Page 1 of 1

As dit maklik was

Posted: Fri Jun 18, 2010 7:20 pm
by Beyers
Vandag 'n mooi koedoebul bekruip. 40 m met 2 dooie doring bome tussen in. Geen kans op 'n skoot. Die bul loop toe nader, en moes die vibe gevang het en verdwyn soos mis voor die son. Nog steeds die lekkerste sport met klere aan.

Re: As dit maklik was

Posted: Tue Jun 29, 2010 2:01 pm
by JopieFourie
Met klere aan...    ;D ;D

Re: As dit maklik was

Posted: Tue Jun 29, 2010 8:22 pm
by Christo
Beyers

Ek het verlede jaar skoon vergeet om te korrel wat nog te s? die skoot aftrek op 'n Eland koei. Sy was so onbewus van my en so majestieus dat ek net gestaar het. Toe ek tot verhaal kom loop sy agter 'n stuk bos in sy weet nie eens ek was daar nie. Ek het ook nie weer die kans gekry op haar nie. Het darem later, volgend dag, een geskiet.

Christo

Re: As dit maklik was

Posted: Wed Jun 30, 2010 8:04 am
by spekieries
Christo en Beyers

Geluk manne, ek self is 'n geweer jagter maar ek dink persoonlik dit is die Oupagrootjie van alle jag en veldkuns. Wens ek kon dit doen!

Re: As dit maklik was

Posted: Wed Jun 30, 2010 11:45 am
by Gerhard
Boog jag bly darm maar lekke ding.

Het nou die dag blesbokke bekruip.

Daai is nou ander sports met so klomp oe wat rond kyk.

Naaste wat ek kon kom was 65 yards...