Page 1 of 1
NIKKO STERLLING TELESKOOP
Posted: Sun Nov 11, 2012 5:39 pm
by Neels
Hallo mense
Ek het n Nikko SterllingĀ DiamondĀ 3-9-42 teleskoop geerf. Ek wil dit op my .303. monteer Ek weet dit is nie n baie duur teleskoop nie en het ek geen ondervinding van die Nikko teleskope nie .Dink julle dit is die moeite werd.Sal hy die .303 kan hanteer.
Hoor graag van julle
Neels
Re: NIKKO STERLLING TELESKOOP
Posted: Sun Nov 11, 2012 5:50 pm
by tripodmvr
Juis gister met iemand oor die ouer Nikko's gesels en dat hulle min probleme gegee het. Probeer en kyk hoe hy maak.
Re: NIKKO STERLLING TELESKOOP
Posted: Sun Nov 11, 2012 6:24 pm
by Jacquesb
Ek het my 0kwes tweedehands met 'n ou 4x40 Nikko Sterling gekoop.
daai scope het ek vir so 4 jaar, gebruik op jagte, skietbane, ens.
Geen probleme gehad nie!
Sit joune gerus op die Brit!
Re: NIKKO STERLLING TELESKOOP
Posted: Sun Nov 11, 2012 8:07 pm
by Pvdw
Neels ek weet nou nie of jy die ouer een het wat nog in Japan gemaak is en of dit die nuwe een is wat in China vervaardig is nie. Ek self het die nuwe een uit China op my 303 gesit. Ek het puik diens van hom gekry. Enigste rede hoekom ek hom afgehaal het is ondat ek 'n 2de handse NIKON by Piet Skiet hier op die forum gekoop het teen 'n baie goeie prys. Was dit nie daarvoor nie was hy nou nog op my 303.
Sit hom op en skiet met hom.
Peet
Re: NIKKO STERLLING TELESKOOP
Posted: Mon Nov 12, 2012 12:28 pm
by Neels
Dankie Manne
Ek gaan hom probeer as hy vir julle werk sal hy vir my ook werk
Groete
Neels