Page 1 of 1
Rewolver jag.Vraag??
Posted: Tue Nov 13, 2012 8:24 pm
by JHS
Naand almal
Ek wil graag weet of dit moontlik is om I dier tot en met I koedie te kan jag met I .38 special met I 4inch loop op. Al die is die afstand self net 20 of 25 meter kan I mens op daai afstaand jag.
En kan I mens op daai afstaand akuraat skiet met so I loop
Luister graag
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Tue Nov 13, 2012 9:19 pm
by Penkop
JHS,
Klink eerder vir my asof jy 'n selfverdediging wapen deur SAJagters (of soortgelyk) wil motiveer?
As dit die geval is, motiveer die rollie vir genade skote in die jagveld eerder as jagwapen. SAJagters sal vir jou 'n endossement daarvoor uitreik (as jy lid is).
Sterkte
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Tue Nov 13, 2012 10:43 pm
by JHS
Penkop
Nee ek het klaar lisensie en geweer alles wil net graag weet of ek met I geweer sou kon jag of die loop lengte en akuraatheid goed genoeg sal wees tot op so 20 -25 meter
Dankie
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Tue Nov 13, 2012 11:12 pm
by junglejulian
met n 158gr swc loodkoeel is dit moontlik om n koedoe te dood mits jy skuins van agter net agter die blad skiet.uit n 4 duim loop gaan jy rondom 950ft/s kry wat marginaal is.verder is die visiere op meeste rewolwers te grof vir 20m akkuraat skiet.ek jag self met 240gr swc koeels uit my 44 mag maar hy het darem n 8 3/8 " loop met goeie visiere.as jy jouself beperk tot 20 m en n 6" sirkel skoot vir skoot kan raakskiet kan jy dit probeer.ek het al 2 springbokke so gejag met my 38 spec.ander aspek is die wettigheid daarvan.volgens SAjagters is min 357 cal met 6 duim loop geskik vir jag
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Thu Nov 15, 2012 10:20 pm
by JHS
Dankie jungle julian
My patrone is reg lood punte die works. Ek sal net bietjie moet oefen en seker maak dat ek mooi groepe skiet dan sal ek dit durf. Gelukkig is daar kleiner diere ook soos vlakvark en duiker wat ek dalk eers sal probeer mskien dan so 15 meter. Voor ek I oorgaan na die groot menere
Dankie vir die inligting
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Thu Nov 15, 2012 10:32 pm
by tripodmvr
Volgens SA Jagters se toegewyde lesings is die minimum handjagwapen 'n 357 kaliber met 'n 6 duim loop. Die gewone 38 is te lig in die broek en jy gaan net diere kwes - gebruik genoegsame vuurwapen synde dit jou etiese plig is. Varke is taai diere en vrek nie maklik nie.
Re: Rewolver jag.Vraag??
Posted: Sat Nov 17, 2012 9:21 am
by JHS
Dankie almal vir die hulp ek waarseur dit en sien nou dat ek nie meduim tot groot wild sal skiet nie. En indien ek klein wild wil skiet met rewolwer moet die groeperings goed wees en ek moet baie naby wees
Dankie