Page 1 of 1

Vlakvark tande losmaak?

Posted: Fri Nov 02, 2012 8:16 pm
by James Wilson
Manne ek het die laaste 7 dae so 1 of 11 varke geskiet. Van die tande is baie mooi en wil ek hulle gebruik om n paar goette mee te maak. Soos mes handvatsels en die hef van n kierrie. Hoe kry ek die tande los uit die skedel uit?

Re: Vlakvark tande losmaak?

Posted: Fri Nov 02, 2012 8:21 pm
by Dawid
James,

Al maniere wat ek ken is om die snoet gedeelte af te saag en te kook of te le dat hy droog dan trek jy die tande net uit.

Groetnis

Re: Vlakvark tande losmaak?

Posted: Fri Nov 02, 2012 9:25 pm
by tripodmvr
Pasop vir kook. Dit werk wel goed as jy nie te lank kook nie. Die maklikste is om af te saag en dan die snoete in 'n emmer water te sit. Ruil elke dag die water om die stank te beperk. Die bakterie sal die vleis laat verrot en later sal die tande loskom. So verseker jy dat die ivoor nie skade kry nie.

Re: Vlakvark tande losmaak?

Posted: Fri Nov 02, 2012 9:30 pm
by vlakvark1
Ek los maar die tande dat hulle vrot en dan kom dit los. As jy dit kook kraak dit gewoonlik. Moet ook nie in
son los nie dit blyk en kraak ook. Ek b?re maar onder skuur se dak. Dit vat taamlik lank om los te kom.

Re: Vlakvark tande losmaak?

Posted: Fri Nov 02, 2012 9:33 pm
by vlakvark1
Sien die topic is onder vuurwapenwet ???    maak seker nie saak nie :angel: