Page 1 of 2

Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 13, 2012 5:55 pm
by Carl
Ek het 'n 243 gekoop en wil graag die beste opsit om mee te begin. Ek sien die enkel stuk Picatinny rail tipes en weet natuurlik van die gewone tipe dubbel basis. Op die internet winkels sien ek egter net die gewones. Ek weet die enkelstuk is meer stabiel, watter ander voordele is daar? Waar kan mens van hulle kry?
Die geweer is n Winchester Coyote light.

Re: Beste basis/se

Posted: Tue Nov 13, 2012 8:58 pm
by Drenalinjunkie
Near picatinny rail met Near Alphamount.

Re: Beste basis/se

Posted: Mon Nov 19, 2012 9:03 pm
by Carl
Dankie, maar dit wil voorkom of dit nie in SA beskikbaar is nie.

Hierdie rail tipe basis kan ek my teleskoop daarop voorentoe en agtertoe verstel, deur QR ringe te pas?Dit sal nou wees as ek en my seun met die geweer skiet. Hy is nog heelwat korter as ek. Ek reken ek sal nie presies dieselfde poi kry (dis nou met plat basis nie moa een) of is dit moontlik

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Nov 19, 2012 9:13 pm
by Yalair
Near picatinny rail met Near Alphamount. Ek soek ook vir mauser aksie laat weet asb wa kan ek kry

Ben

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 20, 2012 5:43 pm
by Lamtjop
Carl.
Jy kan gaan lees oor Talley ringe ook, ek dink Whyllo( spelling?) het hulle. Dan dink ek Warne ringe is ook goed. Hul albei pas op rail of op weaver tipe basisse. Ek kon net nie my spotlight bracket tussen scope en die eenstuk rail in kry nie, moes met 2 stuk gaan. Sien dat Zimbi books het heelwat Warne ringe het.
Groete Tjops

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 20, 2012 6:12 pm
by BRNO (Pierre)
Het basisse en picatiny rail verskillende aanwendings? Watter een sou die beate wees om te gebruik

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 20, 2012 8:16 pm
by Koos Barnard
Whylo hou nie Talley aan nie, dis Natal Gun Company. Kontak Alan Henry by 031-904-1982. Onthou net dit is nie goedkoop nie.
Mooi loop

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 20, 2012 8:20 pm
by immelmanw
Koos Barnard wrote: Whylo hou nie Talley aan nie, dis Natal Gun Company. Kontak Alan Henry by 031-904-1982. Onthou net dit is nie goedkoop nie.
Mooi loop
Ons het warne en nightforce basisse en ringe. Kontak divan in pretoria 0861222269 of john in die kaap 0861114330. Se net Willem immelman het gese jy moet hulle bel en help van die forum af.
As jy nie regkom nie, mail my willem@so.co.za

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Nov 20, 2012 10:15 pm
by Carl
Dankie Willem.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Wed Nov 21, 2012 4:10 am
by jacojrdn
Carl

As jy nie reg kom nie kan jy altyd vir Willem kontak by wilhelm@toolquiphire.co.za, hy voer EAW mounts in van Duitsland. Sy web tuiste is http://www.toolfair.co.za/

Hoop dit help.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Wed Nov 28, 2012 7:27 pm
by Drenalinjunkie
Near Alphamounts met rail kos so R6k ingevoer. Mens kan dit direk by Richard bestel op sy website. In my beskeie opinie kry mens nie beter mounts nie. Jy moet hulle sien om hulle te kan wardeer.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 1:40 pm
by Dries Skiet
Ek het op Burris twee stuk rail besluit want die een stuk rail het my doppe seer gemaak. Dan kos die Burris twee stuk rail net n skamele R200. Werk baie goed op my 243 met n 8-32 Nightforce, met NF ringe.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:29 pm
by immelmanw
Drenalinjunkie wrote: Near Alphamounts met rail kos so R6k ingevoer. Mens kan dit direk by Richard bestel op sy website. In my beskeie opinie kry mens nie beter mounts nie. Jy moet hulle sien om hulle te kan wardeer.
Bedoel jy R6000?

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:34 pm
by kopskoot
immelmanw wrote:
Drenalinjunkie wrote: Near Alphamounts met rail kos so R6k ingevoer. Mens kan dit direk by Richard bestel op sy website. In my beskeie opinie kry mens nie beter mounts nie. Jy moet hulle sien om hulle te kan wardeer.
Bedoel jy R6000?
Willem, Willem kom in. R6k beteken R6000 ;)

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:39 pm
by immelmanw
kopskoot wrote:
immelmanw wrote:
Drenalinjunkie wrote: Near Alphamounts met rail kos so R6k ingevoer. Mens kan dit direk by Richard bestel op sy website. In my beskeie opinie kry mens nie beter mounts nie. Jy moet hulle sien om hulle te kan wardeer.
Bedoel jy R6000?
Willem, Willem kom in. R6k beteken R6000 ;)
Kopskoot kopskoot. Ek weet d@@@@@s maar dit klink nie reg nie!

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:52 pm
by Drenalinjunkie
Yip. R6000. Dis besondere mounts. Bliksems duur maar elke sent werd.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 9:10 pm
by Carl
Dankie dis darem net R14.5k se geweer, dink dis bietjie rof, so ek gesels met Warne se manne. Ruhan het Warne QR op en ek reken dit sal die wiel wees vir Sannie. Daar is nog 6 duim agter die geweer wat moet perform.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 9:27 pm
by kopskoot
[/quote]
Bedoel jy R6000?
[/quote]

Willem, Willem kom in. R6k beteken R6000 ;)
[/quote]


Kopskoot kopskoot. Ek weet d@@@@@s maar dit klink nie reg nie!
[/quote]


Willem

Pasop nou. Netnou haal iemand jou aan onder die topic S&O swak, duur, en doners ombeskof!

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 9:30 pm
by Frikjordaan
Waar kan mens Burris staal Weaver tipe bassise vir Model 70 Winchester kry vir R 200
Agterste bassis se gaatjies moet ongeveer 21 mm uitmekaar wees en voor 23 mm

My kwotasies is baie meer?

Mooi loop en dankie
Frik

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Mon Dec 10, 2012 9:42 pm
by Hugo
immelmanw wrote: Ek weet d@@@@@s maar dit klink nie reg nie!
Dwaas?

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Dec 11, 2012 6:06 am
by immelmanw
Hugo wrote:
immelmanw wrote: Ek weet d@@@@@s maar dit klink nie reg nie!
Dwaas?
Nee Hugo, n Dwaas is iemand wat R6000 vir n basis betaal!

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Dec 11, 2012 1:58 pm
by Hugo
Ek verstaan daai punt baie goed. Dit maak ook nie helemal sin nie.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Tue Dec 11, 2012 7:53 pm
by Drenalinjunkie
immelmanw wrote:
Hugo wrote:
immelmanw wrote: Ek weet d@@@@@s maar dit klink nie reg nie!
Dwaas?
Nee Hugo, n Dwaas is iemand wat R6000 vir n basis betaal!
Nee, n dwaas is n persoon wat nie kan lees nie. As jy bo kyk dan sal jy sien ek se  Alphamounts met rail! Google so bietjie Near mounts dan sal jy sien die alphamount is die ringe. As jy my ook so wil probeer beledig dan sal die dwaas sy geld op n ander plek gaan spandeer en nie by S&O nie. Soos dit is was die dwaas nou al dom genoeg om byna R100k die jaar al by julle te spandeer. Ek sal in vervolg twee keer dink.

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Wed Dec 12, 2012 3:00 pm
by Geno
immelmanw wrote: Nee Hugo, n Dwaas is iemand wat R6000 vir n basis betaal!
Sjoe, en dit vir 'n (potensiele ex-)customer nogal?  :-\

Willem, net so kan iemand 'n dwaas genoem word, wat R8,200.00 vir 'n laminate kolf betaal, of R89,000.00 vir 'n Krieghoff double betaal. Of hoe?

Re: Beste Teleskoop basis/se opsie

Posted: Wed Dec 12, 2012 3:17 pm
by Eugene
:-X :-X :-X :-X :-X    :angel: