Page 1 of 1

11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 6:27 pm
by James Wilson
Sommer so lekker stukkie jag nuus. Ons het in 1  Week  11 varke geskiet in 1 kamp. ;D

Dit is baie droog hier, en die boer sit voer/meel uit vir die beeste. Hy se dit kos hom R10 000 n week. Nou kom eet die varke van heinde en verre die kos van die beeste op.

My seun van 10 het ook sy eerste vark die week geskiet. Asek en die ipad mekaar net kan verstaan kan ek n paar fotos laai

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 6:35 pm
by Pvdw
James ek beny jou daar tussen die varke ;D ;D ;)

Gister met vriend van my gesels wie se broer daar op Vryburg(ek dink dis Vryburg) bly. Blykbaar net so droog daar.

Julle gebruik seker die water as voordeel om die otte in te wag??

Net so vir die interesantheid James, wat maak jy met al die otte??

Peet

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 6:58 pm
by James Wilson
[img width=560 height=417]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 4A4AD9.jpg[/img]
[img width=560 height=417]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 4E0134.jpg[/img]
[img width=560 height=417]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... BABDF4.jpg[/img]

Pvd, ek gee dit maar weg, so nou en dan hou ek n mooi een vir myself.  Ja ons ry al die krippe om. Ons het nou wel 11 geskiet maar oor die 30 vir die week gesien.

Groette

The Pig Whisperer

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:01 pm
by Pvdw
Nou vererger jy my sooibrand met die foto's ook nog!!

Mooi beer op die klap van die bakkie op die boonste foto.

Peet

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:06 pm
by James Wilson
Die groot vark in die eerste foto is geskiet, nadat ons die vark en nog 2 ander vir op afgery het tot ons seker so 50 m van hulle was. Ons het hulle toe dopgehou  vir so 25min,hoe eet hulle die voer, en konnie skiet nie want hulle was tussen die beeste. My vriend het toe uitgeklim en tot so 25m van hulle af gestap. Toe die beeste hom sien het hulle bietjie wgbeweeg en toe kon hy die vark skiet. Hartskoot. Dit was omtrent n gesig die vark lyk toe eers of hy my vriend storm maar toe hardloop hy so skuins verby hom, so 10 tree verder toe slaan hy mordood neer. Die 130grn Sierra het net onder die vel gesit en ons sal dit nog weeg.

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:08 pm
by DWB
James, julle manne is bevoorreg om soveel otte te kan skiet!

Ons het vandag 'n boer gaan probeer help.

Die bosvarke het in 'n week 10ha se geplantde mielies opgevreet en dit wat hulle gister oor geplant het is reeds vanoggend ook uitgehaal!

Daar het net 2 varke geval vir die dag

Baie mooi beer op ?ie klap!.

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:16 pm
by James Wilson
Ja nee, daar is manne wat beweer die varke gaan nog groter skade maak as die predator probleem.


Gister en verlede Saterdag het ek elke keer voordat ons n vark sien, die vreemdste gevoel gekry dat ons enige oomblik n vark gaan kry. Dan se ek dit hardop in die bakkie en dan is dit nie 500m verder nie dan kry ons die vark. Spooky soos my kinders sal se. Nou noem my jagvriende my die Vlakvark Vluisteraar ;D.

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:18 pm
by Pvdw
Daar is lyk dit my so baie varke dat jy dit enige tyd kan se en dan is daar in elkgeval een om die draai!!

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 7:32 pm
by James Wilson
[img width=560 height=417]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 46A541.jpg[/img]

Ek het kaaswors van hierdie sog gemaak. Dit is droog maar al die varke selfs die bere is so vet :o
Die boer se vir my dit van hom 14 dae langer as altyd om sy osse markgereed te kry. Hy se hy het gedink die plek waar hy die voer koop se kwaliteit is die probleem, nou besef hy die varke eet die kos op. maw dit is n ekstra R20 000 elke  3 maande!. 

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sat Nov 03, 2012 10:23 pm
by Marc
Mooi man

Jy moet so een of wat spaar vir as ek my geweer kom haal  ;D

Lekker vet gevoer die otte  8) dis n mooi beer daai  ;)

Mooi loop
Marc

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sun Nov 04, 2012 6:41 am
by theedge
Dit is regtig leker as dinge so leker gaan.  Voorwaar n voorreg maat - baie netjies

Re: 11-1-11 kry n nuwe betekenis vir my.

Posted: Sun Nov 04, 2012 7:48 am
by Frederik
Ek my vriend en my ou 303 in die jare 92, 93 en 94 het lekker sakgeld bymekaar gemaak met otte in die sojaboon velde winter en watlemoen velde somer ons het seker 150 + varke geskiet. Party vir ons self gehou en die ander aan die lokale groenes verkoop. Ons het begin verkoop in 92 teen R60 'n karkas en in die 94 het ons R80 gekry elk.

Dit was nog goeie ou dae my 303 het selfs af en toe in die koshuis geslaap voor ek huis toe was die naweke.
Dit was in Beauty se sandveld wereld  ;D Paar monsters ook geskiet een met net een tand van 17" maar as mens jonk is dink mens nie verder as jou neus nie nie eers een foto nie.