Page 1 of 1

Hoe maak ek nou?

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:07 pm
by grumpy
Ek het die 375 gekoop en betaal. Die man se lisensie is goed gekeur an hy wag nou vir die kaart vir die lisensie. Ek wou my papierwerk gaan ingee maar hulle se ek moet n afskrif van die kaartjie he om by te sit vir my aansoek.

Hoe maak ek nou?

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:58 pm
by Penkop
Die polisie kan mos op hul stelsel kyk en 'n uitdruk maak van die goedgekeurde lisensie.

As mens daai uitdruk aanheg behoort dit sekerlik voldoende te wees?

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Wed Nov 14, 2012 2:00 pm
by grumpy
Ek het hulle gevra maar lyk my hulle is te dof!!!!

Ek sal met iemand anders gaan praat en sien of hulle kan help.

Dankie vir die terug kom.

>:(

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Wed Nov 14, 2012 2:17 pm
by Cz_apie
Dit is reg - ek het ook 3 wapens gekoop by iemand wat nog vir sy lisensie gewag het - het saam met hom na die DFO gegaan en die het vir ons n "Printout" van die wapens op die persoon se naam gegee - het dit by my aansoek aangeheg en aldrie is daarna goedgekeur

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Wed Nov 14, 2012 2:32 pm
by grumpy
Verwag jy oorlog om sommer 3 wapens te koop?? :o

Ek sal die man kontak en hom laat weet.

Baie dankie vir die hulp.

>:(

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Thu Nov 15, 2012 8:13 am
by Cz_apie
grumpy wrote: Verwag jy oorlog om sommer 3 wapens te koop?? :o



>:(
Ek glo nog altyd in die s?ding " As dit pap re?n moet jy skep"    ;D ;D ;D op n meer ernstige noot - ek het gereageer op n .22 wat in ons plaaslike koerant geadverteer was - toe ontmoet ek die eienaar - die oom is 92 jaar oud en woon in die plaaslike ouetehuis - nog baie helder van verstand en gesond en beweeglik - net die o? nie meer reg vir jag - niemand in sy familie stel in sy vuurwapens belang nie - toe koop ek al drie en die kluis - dalk vir meer as wat dit rerig werd was maar ons het oor die prys ooreengekom - moet s? die ou o? blink nog as ek so n stukie wildsvleis gaan afgee  ;D ;D

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Thu Nov 15, 2012 9:40 am
by grumpy
Groot hart! Dis lekker om iemand anders te bless en bly te maak. Ek wag nou net vir n copy van die lisensie kaart dan gaan die papiere in! ;D

Re: Hoe maak ek nou?

Posted: Thu Nov 15, 2012 10:10 am
by Jean Marais
grumpy wrote: .... Dis lekker om iemand anders te bless en bly te maak.....;D
Ou Grumpy

Daar is geen waarder woorde as die nie.

Mag jy, en ook die ander forumlede uit jul skoene gebless word.

Groete