Page 1 of 1

Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:41 pm
by Frederik
Net 'n vraag vir julle kenners.

As jy as man en vrou  saam jag en in dieselfde huis bly moet jy jou eie aprate kluise he ?
As ek dit reg verstaan mag niemand behalwe jy as wettige wapen eienaar toegang he tot jou geweer kluis !!! So dit beteken my vrou mag nie toegang he tot die kluis nie en ek nie toegang tot haar kluis ?

Ek hoop ek is verkeerd en as ek nie is is daar seker heel paar huishouding wat die wet oortree ?

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:46 pm
by Beretta
Netso dit is ook hoe ek dit verstaan
Beretta

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 6:01 pm
by Danie Lombard .243
Wanneer man en vrou wettig getroud is met huweliks sertifikaat en albei woon in/op dieselfde perseel en slaap onder dieselfde dak mag die man en vrou 'n kluis deel mits albei houers is van wettige vuurwapen bevoeghtheid en lisensies.

Wanneer soos hierbo beskryf maar vrou en man woon nie op dieselfde adres nie en slaap nie onder dieselfde dak nie m.a.w. man werk hier en vrou werk daar en dit is so vermeld op die data basis van sentrale wapen register

(alle persoonlike besonderhede moet ten alle tye waar, juis en korrek wees, persoon het 30 dae tyd om enige verandering deur te gee aan sapd) 

mag man en vrou nie saam kluis deel nie. Tog is dit wettig as die een die wapen in die ander se kluis stoor met 'n geldige SAP 539 stoor/bergings permit.

@ Frederick, sou jy onseker voel oor jou en ma se wapen, kry 'n SAP 539 permit en so is ma se ketties 1000% wettig in jou kluis.

Danie

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 6:08 pm
by Johan Reyneke
Opvolg vraag

As jy en jou kind in die selfde huis woon en albei het wapens op hul name en gebruik dieselfde kluis, gaan dit veiliger vir my wees as huis eienaar om dan eerder SAP 39 (Bergings permit) te kry)

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 6:20 pm
by Beretta
Die lank en die kort van die wet is dit is swak geskryf en maak ontwetend van jou n krimeneel binne n oogwink
Net my mening
Beretta

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 6:17 am
by Frederik
Danie Lombard .243 wrote: Wanneer man en vrou wettig getroud is met huweliks sertifikaat en albei woon in/op dieselfde perseel en slaap onder dieselfde dak mag die man en vrou 'n kluis deel mits albei houers is van wettige vuurwapen bevoeghtheid en lisensies.
Danie is jy seker hiervan ?

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 7:38 am
by Danie Lombard .243
@ Frederik

Soos jy weet interpeteer elke polisie beampte die wet op sy eie manier, wat die een se is nie altyd wat die ander een se nie. Die inligting het ek by 'n Kapt. gekry wat te doen het met vuurwapen aangeleenthede in die vrystaat streek. Hoekom ek by hulle (die sapd) gaan kers opsteek het is juis omdat die vraag gereeld opduik by persone wat by my kom vaardigheids kursuse doen vir die besit van 'n vuurwapen.

Ek stem dat dit nie lekker klink die ding oor die kluise. My raad aan almal is om liefs twee kluise te he vir elke gelisensieerde persoon as dit kan bekostig word. Tog laat die wet toe vir getroude persone om 'n kluis te deel.

Ek sal later vandag 'n regstegniese persoon skakel wat direk werk met die wet en wapen industrie en sal dan kom bevestig wat die persoon se.

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:05 pm
by Frederik
Dankie Danie.

Re: Twee jagters met wapens per huishouding ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:35 pm
by Louis Kriel
Martin Hood het die voorbeeld gebruik van die vrou en die man wat albei Glocks gehad het, wat in dieselfde kluis was.  Die vrou het selfmoord gepleeg met haar man se pistool en hy was kniediep in die marrakkas. So hou dit maar appart ter wille van apartheid.  ;)