Page 1 of 1
Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:21 pm
by James Wilson
Was vandag, by S&0 het sommer lekker daar met die manne gesels. Wat n n winkel!!
Ek kry toe n lekker prys by Stefan op n cant indicator. Nou het ek net een vraag. Ek skiet regshandig en met my regteroog. Plaas ek die indicator nou regs of links? Is daar n voorgeskrewe wyse of maak elke skut maar soos wat vir hom gemaklik voel?
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:25 pm
by Wouter Roets
James
Jy sit hom aan die teenoorgestelde kant van jou ejection port maw as jy n regshandige geweer skiet dan aan jou linkerkant. As jy jou linkeroog dan oopmaak kan jy hom mooi sien.
Groetnis
Wout
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:56 pm
by Beretta
James
Ek gebruik al lank een van hulle hy werk mooi. Alles is waterpas jy skiet baie beter met een van hulle of ek skiet verseker beter met een. Ek het myne self gemaak hulle het nie gehad toe ek een wou he nie. Jy sal verbaas wees hoe skeef jy jou geweer partykeer mount.
Beretta
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 9:03 pm
by James Wilson
Beretta wrote:
James
Ek gebruik al lank een van hulle hy werk mooi. Alles is waterpas jy skiet baie beter met een van hulle of ek skiet verseker beter met een. Ek het myne self gemaak hulle het nie gehad toe ek een wou he nie. Jy sal verbaas wees hoe skeef jy jou geweer partykeer mount.
Beretta
Ek sal dit glo
Danki wout, dit is maar hoe ek altyd gedink het dit behoort te werk, maar toe n paar fotos op die net gesien waar dit nie so is nie, plus as ek die indicator aan die linkerkant mount kom dit voor asof die apparaat nou agterstevoor is. Hoe dit ookal syek gaan hom aan die linkerkant mount.
Die enigste verduiliking wat ek kon kry vir die regterkant was n persoon wat se sy linkeroog en regteroog se foukus punte verskil en kry hy slegs fokus op sy regteroog op die bubble as die indicator voor die voorste mount sit.
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 9:27 pm
by Frikkie Coetzee
En ek was die xxxx wat een gekoop het wat bo op sit. So ek kan dit nie sien sonde om my kop te lig nie.
So betaal ons skoolgeld.
Werk OK vir Fklas.
Frikkie
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Mon Nov 05, 2012 9:32 pm
by G-force
Julle sal dalk die een interesan vind.Ek ken die man,hy doen netjiese werk.
http://www.airrifle.co.za/showthread.php?t=29201
Re: Anti-Cant Indicator
Posted: Tue Jan 15, 2013 5:21 pm
by Dries Skiet
Nou net met Darius aka Boomslang gesels, hy bou my kolwe ook, CNC masjien en elke ding. Hy gaan volgende week vir my n elektroniese anti-cant thingiemajig in my 243 se kolf in bou. Bietjie by Natal ope toets en vir die manne wys. Bietjie anders as die link van G-Force, die LED's gaan onder my oog in die kolf self sit met die unit in die kolf onder die loop wegesteek en drade wat indie kolf loop tot by die plek agter die slot waar die led's gaan sit.
Geen nie skiet oog loer nie, jou skiet oog sal die rooi led sien aankom as jy teveel oorleun.
Sal julle op hoogte hou.