Page 1 of 1

Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 7:32 pm
by Trevor
Goed so no besluit om te herlaai, seker 'n stupid vraag maar hoe en waar begin mens met koeel keuse? Het vandag gesien daar is so klop verskillendes, SP, goed met plastiek punte ens, hoe besluit ek wat om te gebruik. Wat maak meer en minder vlies skade, wat gaan diep in en wat nie? Help ek is lost asb.

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 7:45 pm
by grumpy
Se vir ons watter kaliber wil jy laai, waar jag jy, bos of vlakte, watter roer het jy?

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 8:33 pm
by Trevor
Wil die seuns se roere laai, die 223 en 270 altwee is 22'', ek wil eintlik net eers weet watter koeel doen wat, hullehet nou vandag goed gesien met rooi plastiek punte en ander weer in ander kleure. Ek sal by my SP bly. Wil maar net die verskille weet tussen paar koeele.

Meestel sal in die suide geskiet word, oop vlaktes en sou hier en daar dalk 'n naweek varkie in die noorde

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 8:59 pm
by grumpy
Nosler, Hornady en Barnes. Nie spesifiek in daai volgorde nie maar vir my persoonlik  daai keuses!!

Ek skiet Hornady Interloc op die baan maar gaan Hornady Interbonds skiet vir jag. Ek gaan oor 2 weke Blesbokke skiet saam met Jakkalsgat.

Sal terug oer gee van vleis skade.

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:14 pm
by Pvdw
Hornady V-Max is vir varminting, breek kwaai op en maak kwaai skade so vinnig dood.

Hornady Interlock. Standaard loodkern koe?l vir algemene jag. Meer geskik vir stadiger kalibbers, breek meer op teen ho? spoed.

Hormady Interbond. Prinium koe?l met "bonded" kern. Redelik duurder as Interlock maar bly beter by mekaar teen ho? spoed met minder vleis skade.

Dis die 3 van Hornady waarmee ek kan help.

Nosles Balistic tip is dieselfde as V-Max'e

Glo iemand sal bylas.

Peet

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:17 pm
by tripodmvr
Jy gaan persoonlike voorkeure kry, so kom ek doen dit sommer :-

Ek hou van loodvry en daarom kies ek Barnes TSX - 53gr in die 223 en 130 in die 270. As 2 de keuse hier sal ek GS Custom gebruik. Albei sal goed doen oor lang afstande met minder vleisskade as loodkoe?ls.

Vir skyfskiet en ongediertes is Hornady, Sierra en Nosler gewilde keuses.

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:22 pm
by Monrique (SJ)
Trevor

SP - Soft Point/Spire Point, die met die rooi polymer puntjies is sekerlik een van Hornady se maak koeels,die V-max, A-max en SST's loop baie mooi vir teiken skiet en die gewildstes om om die rooi honne en katte af te knou mee is die V-maxe, of selfs Nosler se 52gr Custom Competion koeels vir kompetisie of Ballistic tips.  As jy wil jag sal ek se kry of Hornady se Interbond koeels of gaan klaar na GS Customs of Barnes se mono koeels. Loodkern koeels vir die 223 sal ek se enige 50 of 55gr behoort goed te werk en indien jy mono gaan so rondom 40-50gr gaan werk.

Vir die 270 werk 130gr loodkoels baie goed en daar sal ek se kyk na n bonded koeel soos Hornady Interbond of Nosler Accubond vir jag. Hornady se STT sal werk vir teiken skiet. Mono's weer GS Customs of Barnes en iets in die 110gr gewigsklas.

Groetnis

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:27 pm
by jl1904
Naand Trevor, jag koeels word gewoonlik gekategoriseer in Konvensioneel of Premium klas.

Konvesionele koeels is koeels waarvan die lood en die jacket nie aan mekaar vas geheg is op enige manier nie en die koeels verloor gewoonlik baie gewig en die lood en jacket skei dikwels. Omdat die koeel opbreek is vleis skade redelik baie en penetrsie nie so goed soos as die koeel sy oorspronklike gewig sou behou het nie. Hornady se Interlocks, PMP, Siera Game Kings en Nosler balistic tip is voorbeelde hiervan en die koeels kom in SP, BTSP, SST ens.

Premuim koeels is koeels waarvan die lood en jacket chemies aan mekaar geheg word om jacket skeiding te voorkom, sulke koeels het of dikker wande soos Hornady se Interbond  of 'n partition soos Swift A-frame of 'n soliede shank soos Rhino of is van mono metaal konstruksie soos Barnes TSX. Die koeels behou dus gewig beter en penetreer dieper, omdat die koeels nie opbreek nie veroorsaak dit ook minder vleis skade.

Die plastiese tips waarna jy verwys word op beide premuim en konvensionele koeels aangetref, dit is om beter uniformigheid van koeels te verseker en om BC waardes te verhoog.

Premium koeels kos ook 'n premuim prys, daarom dat meeste ouens konvensionele of teiken skiet koeels gebruik vir die baan en premium om mee te jag.

Ek skiet self met Hornady se Interlocks, SST's, A-max, V-max en Interbond asook Barnes TTSX en Rhinos.

Interbonds, Barnes en Rhino werk al drie baie goed in die jagveld, penetrasie is uitstekend en vleis skade baie minder as wat ek voorheen met Interlocks en SST's gekry het.

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:56 pm
by Trevor
Dankie vir die hulp sover, is ek dan reg as ek s? lodvry is dan iets soos solids?

Ek is nie baie gepla oor die .270 nie, het genoeg krag omiets neer te sit. Wat sal julle vir die jong man se .223 aanbeveel vir bv vlakvark, vir kop en bladskoot? Ek moes seker maar vir hom iets grooter gekoop het.

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:59 pm
by Pvdw
Nog nie self probeer nie maar RHINO se 55gr weet ek loop mooi. Het iemand dalk as Barnes of GSC vir jag gebruik in 'n 223?

Peet

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:00 pm
by Monrique (SJ)
Loodvry = Monolities.
Glo n 45gr-50gr mono met n goed geplaasde skoot gaan die ding doen.
Of n 55gr V-max in die kop...


Groetnis

Re: Koeels keuse

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:05 pm
by tripodmvr
Pvdw wrote: Nog nie self probeer nie maar RHINO se 55gr weet ek loop mooi. Het iemand dalk as Barnes of GSC vir jag gebruik in 'n 223?

Peet
Die 53gr TSX werk mooi in my gamweer. het al rooibok geskiet en hy skiet deur 'n groot ram se kopbeen.