Jakes
Sal 'n man sy 243 met 6mm Ackley reamer kan sny om langer nekke te kry en dan 6.5x53 doppe gebruik?
Taffie
7,65x53 Argentine doppe Taffie.
Taffie
Die 6mm se nek is 4.5mm langer as die .243 se nek ,so die 7.65 sal ook te kort wees gebruik 7x57 doppe of 6.5x57 doppe ek het nog 'n paar 6.5x57PMC doppe kom haal maar.Volgens SAMI specs is altwee se nek deursnee 7.01mm.
Begin met dieselfde lading vir 341 as wat jy nou gebruik vir 355 en werk op na so 47.5gr.NB werk op nie van 47.5 af nie
Groete
Hello ai manne
Ek kan nie my fireform groepe klop met die ai doppe nie,..... no s*&^ he. Cheesy
Onlangs 87gr v-maxe probeer ook, en hulle vaar relatief goed.
Jump was al in die lands, en uit, maar ek kry nie 'n objektiewe aanduiding nie.
Wat sou julle s? is die beste keuses kruit vir 80-90gr punte? Ek het nog altyd by s365 gehou, en om verskeie redes nog nooit ander kruit probeer nie.
Watter kruit kan ek nog probeer? 341 en 335?
Hou in gedagte ek is maar 'n pyn in die gat as dit kom by akkuraatheid, en eintlik behoort ek nie te kla nie.. Ek kom nie onder 'n duim op 200m nie, waar ek met
die vuurvorm resep al 13mm gekry het (in die landings).
Het ek die plafon geslaan??
Ja3
J3
EK WEET DIE MANNE GEBRUIK 355 MET SUKSES IN DIE UGLIES...
EK SAL LADINGS PROBEER KRY, MAAR DIE BESTE METODE WAT EK VAN WEET OM JOU GEWEER SE LADING TE KRY IS DIE ODETTE METODE. EK COPY EN PASTE GOU SO STUKKIE OM TE LEES...DIS NIE DIE ALFA EN OMEGA NIE, MAAR RIGLYN WAT JY SEKER OOK KEN..MAAR DIT LEES DAREM NOG LEKKER VIR MY....
1. Die geweer sal nie op sy beste presteer totdat ek vir hom ?n behoorlike kolf opsit en deeglik ?bed?.
2. Ek moet nie die geweer meet aan die sukses van my vorige .243 nie, daar is maar min gewere wat so skiet.
3. Ek gaan nie die loop opskiet om ?n lading te kry nie.
4. Ek gebruik die geweer vir Jaggeweerskiet en nie vir ?Benchrest? nie
Ek het besluit om die ?sweetspot? metode te volg. Ek heg vir julle ?n hele artikel hierby aan wat dit volledig verduidelik vir diegene wat meer wil weet oor hoekom dit werk. Wat vir my aantreklik is van die metode is dat dit vinnig is, maar ook dat dit die lading kry wat die minste sensitief is vir variasies. Lees maar die hele dokument voor jy dit doen maar in kort werk dit so:
1. Besluit wat is jou maksimum lading. (gebruik veilige doelwitte)
2. Laai 1 rondte met hierdie maksimum lading en skryf met ?n merkpen 20 op hom.
3. Laai nou die volgende 19 rondtes elk met 0.2 gr. kruit minder as die vorige en merk elkeen in volgorde (m.a.w. 19, 18 ens.). In my geval het ek dus soos volg gewerk. My maks. lading (met ?n 70gr punt) is 49gr. S365. Ek het dus een gelaai met 49gr. en om gemerk 20, een met 48,8gr. en hom gemerk 19, een met 48,6gr. en hom gemerk 18. So het gelaai totdat ek die laaste een gelaai het met 45,2gr. en het hom gemerk 1.
4. Skiet nou elke skoot na dieselfde teiken op 300 meter. Moet nie jou tyd mors as jy nie ?n 300m baan het nie. Begin by nommer een en skiet in volgorde. Dit is goed as jy ?n chronograaf het. Kyk vir tekens van druk. Dit is belangrik om te weet watter skoot op jou teiken is watter nommer. Vir hierdie doel het ek ?n videokamera langs die teiken gesit en al die skote opgeneem. By die huis gekom het ek die skote op die teiken gemerk.
5. Gaan huis toe en trek horisontale strepe deur elke koe?lgat na een kant van die teiken. Skryf die skoot nommer langs die streep. Sien die aangehegte prent van my teiken.
6. Soek nou die plek waar die strepe die naaste aan mekaar is, en waar die skoot nommers opmekaar volg. Met ander woorde as skote 13,14,15,16 naby aan mekaar is, is dit betekenisvol maar is skote 2,11,18 en 7 naby aan mekaar is beteken dit niks nie.
7. Neem nou die middel van die hoogste en laagste lading van die skote wat op mekaar volg, dit is die ?sweetspot?. Laai nou ?n paar rondtes op daardie lading met verskillende ?seatingdepths? en sien watter gee die beste groep, as jy tevrede is met wat jy sien is jy klaar.
Freddie
Ek het ook al so lading uitgewerk, op 200m gaan die variasies te min wees en gaan jy te veel skote kry wat naby mekaar is, maar wees gewaarsku, kies n mooi WINDSTIL oggen om te skiet, as die wind bietjie waai, waai hy al jou data deurmekaar en maak jy later nie kop of stert uit van die gaatjies nie. As jy nie video kamera het nie, sit maar n geskoolde (STD 3 is goed genoeg) kneggie met n "permanent marker" da by die skyf en laat hy merk (nommer) soos jy skiet.
My sweetspot was in die twee roere wat ek geskiet het altwee heelwat laer as wat ek laai, wou ma net kyk hoeveel waarheid in die ding steek, as jy kan 400 m skiet is dit nog beter, kry net n groot genoeg teiken, die skote oor die hele spread varieer nogal baie.
Mooi loop
Francois
Taffy en ander 243 Ackley fans.......
Dalk n site om na te kyk......
http://www.angelfire.com/nd/243ackleyimproved/
Mooi loop
Francois
Freddie
Ek het vandag die eerste keer die spoed gemeet. Skiet al die nuwe loop so 200skote. Wat my verbaas het, was die feit dat ek met 45gr 355 'n spoed van 3650fs gehad het. Ek raak toe so bietjie waaghalsig en gooi sommer 46gr 355, sien die spoed klim 3860fs en kom so .3gr af vir 3800 fs. Dit het ek gedoen omdat ek darie spoed verstaan en lank daarmee geskiet in die ou loop. Die drastiese verhoging is spoed met 1 gr s? ook in die stilte vir my dat ons nog so bietjie kan speel. Alles met 24 duim lopie. Wil nie weet wat 28 duim gaan doen nie.
Wat my die meeste beindruk is dat daar geen druk is nie. Ek het met 1 in 12 twist loop voorheen geskiet, en elke keer as ek naby 3850 fs gedraai het, het die groepe ook so bietjie daaronder gely. Die eerste skoot na 'n goeie skoonmaak is sommer in die groep. Ek het baie gehoor van 1 in 14 twist lope, maar nooit gedink dit is so lekker om een te skiet nie. Jy kan die hond windgee. Ek is sommer weer lus om die resieskar se limits te soek. Soos 'n groot maat my vertel, as jy 'n resiesperd het, gebruik jy nie stange en teuels nie.
Taffie
Jakes
Ek dink net dat 6mm 1 in 14 twist loop net gouer van die druk ontslae raak as 6mm 1 in 10. Hoe langer die druk in die loop bly hoe meer druk deurwerk na doppe en aksie toe.
Wetie of ek reg dink nie. As jy 65gr koe?l in 1 in 10 twist te vinnig(s? maar dieselfde spoed as in 1 in 14) skiet kan die jacket los kom van die core. Dit gee swakker akkuraatheid en dan later sal die koe?l disintegreer(soos mis verdwyn).
Dit is wat ekself vir myself kan uit figure. So dit bly my eie mening en is nie noodwendig korrek nie.
Jacques
Die 10mm groepe is nie wensdenkery nie, ek gebruik nogsteeds die #8 recticle en soos jy weet is dit 20mm missing van die teiken op 100m. Ek sal as die kans aanklop, 'n target kruishaar opsit en dan die regte groepe lees. 'n Maat skiet 7mm groepe met dieselfde fabrikaat loop en twist(28duim)loop in die inbreek-proses. Sy 70greiners draf teen 4000fs.
OK, manne, het die klompie post van die herlaai data blad geskuif hiernatoe. Al hoe ek dit kon regkry was "copy en paste" Manne kan nu ma voortgaan om oor die 243 AI te gesels.
Mooi loop
Francois