Page 1 of 1
hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 14, 2012 6:30 pm
by shooter
Is daar iemand wat dalk 117gr SSt in sy 25-06 gebruik en is jy happy met dit
Re: hornady sst 110gr in 25-06
Posted: Mon Nov 19, 2012 6:17 pm
by Wouter Roets
Shooter
Ek weet van Hornady se Interbonds in 110gr in die 257 kaliber maar weet nie van SST in die gewig nie. Ek self gebruik die Interbonds in my 25-06 Ackley met baie goeie resultate. Die koeelgewig/lengte is op die uiterste gedeelte van die 1:10 spiraal se spektrum om te stabiliseer.
Groetnis
Wouter
Re: hornady sst 110gr in 25-06
Posted: Tue Nov 20, 2012 8:13 am
by shooter
Dankie Wouter vir jou reply. Vriend avn my wil dit skiet nou weet ek nie of hy die gewig soos sy boude deurgegee het nie. Sal gaan seker maak by hom
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Tue Nov 20, 2012 4:45 pm
by shooter
Wouter dit moet 117gr SST wees
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 21, 2012 1:52 pm
by Monrique (SJ)
shooter
Die 117gr SST koeels hoort mooi te loop. Lekker BC ook.
Hier is n "link":
http://www.hornady.com/store/25-Cal-.257-117-gr-SST/
Groetnis
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 21, 2012 4:42 pm
by Wouter Roets
Shooter
Konvensionele loodkern koeels swaarder as die 110gr sukkel baie keer om te stabiliseer in die 1:10 twist van die 25-06. So met die 117gr SST kan n mens dalk probleme optel in hierdie opsig. Ek weet wel van manne wat nie te sleg doen met hierdie koeel nie, maar weet wel van meer manne wat hierdie koeels weggegee het. Ek sal eerder koeels in die 100gr klas voorstel vir beste resultate met die 25-06.
Groetnis
Wouter
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 21, 2012 7:23 pm
by shooter
Wouter en Sj dankie vir die raad. Het egter reggekom met hom en met die eerste 9 koeels n 15mm groep gekry op S365 en 47gr. Gaan nou net met diepte speel om te kyk of hy nie nog bietjie kleiner wil nie. Moet byse ek het soos n koning met daai gun gevoel. Deur Truvello aanmekaargesit vir hom met n Nightforce scope.
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 21, 2012 7:59 pm
by johnny
Ek gebruik hornady 117gn interbond en kry puik groepe en puik gewig retensie tot 99% op van die punte wat ek terug kry, ongelukkig hardloop meeste regdeur so ek kon nog net 6 recover.
groetnis
Johnny
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Wed Nov 21, 2012 8:13 pm
by shooter
Dis baie goed. Ek moet se die sst het ook verbasend goed gegroep met die eerste ladings. Sal nou more oggend kyk wat maak hulle verder
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Thu Nov 22, 2012 4:48 pm
by shooter
Dagse manne. Die stryd is gewen en my maat is happy. Hy het n 12mm groep vanoggend gekry twee keer so hy is in sy noppies. Dankie vir almal se raad
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sat Nov 24, 2012 1:12 pm
by Cmitch
Mosterd na die maal, maar ek gebruik 117 gr Sierra game kings met win doppe, BR 2 primers en 49gr S 385. Het al 5 skote laat sny op 100m.
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sat Nov 24, 2012 7:17 pm
by shooter
Dis n exelent groep. Hy het ook sierras gebruik maar oorgeslaan na die sst omdat ons sukkel om sierras te kry.
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sat Nov 24, 2012 8:17 pm
by Cmitch
Dis vreemd, ek koop nie groot hoeveelhede punte nie, maar ek het nog nooit gesukkel om van hulle in die hande te kry nie. Ek het nog nooit iets anders gebruik nie ( buiten 85 gr ballistic tips) so ek sal ook nie kan kommentaar lewer oor die ander punte nie.
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sun Nov 25, 2012 3:55 pm
by Wouter Roets
Cmitch
Het jy nie dalk n tikfout gemaak met die S335 nie?
Groetnis
Wouter
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sun Nov 25, 2012 8:01 pm
by Cmitch
Wouter Roets wrote:
Cmitch
Het jy nie dalk n tikfout gemaak met die S335 nie?
Groetnis
Wouter
Uitgevang .... S385, het die post reggemaak. Hoop nie iemand beland in die hospitaal nie.
Re: hornady sst 117gr in 25-06
Posted: Sun Nov 25, 2012 8:11 pm
by shooter
Hier by ons is sekere sierras maar bietjie skaars. 130gr 7mm en 117gr 2506 is nie so beskikbaar nie en as dit kom is dit nie baie nie en gou klaar.