Page 1 of 1
sukkel met scope
Posted: Sun Nov 04, 2012 7:27 pm
by hendre calitz
Ek het vir my n rudolph 4x16x50 scope so 3maande terug oor die internet gekoop.Het voorheen met n lynx geskiet wat se kruishaar baie fyner was as die rudolph sin.Ek sukkel om met die rudolph (wat se kruishaar baie dikker is)dieselfde groepering te kry, alhoewel sy beeld baie duidelik is.Is daar iemand wat ook met n rudolph skiet en wat dink julle van die scope,en of julle dit gebruik om jakkals mee te jag.
Re: sukkel met scope
Posted: Sun Nov 04, 2012 8:14 pm
by tripodmvr
Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.
Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:08 am
by Eugene
tripodmvr wrote:
Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.
Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
+1!
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:16 am
by blaser
Rudolf is nie n scope wat met n lynx of enige goeie scope vergelyk kan word nie
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 8:46 am
by LUAN
tripodmvr wrote:
Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.
Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
+1
Jy moet jou teiken aanpas by die tipe scope waarmee jy skiet die dag. n Goeie een vir n lae vergroting scope of scope met dikker kruishaar is die benchrest diamond.
http://www.reloadbench.com/pdf/files/XL ... iamond.pdf
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 9:35 am
by Reggie Gerber
Remmington
Het jy n Rudolph of hoekom maak jy daai stelling.
Reggie
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 10:33 am
by JACQUES BOTHA
Remmington
Ek lees 2 stellings in daai sin
1. kan hom nie met n lynx vergelyk nie... (dalk lees ek selektief)
2. EN ---OF ENIGE GOEIE SCOPE ek is bly jy tref onderskeid met die twee as n feit.
Dalk is die rudolp ook n goeie scope..
Jacques
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:08 pm
by Louis Kriel
remington wrote:
Rudolf is nie n scope wat met n lynx of enige goeie scope vergelyk kan word nie
Remington vertel meer, het jy 'n Rudolph op van jou gewere, maw maak jy 'n ingeligte stelling? Of is dit jou eie oningeligte opinie?
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:13 pm
by johnny
wil ook weet.
groetnis
Johnny
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:16 pm
by Henry 7
Hendre het die ouens van Rudolph gekontak en gevra of hy hom nie kan inruil op 'n ander Rudolph met 'n dikker kruishaar nie en hy is bereid om die verskil in te betaal so hy was nie ontevrede met die gehalte nie.
Probleem is nou dat hy niks weer van hulle hoor nie so vir naverkope diens lyk dit nie so lekker nie.
Henry
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:38 pm
by Stefan764
tripodmvr wrote:
Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.
Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
Goeie raad hier van oom Marius.
Henry ek sal ook n versoek aan Rudolph stuur, hulle is gewoonlik baie behulpsaam en flink met hulle naverkope diens.
Groete
Stefan
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:57 pm
by Vlakvark
Henry 7 wrote:
Hendre het die ouens van Rudolph gekontak en gevra of hy hom nie kan inruil op 'n ander Rudolph met 'n dikker kruishaar nie en hy is bereid om die verskil in te betaal so hy was nie ontevrede met die gehalte nie.
Probleem is nou dat hy niks weer van hulle hoor nie so vir naverkope diens lyk dit nie so lekker nie.
Henry
Henry7
Dit is nie so maklik soos ek sal die verskil inbetaal nie. Wat moet Rudolph nou met daai scope wat hy terug kry maak gaan Jy of iemand anders hom nou weer koop as nuut, is daar merke op hom of nie
Dalk sal Rudolph dit doen dit sal goed wees vir hom, veral op die Forum gaan dit goed lyk. Ek het my eie besigheid en net omdat ons ons eie besighede het beteken dit nie ons kan net ons geld rond gooi nie. veral sekere tye van die jaar is daar geld ander tye is die moeilik, vir hom seker goed in die jag seisoen en minder goed buite seisoen
Ek voel as die man tevrede is met die produk ,moet hy hom eerder verkoop en 'n nuwe een koop en self daai nok vat (skool geld ) is wat mens dit noem
Sory maar dit is hoe ek daar oor voel Huiswerk ,huiswerk ,huiswerk
Was die probleem nie juis die kruis is te dik nie
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 1:38 pm
by Vlakvark
Mooi man Rudolph
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 5:28 pm
by Henry 7
Vlakvark
Ek gaan nie met jou in 'n argument klim nie-Hendre bly hier naby en hy het my daarvan vertel.
Ek het hom support oor hy 'n pel is en geen reaksie na 'n ruk gekry het nie.
Soos ons nou sien is daar 'n logiese rede gewees en die saak is opgelos.
Hy het die scope opgesit,gesien die kruis is nie wat hy wou h? nie,dit afgehaal en sy ou scope(Lynx) teruggesit.
Hy was ook bereid om in te betaal en het nie ges? hy soek 'n ander 1 en klaar nie.
Waar die geld rondgooi vandaan kom weet ek nie.
Hy het die beste gepad gevolg en eers gekyk of hy nie dalk kan regkom nie-jou opsie is ook 'n opsie na die 1ste opsie gevolg is.
Henry
Re: sukkel met scope
Posted: Mon Nov 05, 2012 6:29 pm
by johans

Posted: Mon Nov 05, 2012 7:46 pm
by hendre calitz
Dankie vir julle insette manne,ek wil dit net duidelik maak dat ek glad nie Rudolph se scopes afkraak nie,inteendeel sal ek weer so 1 koop net met n ander kruishaar.Dis storie oor die skoolgeld betaal, stem ek nie heeltemal mee saam nie,daar is mos maar n verskil om n ding oor internet te koop en oor die toonbank.Ek is net bly Rudolph kan n ou help,dit se baie van hul Diens.
Re: sukkel met scope
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:19 am
by Vlakvark
Henry7
Ek bedoel nie om te baklei nie.Die geld rondgooi bedoel ek die besigheidsman het nie oneindigende fondse nie. As ons iets moet ruil verloor ons, so ons moet vir jou skoolgeld betaal
Soos ek reeds gese het wat maak die verkoper nou met daai 2de handse scope. Die verskil na die nuwe word wel betaal maar daai scope is nou 2de hands so die verkoper verloor
Ek weet waarvan ek praat. So maand terug installeer ek 'n airconditioner. Die man het die quote aanvaar ek het vir hom pamflette gegee oor 4 verskillende AC hy het die goedkoopste ge kies
Toe die masjien teen die muur sit . Toe wil sy vrou hom nie he nie want sy louvers kan nie vanself heen en weer beweeg nie jy moet hom met die hand stel in die rigting wat jy hom wil he
Lang storie kort Hulle sal die extra inbetaal van die duurder masjien
Ek moes hom weer afhaal 4 ure se werk om te installeer ,2 ure om te verwyder en weer 2.5 ure om die nuwe een se instalasie Dit is 4.5 ure se werk waarvoor ek nie betaal word nie.Plus 2de handse 5.2 kw aircon , wat as ek hom gaan verkoop kry ek teen 'n verlies moet doen
Of sal jy 'n nuwe een se prys betaal vir die een, Hy was net een aand in gebruik
En dan moet jy nog smile as die ou jou betaal