Burris Eliminator 3 Laser Scope Toets
Posted: Sun Nov 11, 2012 10:30 pm
Die langverwagte Burris Eliminator 3 het uiteindelik gekom. Ek het Donderdag een by S & O opgetel vir evaluasie.
Die eerste indrukke was dat hy effens langer is as die vorige model, en meer na n konvensionele scope lyk. Ek kon nie wag om hom te toets, en het hom dadelik op my Tikka .25 06 ge mount.
Hy het baie dinge wat anders is as die vorige model. Hier is in kort die verskille.
1. Hy kom nou met n paralax verstelling voor, wat die ander modelle nie gehad het nie, want hulle het net tot by 12 x vergroot en dit waarskynlik nie nodig het.
2. Hy vergroot nou na 16 x vergroting. Die vorige model net na 12 x
3. Sy "range" knoppie sit nou aan albei kante sodat links handige skuts ook maklikker met hom kan werk. Hy het ongelukkig nie meer n remote contol knoppie soos die vorige model nie.
4. Sy reticle lyk nou heeltemal anders en die sigbare draadjies binne in is baie meer weggesteek en pla minder as jy oor n teiken beweeg. Die grootste verandering in die reticle is dat hy nou ook "windage hold over" kolletjies in het wat vir jou die afmikpunte van n 10 mph wind aandui. Daar is ook n wiskundige formule wat jy baie vinnig kan uitwerk om dan vir jou enige windsterkte se afmik punt kan gee.
5. Sy helderheid van die verligte mikpunte is ook nou verstelbaar wat baie sal help vir nagskiet as ons die kolletjie nie so helder wil h?.
6. Hierdie model het ook die BC van die betrokke koe?l wat jy skiet nodig wat hom dan instaaat stel om baie meer akurate mikpunte te verskaf.
7. Jy moet weet hoeveel jou koe?l val op 750 yards om hom baie fyn in te kalibreer.
8. Sy battery lewe is aansienlik langer as die vorige model
9. Sy rangefinder werk oor amper dubbeld die afstand van die vorige een.
10. Sy liggie bly langer aan (90 sek)
Ek het die instruksies nie eers baie deeglik deurgelees nie, so angstig was ek om hom te toets. Ek het sommer die data wat my "Bullet Flight" program my gegee het ingepons en toe hom eers op 25m so 1" laag laat stel. en toe gezero op 100m. Hy stel presies en was sommer gou gou op teiken. Ek kon dit nie weerstaan en het dadelik op die gong op 300m geskiet. Toe die skoot klap, toe lui die gong. Ek het nog een op 388m gehad, en hy het ook gelui na die eerste skoot op hom.
Baie vinnig het ek in my Landy gespring en terug reverse, gestop bo op geklim en uit my jakkals stoel geskiet. Dadelik het ek agter gekom dat hierdie meneer baie beter en verskriklik akuraat range. My derde skoot was op 456m en weer raak. Teruggestoot, stop, opklim en weer skiet. So het dit aangegaan sonder n misskoot tot op 668m. Eers op 705m kon ek nie meer terugstoot weens n w Wattlebos in my pad, het ek hom die eerste keer misgeskiet. Toe ek agter kom dat ek net oor hom skiet, het ek n klein verstelling in sy program gemaak, en die gong het weer gelui. Ek was oorstelpt van opgewondenheid.
Ek het vinnig opgepak en verskuif van waar ons die v?r gonge wil skiet op die 2de Desember. Ek het dadelik op die 734m gong wat ek uitgesit het geskiet, maar hom gemis. Ek het nog nie die brosure gelees wat veduidelik hoe die wind afmikpunte werk nie. Ek was verstom om te sien hoe akuraat en vinnig hy range. Ek het die gonge gemeet met my GPS, en die Burris het binne n meter die afstand reg gelees. My Leica 1600 rangefinder lees heel waarskynlik nie die gong raak op daardie afstand, aangesien die blokkie waarin jy die gong moet pas te groot is en hy dan enige iets in daardie omgewing van die gong kan lees. Daarom kry ek verskillende lesings, nou wel naby aan mekaar as ek met hom meet. Die Burris aan die ander hand, lees elke keer presies, selfs die gong wat ek op 825m geplaas het. Party keer moet jy so 2 of 3 keer probeer voordat hy die gong optel, maar dit is in elk geval baie beter as wat my Leica my gee. Hy gee maar so elke 6de of 7de probeerslag n lesing op so klein voorwerp op daardie afstande. Die feit dat jy hom baie stiller kan hou op die geweer in vergelyke met die klein "hand held" Leica, maak verseker die verskil in efektiwiteit sodat hy dadelik n lesing gee. Jy het ook n baie kleiner mikpunt om op die voorwerp wat jy wil range te sit, nl sy kruishaar, as die hand helds. Hy reset ook binne n sekonde of twee as hy nie n lesing gegee het, en kan jy vinnig weer probeer.
Ek het klein voorwerpe en klippe wat in die gras uitgesteek het vanwaar ek op n klein koppie gel? het ge range, en sy vermo?ens het my verskriklik beindruk.
Ek sal binnekort n toets teiken skiet op n groot verskeidenheid afstande en die foto hier plaas.
Die bietjie wat ek tot nou toe met hom gewerk het, het my geweldig beindruk en my oortuig dat hulle hul huiswerk reg gedoen het, en dat hierdie n werklikke groot verbetering is op die reeds goeie vorige modelle, en die eksta klomp geld werd is. Hulle verkoop so in die omgewing van R 17,000.00 tot R 18,000.00
Ek het teen die kranslys aan die oorkant van die vlei lesings gekry van oor die 1260m, wat ooreenstem met my Leica se lesings. Ek het beeste gerange ook oor die 1240m met die Burris.
Ek dink regtig dat hierdie scope n omwenteling in n man se skietvernuf kan teweeg bring en besonders lekker sal werk waar jy moet bokke oes op lang afstande.
So lyk hy op my Tikka .25 06
[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... x50009.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... x50008.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... x50007.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... x50005.jpg[/img]