Elke kat kry sy dag
Posted: Sun Nov 04, 2012 11:58 am
Ek wil net met julle my storie deel van 'n skelm rooikat. Die rooikatte was redelike stil by my tot ek donderdag by my lam voerkraal kom en sien dat een van my lammers in die voerkraal gevang en gevreet is! Die katte vang mos nooit die klein lammers nie en die een het so 38kg geweeg, mooi in die drade in gejaag, dood gebyt, lieste uitgevreet en toegekrap.
Ekt geweet die kat gaan terugkom omdat hy die lam weer toe gemaak het. Ekt 'n hok gestel by die voerkraal waar hy gevang het sommer met 'n lekker lamsboud in ( van die lam wat hy gevang het) en nog 'n hok verder in die kloof opgestel met vis in (werk gewoontlik goed by my). Ek gaan toe ook laat die middag om die kat voor te sit, met skietstoel, lig en fles koffie, die wind het sterk gewaai en dit was koud. Teen so 21h00 se kant kry ek te koud, my koffie is op en nog geen teken van die kat nie. Ek dink toe die wind is te erg vir die kat en daar is mos 2 hokke as hy weer sou kom............Ek gaan toe maar huis toe.
Vrydag oggend gaan gee ek weer die voerkraal kos en sien dat die kat teruggekom en vir hom nog 'n lam gevang het!!!
Daar was ook niks in die hokke nie!! Ek moes toe al my lammers uit die voerkraal haal en hulle op die lande jaag tot ek die kat gevang het, hy het al immers R1600 se vleis weg! Die lam was in die hoek van die voerkraal gevang en ook weer toe gemaak. Ek besluit toe om vir my twee slagysters te gaan koop, waarvan ek geen kennis of ervaring het nie. Ek bel toe paar mense en lees op oor slagysters.
Omdat die lam in die hoek gele het, het ek met takke hom afgesper en net een gat gelos waar die kat kon deur, 'n takkie oor die paadjie gesit sodat hy oor die takkie op die yster moet trap. Die ander yster het ek by die gat van die lam gestel waar die kat die lam toe gemaak het. Die ysters het ek begrawe sodat dit gelyk met die grond is, 'n stukkie koerantpapier boop gesit en liggies met grond en gras bedek.Sien aangehegte foto ( Ek sit die beskrywing van hoe ek die ysters gestel het by vir as van julle vir my raad of kritiek het)
Met groot opgewondenheid ry ek Saterdag om te kyk of die kat in die ysters is. Toe ek daar aankom is albei ysters af getrap, en lam se hele boud is opgevreet
Daar is nie 'n druppel bloed of 'n rooikat haar op die ysters nie! Ek was toe baie negatief en raad op! Stel toe maar weer die ysters op dieselfde plek, maar weet die kat sal nie terugkom nie, want die lam begin al te ruik en nie weer deur die kat bedek is nie. Ek kan ook nie die kat Saterdag aand gaan jag nie. So pla die kat my die heel Saterdag. Vanoggend (Sondag) ry ek om te gaan kyk of daar iets in die hokke of ysters is......... en wragtig sit die kat in die ysters, elke voorbeen in een!!
Was die kat dan toe slim of dom? Hy gaan nie in hokke in nie, kom nie as ek hom voorsit nie en kom weg deur 2 ysters af te trap!MAAR kom wragtig weer terug vir nog? Ek hoop maar dis die oorspronklike vanger, maar as dit nie was nie is sy steeds 'n lamvreter.
Dit was 'n mooi jong wyfie kat ( sien foto) wat ek gevang het, 12kg geweeg ( wat 'n lam van 38kg vang?). Voel sleg om kat met ysters te vang maar sy het my skade gemaak van R2150 ( 2 lammers en 2 ysters van R 275 elk)
Dankie dat ek my storie kon deel.