Rangefinder scopes die toekoms?
Posted: Fri Nov 16, 2012 8:38 am
M?re almal,
Die terugvoering oor die nuwe Burris Eliminator lyk baie indrukwekkend en ek dink daar is heelwat verbetering vanaf die vorige model. Die scope lyk sommer met intrapslag meer na 'n teleskoop as 'n duikboot en ek dink dit alleen gaan baie in sy guns tel. As ek so na Oom Piet Breedt se verslag kyk moet ek erken dat dit lyk vir my of dit die toekoms van teleskope kan wees.
http://jaracal.com/index.php/topic,16095.0.html
Die laaste paar dae gesels ons ook lekker hier op die forum oor vernuwing en verandering in die geweerw?reld, met Ludwig en Oom Koos wat ons bederf met baie goeie argumente vanaf albei kante van die tafel. Die beginsel van baie nuwe produkte wat nie regtig iets meer bied vir jou gemiddelde jagter/skut is egter nie hier die geval nie, hierdie produk van Burris dink ek kan die draaipunt wees in die toekoms van teleskope.
http://jaracal.com/index.php/topic,16175.0.html
Toe ek onlangs gedink het oor 'n teleskoop vir my 1ste geweer het ek gevoel dalk "maak die Eliminator dinge te maklik". Maar na ek onlangs 'n artikel/storie gelees het (dink dit kon in Magnum maand of twee terug gewees het) van 'n jagter wat altyd oop visier geskiet het tot hy die een dag noodgedwonge met 'n vriend se teleskoop 2 kudu's na mekaar sommer wyd platgetrek het, begin ek anders dink hieroor. Die skrywer maak dit duidelik dat hy ongemaklik gevoel het met die volksvreemde ding op die geweer, maar sluit die storie af waar hy erken dat dit baie makliker, veiliger en tot 'n groot mate eties is, aangesien die kans vir 'n kwesbok soveel minder is.
Soos die gewildheid van die rangefinder teleskope toeneem, sal die vervaardigers al hoe meer fokus daarop, pryse sal afkom en ek wil die stelling maak dat dit die norm gaan word. Net soos die teleskoop die norm geword het bo oopvisier. Die uitdaging vir kompitisies is natuurlik hoe om by te bly soos konvensionele teleskope al hoe minder raak.
Soos die s?ding gaan" The only constant is change". Ek dink ons kinders gaan baie anders jag as nou. Wat die "uitdaging" van die jag betref, dit is seker wat elke jagter vir hom/haarself besluit. Dink julle ook dit is die toekoms van teleskope of is dit 'n "flavour of the month" wat iewers 'n stille dood gaan sterf?
Love it or hate it, it's pretty impressive...
Groetnis en 'n vreugdevolle naweek vir almal.