Page 1 of 1
243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 4:14 pm
by Reggie Gerber
Manne
Het nounet oproep van boer gekry om vanaand bietjie jakkies te kom skiet.
Dit sal my 243Ai se eerste toets teen jakkie wees aangesien die staatmaker 308 sonder glasse sit. Hy wag vir sy nuwe Zeiss.
Hoop die nightforce se field of view my nie gaan uitvang vanaand nie sal maar op 8 vergrooting sien wat gebeur.
Sal ook my seun saamvat hy sien n jakkie bitter vinnig raak.
Lekker aand manne en sterkte in die veld
Reggie
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 4:59 pm
by Jaco Bezuidenhout
Reggie
Sterkte en geniet dit,weet sommer die AI gan jou baie vreugde gee vannaand.
Groete
Jaco
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 5:05 pm
by Reggie Gerber
Dankie Rooikat
Ek dink n 87gvmax teen 3300fps sal skade maak
As ek net kan wegkom by die werk
Reggie
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 5:09 pm
by Gawie(13mm)
Reggie, gaan groot maat.
Sterkte.
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 5:14 pm
by Reggie Gerber
7mm
Gaan probeer ouboet
Reggie
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 5:35 pm
by G-force
Kap hulle en skiet reguit.
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Fri Nov 02, 2012 5:56 pm
by Jaco Bezuidenhout
Reggie
Stuur asb foto s as jy kan en onthou om ons te vertel hoe dit gegan het. Ek ken daai gevoel as jy vd eerste keer met n nuwe roer/speelding jagveld toe gan.
Jaco
Re: 243Ai se maiden jakkels voyage vanaand
Posted: Sat Nov 03, 2012 5:27 am
by Reggie Gerber
More Boys
Gistraand was a balls up.
Eerste het my ligman my gedrop en my ses jarige het sy bes gedoen. Het op eerste staanplek so 2ure geroep maar het net antwoord van baie ver af gekry.
Toe ons nader skuif gaan sit ons vas in n holte wat nog water en nat klei in het van al die reen die afgelope maand.
Moes toe bel lat n landie ons kom uittrek.
Teen daai tyd was seuna aan die slaap en ek nogaal moerig.
Gelukkig skyn die son vandag en ons sal weer anderdag probeer
Lekker naweek
Reggie
