Page 1 of 1
lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 10, 2012 12:17 pm
by shooter
Manne ek is nie n groot haelgeweer skietter nie want ek sukkel maar met daai ding. Ek het vandeag n uur en half die lekkerste duif skiet van my lewe gehad. Ek is gevra om te help met plaag beheer van bosduiwe by n groot stoor en het vanoggend met my gamo afgesit soontoe. Ek het binne n uur ongeveer 90 duiwe geskiet. Dit was oor n rus en uit die vuis en sommer alle maniere. Dit was nou regtig sports gewees en tot die katte het dit geniet. Hopelik kan ek volgende naweek weer gaan aangesien daar hordes van die goed oor is.
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 10, 2012 1:14 pm
by Born2Late
Ek skiet ook gereeld bosduiwe by my workshop.Hulle bemors alles en pla by die alarm ogies.Dit is nogal lekker soos jy se.As almal uitgeskiet is is dit so 2-3 weke skoon dan begin hulle weer intrek.
Jou oog bly ook lekker in met die kopskote.Groete en moenie alles vir die katte los nie.Bors sosaties loop mooi.
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 10, 2012 2:19 pm
by shooter
Ja die oefenong is nogal lekker. Sal bietjie volgende keer n paar vir my vat en probeer
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Fri Nov 16, 2012 6:30 pm
by Gert Odendaal
Shooter
Sny net die borsies uit, kook fyn met spek ,sout, naeltjies, suurlemoen peper , witwyn , uie en maak dik met soppoeier, jy sal jou vingers af eet...daar is nie lekkerder fyn pastei vleis nie, jy kan die borsies maal om dit vinniger gaar te kry...vleis koekies uit die boonste gestoeltes uit....

Onthou om die ander dele vir die honde op te kook...

Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 17, 2012 9:08 am
by visstok
Toe ek nog op skool was, het ek en my vriende elke Saterdag visgevang in die Sandrevier wat deur ons ou dorpie geloop het. Ek moes altyd sorg vir die vleis vir die braai, bosduif op die kole, met net braai sout. Hele week deur het ek hulle geklits, sommer met my ou BSA windbuks. Die goeie ou dae!
Groete Alex
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 17, 2012 9:23 am
by Marc
Laat julle manne my nou lekker v?r terugdink so op die Saterdag more.
Alex ons het net so lekker gesmul aan die duiwe langs die dam, bietjie taai, maar daai tyd het dit nie gepla nie, meer gegaan oor die ondervinding as die kwaliteit
Ons het tot onlangs nog, soos Shooter gemaak het, n hele sak vol gaan kilts en dan met borsies die heerlikste potjie gemaak.
Man verlang ek nou

Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 17, 2012 10:14 am
by shooter
Dagse manne. Ek het hulle al geeet waar n klieent hulle uitgesny en gamarineer het in witwyn en garlic. Dit was heerlik ek het gedink dit was minute steaks. hmmmmm
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 17, 2012 1:13 pm
by visstok
Shooter, ons bosduiwe hier in die graan wereld se borsies is so klein bietjie dikker as minute steaks, amper skaap tjop dikte, hahahahaha
Groete Alex
Re: lekker duiwe geskiet
Posted: Sat Nov 17, 2012 2:11 pm
by shooter
Smaak my julle bederf hulle daar teveel. Dalk is dit n goeie plan met die vleispryse wat so styg. maar daar is darem niks so lekker soos n lekker skaaptjoppie oppi kole