Page 1 of 2

LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 12:47 pm
by ROBBIE1
Middag al die manne en dames.

Na die jagseisoen begin almal mos gewoonlik weer plek soek vir volgende winter, veral die manne wat n nare ondervinding gehad waar hulle die jaar gejag het.  Ek wil die voorstel maak, as dit die goedkeuring van die forum sal wegdra, dat ons n afdeling maak waar die jagters hulle ervaring van plase op kan deel.  My aanbeveling sal wees, as n plaas nie lekker was nie, om BAIE diskreet dit met almal te deel, ons wil nie van die lede in die hof sien nie, maar as dit die waarheid is, kan mens dit mos mekaar deel, en waar jy lekker gebly, gejag en gekuier het, ook deel.

Wat dink julle, of kan dit nie werk nie?

Groetnis.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 1:07 pm
by VdWalt
ROBBIE1 wrote:
Wat dink julle, of kan dit nie werk nie?
Ek glo nie dit gaan werk nie - ek het van my lekkerste jagte op n plaas gehad wat deur
n ander jagter as die hel van alle jagplase beskryf is. (Hy het nie van die reels wat hy
voor die tyd al ontvang het, gehou nie en is deur die plaas bestuurder vasgevat.)

IPV van neg kom sit net die goeies op. Dan kan mens hier deur werk en self besluit
wat lekker klink, ten minste begin jy dan jou soek na n plaas met n positiewe ref.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 1:18 pm
by BLOK
Wat van ons rate n plaas van 1 tot 10 op verskillende gebiede bv. Beskikbaarheid van wild, gidse, hides, slag geriewe, slagters, verblyf, ens.

Iemand stel n lysie op van wat alles gerate kan word so kan verskillende opinies oor n plaas gemaak word sonder om aanvallag of afkrakerag te wees.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 1:26 pm
by martinf
Voel mens kan in sekere aspekte plase miskien rate. Veral as mens kyk na Beskikbaarheid van wild, gidse, hides, slag geriewe, slagters soos genoem.

Was die jaar op 'n plaas waar die slagter sommer die mes reg deur die pens gesteek het en heeltemal oopgesny het sodat die hele holte vol pens mis was. Ons het hom net daar weg gejaag en maar self al 5 diere geslag wat binne 'n koelkamer op die grond gele het wat nie aan was nie. Dit was nie my diere nie maar my pelle sin so ons het aangeneem die manne weet wat hulle doen. Toe sukkel ons maar aan tot laat in die aand.

Dink dis die moeite werd as mens sulke ervarings kan deel. En verblyf en die res behoort mens nie te veel aanstoot te gee vir enige plase nie. Hopenlik sien hulle dit as positiewe kritiek.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 1:42 pm
by Eugene
BLOK wrote: Wat van ons rate n plaas van 1 tot 10 op verskillende gebiede bv. Beskikbaarheid van wild, gidse, hides, slag geriewe, slagters, verblyf, ens.

Iemand stel n lysie op van wat alles gerate kan word so kan verskillende opinies oor n plaas gemaak word sonder om aanvallag of afkrakerag te wees.
Klink na 'n bakgat plan!

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 1:52 pm
by VdWalt
BLOK wrote: Wat van ons rate n plaas van 1 tot 10 op verskillende gebiede bv. Beskikbaarheid van wild, gidse, hides, slag geriewe, slagters, verblyf, ens.

Iemand stel n lysie op van wat alles gerate kan word so kan verskillende opinies oor n plaas gemaak word sonder om aanvallag of afkrakerag te wees.
Klink goed - weet net nie hoe rate jy n gids wat jou in minus 14 grade Cel. deur gevriesde veld laat stap nie.....  :angel:

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 2:07 pm
by ROBBIE1
Jy sien, meer koppe is beter as 1!!!

N punte stelsel dink ek gaan bevange werk!  Dit gaan vir my juis oor beskikbaarheid van wild.  Ek het baie kliente wat wild inbring vir bewerking, en dan hoor mens die manne kla!! Ek pes n boer wat wil geldmaak uit verblyf, bou vir jou dan n Lodge met wildbesigtigings toere, moet jou nie uitgee as n "Jagplaas" nie. 

Gidse is belangrik, en nog n baie belangrike ding is die prys as dit verskil van trofee bulle of ramme en gewoon.  Kan die gids die trofee blok identifiseer, of gaan jy R12k betaal vir kudu bul wat jy gedink het R7k kos?

Beskikbaarheid van jagvoertuie, koel en slaggeriewe, hout, verblyf, en diens van die boer self of sy PH.

Wat se ons moderators, kan ons so iets probeer!!!

Dankie vir julle manne se terugvoer tot nou!

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 2:29 pm
by BLOK
VdWalt wrote: Klink goed - weet net nie hoe rate jy n gids wat jou in minus 14 grade Cel. deur gevriesde veld laat stap nie.....  :angel:

Seker 10 uit 10, want n gids wat in sulke temperature werk is uiters gewillag. hahaha

Ek onthou nog daai dag seker een van die wat ek nooit sal vergeet nie.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 2:50 pm
by DawieKotze
Hierdie onderwerp is al aangeraak. Gaan soek maar.

En soos daar besluit is, is dit goed, maar dan wil die plase ook 'n kans h? om te reply.

Wat van 'n post waar die plaaseienaars, gidse en PH's die jagters dan ook kan punte gee? Soos op voorbereiding (fiksheid?), skietvernuf, wapenveiligheid, eerlikheid oor kwesskote, tydige betaling ens ens......

Net 'n gedagte.........

Groete

Dawie

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 2:58 pm
by VdWalt
madako wrote: Hierdie onderwerp is al aangeraak. Gaan soek maar.

En soos daar besluit is, is dit goed, maar dan wil die plase ook 'n kans h? om te reply.

Wat van 'n post waar die plaaseienaars, gidse en PH's die jagters dan ook kan punte gee? Soos op voorbereiding (fiksheid?), skietvernuf, wapenveiligheid, eerlikheid oor kwesskote, tydige betaling ens ens......

Net 'n gedagte.........

Groete

Dawie
Ek het daarmee ook nie n probleem nie. Hulle kan maar gooi.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 3:01 pm
by johnny
Manne stel iets ordentlik op wat punte gee aan alle aspekte, elkeen van ons verskil, vir my is n plek waar ek kan kamp met my tent en n stort n 5 ster plek, vir ander is dit agtertangs en daarom sal plekke nie ordentlik ge evalueer kan word as die vrae en punte stelsel nie dieselfde is. Mens moet versigtig wees met so iets almal se ideed van rustic en 5 ster en beskikbaarheid van wild verskil hemels breed.


groetnis

Johnny

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 4:03 pm
by Gert Odendaal
Ek dink as `n man net die positiewe aspekte van die plaas waar jy gejag het uitlig, en geriewe aandui, `n prysklas vir huisvesting, bv. tussenR 150-300 /Jagter ens sal dit meer sin maak.

Ek sal ook graag wil sien dat daar `n aanduiding is of die jagplaas voorsiening maak vir `n baie basiese geriewe soos tent, donkie -warm water, en put toilet..en daarvolgens die tarief aanpas.want as ek kyk na die jagters se plase waarheen hulle gaan is dit gewoonlik baie luuks..

Weet van julle jagters of daar jagplase is wat `n basiese kamp staanplek beskikbaar ? Ek sal graag wil weet van so `n plaas.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 4:19 pm
by GreyGhostGear
Oom Gert,

Ek het nog net goeie goed gehoor van Hardekool, Messina se kant.
Oom Neels: 083 603 5359
Kyk sy lekker boskamp:
http://hardekoolsafaris.wozaonline.co.za/1

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 5:20 pm
by shooter
Ek dink ook dis n goeie idee dat alby kante gestel moet word. Jy kry snaakse plaaseienaars maar net sulke snaakse "jagters". Ek glo as almal deel kan he tot so n rating kan dit net tot voordeel van jag wees

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 6:25 pm
by Gert Odendaal
shooter wrote: Ek dink ook dis n goeie idee dat alby kante gestel moet word. Jy kry snaakse plaaseienaars maar net sulke snaakse "jagters". Ek glo as almal deel kan he tot so n rating kan dit net tot voordeel van jag wees
Jagmaar, baie dankie vir die inligting...dit is nie baie dat jy so `n heerlike kamp/jag opset kry nie, ek sal graag wil hoor of daar nog sulke plekke is....ek dink dit is seker die naaste wat jy aan bos kan kom en jag..ek het `n e-pos vir die mense gestuur. Groot dankie.

Baie Groete

Gert

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 16, 2012 7:19 pm
by jacojrdn
Ek dink n man moet die plek waar hy probleme gehad het net glad nie noem op die blad nie. As die jag n positiewe ondervinding was,deel dit. Kan dan kortliks die pryse tipe akkomodasie en ander geriewe en hoeveelheid wild bespreek. As jy dan so plaas kontak het jy reeds een goei verwysing.

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Sat Nov 17, 2012 8:44 am
by Jakkalsgat
Daar is so baie goed waarna mens moet kyk en sal jy punte vir alles gee en hier is 'n voorbeeld

Beskikbaarheid van wild:  >:( :'( :) ;D :laugh:
Verblyf                  Lodge  Basiese Verblyf  Kampplek
Slaap geriewe:  swak    gemiddeld    goed    baie goed
Slagters:  >:( :o :) ;D :laugh:  hou in gedagte, skoon/netjies en toestand  na dit afgeslag is.
Wasgeriewe:    Kouewater  Warmwater    Donkie/Geyser
Toilet:        Spoel  Longdrop
Kombuis:  yskas  Stoof  eetgerei, potte en panne:  Genoeg    Te min
Voertuie:  >:( :o :) :laugh:
Koel en slaggeriewe:  >:( :'( :) ;D :laugh:  hou in gedagte of koelkamer op die plaas is beskiikbaar is iewers anders of glad nie beskikbaar
Gidse: Uitken van trofee        :( :) :laugh:
          Opsporing van wild    :( :) :laugh:
Algehele punt  /10
Prys struktuur  /5 
Aanbeveel  ja/nee

Gebruik smileys om keuses te maak

Jagplaas X  Adres en info

Beskikbaarheid van wild:      4
Verblyf                  Lodge  Basiese Verblyf  8)  Kampplek
Slaap geriewe:  swak    gemiddeld  ;D  goed    baie goed
Slagters:  ;D hou in gedagte, skoon en netjies en toestand van karkas na dit geslag is.
Wasgeriewe:    Kouewater  Warmwater : :)    Donkie/Geyser
Toilet:        Spoel ;D  Longdrop ???
Kombuis:  yskas : nee Stoof  ja  eetgerei, potte en panne:  Genoeg  ;D  Te min
Voertuie:  ;D
Koel en slaggeriewe:  :'(  hou in gedagte of koelkamer op die plaas is beskiikbaar is iewers anders of glad nie beskikbaar
Gidse: Uitken van trofee      ;D
          Opsporing van wild    :'(
Algehele punt  /10  6
Prys struktuur  /5    3
Aanbeveel  ja/nee    ja

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Sat Nov 17, 2012 5:30 pm
by johnny
Ja dius n helse lys en weereens as die persoon wat die beoordeling doen nie almal dieselfde waaarde het nie ga jy nooit regtig weet nie, bv vir my as ek 2 kudus sien is daar genoeg wild vir ander gaan hy se daar is niks. ek hyet nie n antwoord nie , maar sal lekker wees as mens iets kan kry om na toe te werk.

groetnis

Johnny

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Sat Nov 17, 2012 6:22 pm
by Gert Odendaal
Jakkalsgat(Jaco)
Ek dink dit is `n goeie begin as `n voorbeeld wat jy daar het...as die Mods nou net die voorbeeld sal vat en verfyn,  en as `n bloudruk gebruik sal dit deeg as `n be-oordelings lys vir jag-plase. Dit sal nie negatiewe opmerkings uitlig nie vernaam as die gesiggies gebruik word. :D >:( ;D :'( :-[ :o

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Sat Nov 17, 2012 6:30 pm
by johnny
Ja mods kom ons begin met iets.

groetnis

Johnny

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Wed Nov 21, 2012 4:03 pm
by ROBBIE1
Nou hoe begin ons so iets?  Is daar nie een van julle manne wat die voortou wil neem nie, ek is nie vertroud met die reels op die forum wat dit aanbetref nie, wil nie oor die streep trap en dalk op die rooi tapyt beland nie  :angel:.

Of PM my net wat om te doen, dan probeer ek, seker die beste manier om te leer ne!!

;D

Groetnis

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Wed Nov 21, 2012 4:18 pm
by Sarelss
Kan daar nie maar 'n aspek bykom waar die boer se mooi dogters ook punte gegee word nie? ......
Dit kan 'n paar "3" punte se gemiddeld so bietjie lig vir die plaas.....

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Wed Nov 21, 2012 4:23 pm
by BRNO (Pierre)

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 23, 2012 5:39 am
by Gert Odendaal
Ek sal nog graag inligting wil kry van plase wat kamp geriewe beskikbaar het in die jagveld, as daar manne is wat die tipe opset verkies en gereeld tydens die jagseisoen /buite jagseisoen daarvan gebruikmaak sal dit gaaf wees as die inligting op die draad/skakel geplaas word..goeie punte rakende so plek kan natuurlik ook geplaas word.

Ek glo `n groot deel van die jagters op die forum gaan jag op "oop plase" waar daar met beeste geboer word en dan is daar wild op die plaas wat ook gejag kan word...soos by buite poste in Namibie....hierdie tipe opset glo ek sal ook `n besonderse jag ervaring wees...
Ek luister by die radio... ;) ;D

Re: LEKKER JAGPLEK

Posted: Fri Nov 23, 2012 8:12 am
by LoveHenties
Ek dink die beste manier is om te vra: Ek gaan/wil "LekkerJag toe" en dan vir PM's te vra met opinies. Dit het vir my gewerk.