Page 1 of 1
Dunner, kleiner silencers
Posted: Sun Nov 04, 2012 7:02 pm
by Thomas
Goeienaand almal,
Weet iemand dalk of mense dunner meer kompakte silencers kry? Wil graag silencers op my Tikka 270 en 300 WM sit maar is nie mal oor hoe die dik silencers die geweer laat lyk nie. Sien op die web 'full over barrel' silencers, kry mens dit in SA en wat is die nadele/voordele indien enige? Blitsbrekers lyk vir my esteties mooi maar ek hoor jy verloor jou vriende as jy daai goed op jou gewere het?
Groete,
Thomas
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Sun Nov 04, 2012 7:22 pm
by tripodmvr
Hulle noem dit refleks klankdempers. Die geluide wat ek hoor is dat al die apparate verhoogde temperature to gevolg het waar die metale oor mekaar pas en dat slytasie dan daar plaasvind. Veral die refleks tipe laat 'n groot deel van die loop baie vinnig warm word.
Die voordeel van die' apparate is minder terugskop en sagter op die ore.
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Sun Nov 04, 2012 7:36 pm
by Silent Hunting
Thomas,
Ek vervaardig Reflex kds. Ek vervaardig my kds van 38mm in plaas van die 42mm wat die "norm" in die mark is. Het besluit op die 38mm omdat die 42mm wel baie lomp lyk en heelwat swaarder is. (My opinie)
Op die 270 gaan jy nie dunner kan gaan nie. Daai roer maak baaaaaie gas en te klein kan probleme veroorsaak.
Groete,
Henk
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Sun Nov 04, 2012 9:20 pm
by FrancoisN
Thomas kyk onder lede dan vra jy vir CJ waar hy syne gekry het. Ek is nogal beindruk met syne.
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Sun Nov 04, 2012 10:59 pm
by Silent Hunting
Vatsokatvis,
As jy verwys na CJ se nuwe 222-50, dan is dit een van myne.
Groete,
Henk
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Mon Nov 05, 2012 10:45 am
by Thomas
Hi Henk,
Dankie vir die terugvoer! Het jy dalk fototjies? Jy kan dit vir my mail as jy wil.
t.orchard@telkomsa.net
Groete,
Thomas
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Mon Nov 05, 2012 11:40 am
by FrancoisN
Thomas daar het hy dit nou. My volgende KD sal een van Henk s'n wees. Ek hou van sy werking en hy is nogals klein.
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:26 pm
by Silent Hunting
Thomas,
Ek stuur vir jou.
Henk
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:31 pm
by Thomas
Ken iemand hierdie GRS rifle recoil pad wat vir die Tikka gemaak word? Is hulle funksie net verstelbaarheid of het dit 'n recoil absorberende eienskap ook? Die twee penne van die recoil pad druk tog teen springe binne in die kolf om hom vorentoe en agtertoe te druk as jy hom stel so neem dit nie ook van die recoil weg nie?
(As die fototjie nie werk nie gaan kyk op grsriflestocks.com wat ek bedoel.
Het iemand dalk 'n fototjie van sy geweer met Henk se silencer op?
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:52 pm
by Silent Hunting
Thomas,
Daar is 'n foto onder topic "Knaldempers" by Advertensies vir lede.
Dit is net die loop met kd op. Is wel van my eerste kds, moet dalk die fotos so bietjie update.
Henk
Re: Dunner, kleiner silencers
Posted: Tue Nov 20, 2012 9:11 pm
by Piet Pille