3:59 pm
by shooter
SJ dankie vir al die inligting ek waardeer. Ek wil nie die geweer bou om bokke verder as 400m te skiet nie maar wil dit terselfde tyd ook gebruik om gonge verder as 600m te skiet. Dink daai ver jag is buite my vermoeens en gemak zone. Die 7mm tombi klink na n lekker gun wat veelsydig sal wees asook die 300wsm. Hoe is die recoil op daai outjies.  Sal bietjie by Wouter en Ludwig en Piet Breed hoor wat stel hle voor en wat is hul keuse van so n alround kaliber   

Re: Nuwe geweer.

Posted: Thu Jan 24, 2013 8:22 am
by vincent
Goeie more mense my naam is vincent.

Ek is nuut by die jagters.
Ek het nog niks gewere nie en wil nou bietjie begin koop
Maar is nog nie seker wat om te koop nie ek soek na iets
Wat ek kan enige wild jag van vlakvark tot eland of kudu
Sonder om vleis te beskadig.

Ekt al bietjie gekyk na .270 en die 7x57 maar is nog nie seker nie
Help asb?

Groete
En dankie

Re: Nuwe geweer.

Posted: Fri Jan 25, 2013 3:44 pm
by visstok
Vincent

Die onderwerp is al baie bespreek en daar is elke keur duisende antwoorde. Elke ou het sy voorkeur, en sal daai kaliber aanbeveel. Persoonlik dink ek n 308 of 30-06 is n goeie begin. Soos gese het elke ou maar n gunsteling roer en gaan daai roer aanbeveel. Die beste is, gaan skiet met die kalibers voor jy jou keuse maak. Ongeag wat die manne hier se, die besluit le nogsteeds by jou, jy gaan daai roer in die veld dra.

Groete Alex

Re: Nuwe geweer.

Posted: Fri Jan 25, 2013 6:18 pm
by PWV
shooter wrote: SJ dankie vir al die inligting ek waardeer. Ek wil nie die geweer bou om bokke verder as 400m te skiet nie maar wil dit terselfde tyd ook gebruik om gonge verder as 600m te skiet. Dink daai ver jag is buite my vermoeens en gemak zone. Die 7mm tombi klink na n lekker gun wat veelsydig sal wees asook die 300wsm. Hoe is die recoil op daai outjies.  Sal bietjie by Wouter en Ludwig en Piet Breed hoor wat stel hle voor en wat is hul keuse van so n alround kaliber 
Nou begin jy in die regte rigting dink!!  Begin respek kry! 8) 8) 8)

Re: Nuwe geweer.

Posted: Mon Jan 28, 2013 12:09 am
by immelmanw
Monrique (SJ) wrote: Wat van die 6mm Dasher? Gesels bietjie met Taffie en Jaktrap hier op die forum.

Groetnis
Vra vir Heinrich Funck wat dink hy van n Dasher!

Re: Nuwe geweer.

Posted: Mon Jan 28, 2013 9:28 pm
by Piet Breedt
In my oë is n .22 250 meer n spesialis geweer vir oes ens, en nie regtig die beste vir algemene jag, veral nie vir Elande op lang afstand nie. Dit is wel n bitter lekker Jakkals en klein wild geweer, (veral vir brein skote) en met n 1/8 twist loop en 75gr Bergers of A - Maxe boks hy vêr bo sy gewigsklas.

Om lyf skote te skiet met n .22 250 met konvensionele koeëls bly maar redelik riskant, en die monolitiese koeëls op die mark is redelik lig vir die groter wildsoorte.

Maar verseker bly dit een van my gunsteling kalibers, veral met die 1/8 of 1/9 twist lope. Ek het nou 3 van hulle, dit sê seker iets van hoe ek van hulle hou.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:19 pm
by uitenwaj
Na al hierdie posts is ek baie bly ek het op die 22-250 besluit.

As jy die regte .308 kies kan jy gemaklik verder as 500m skiet. het al gesien hoe skiet manne wat kan skiet nog akuraat op 800m met n .308. Jou ander opsie  is 'n .338 maar daai is n duur opsie en meerderheid van die tyd sukkel jy om goed vir hom te kry

Re: Nuwe geweer.

Posted: Tue Jan 29, 2013 10:01 pm
by Christo
uitenwaj wrote: . Jou ander opsie  is 'n .338 maar daai is n duur opsie en meerderheid van die tyd sukkel jy om goed vir hom te kry
Dit is my nuutste toevoeging. Ek dink as jy 'n 22-250 en 'n 338 het kan jy alles doen en nog meer. Oor die sukkel weet ek nie so lekker. Als sover gekry wat ek gesoek het.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Wed Jan 30, 2013 12:46 pm
by Rysmier
Christo,

Ek wonder of hy nie na die 338LM verwys. Ek moet tog erken tot ons plaaslike winkels het al LM komponente...

Mooi dag,
CCC

Re: Nuwe geweer.

Posted: Wed Jan 30, 2013 12:55 pm
by uitenwaj
Nie seker nie maar dink dit is die 338LM wat die manne mee gesukkel het om doppe en sekere punte te kry. julle manne in die stede het gewoonlik alles tot julle beskikking. Julle speel eenie mynie mou oor na watter winkel om te gaan en ons het net een winkel. :P

Re: Nuwe geweer.

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:39 am
by Babbelas
Die 70gr Barnes TSX dink ek sal n goeie besluit wees vir jag met so 22-250.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Mon Feb 04, 2013 6:08 pm
by Piet Breedt
Die 70gr Barnes TSX sal net werk in n 1/9 of 1/8 twist loop. hy sal nie stabiliseer in n 1/12 of 1/14 twist nie.

Re: Nuwe geweer.

Posted: Mon Feb 04, 2013 6:16 pm
by Babbelas
Ja ek het dit ook so 1-8 twist, dit lyk my dit is n loop wat op al meer 22-250 g
esit word en ek kan sien hoekom!