Page 1 of 1

300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 7:59 am
by Vurkster
Kerels

Ek het raad nodig asb...
Ek wil graag my derde geweer koop in 'n groter kaliber... die 300wm lyk vir my na 'n goeie opsie

hier is die feite:
1. Ek soek 'n vinnige groot kaliber om Gemsbokke te skiet in die kalahari (200-300m)
2. Ek is ook 'n freelance ph wat so af en toe jagters uitvat in die Limpopo bosveld.

My vraag is:
Is dit moontlik om die 300wm so aan te wend met verskillende ladings en punte (Solids of Soft)?
Ek herlaai self, en glo dat 'n 220 gr punt 'n kameelperd se blad sal penetreer (afhangend van skootplasing natuurlik)

Ek wil graag een geweer koop vir twee doele. Ek het redelik navorsing gedoen en ek glo dit is moontlik.
Ek kyk na die howa angesien dit 'n bekostigbare geweer is waarvoor ek nie te jammer gaan wees nie.
Ek gaan nie groter as kameelperd met die howa skiet nie.

Wat is julle voorstelle en opinies?

Die Vurk.

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:02 am
by Karl Stumpfe
Die Vurk, ek dink jy sal regkom met die .300WM, my persoonlike keuse sou net eerder 8x68 S of .338 WM gewees het, veral vir daai back up skote...

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:19 am
by G-force
Ek was by toe my pel n kameelperd plat trek met een skoot van sy 30-06 met 150gr koels.Skoot was seker so 130m ver.Ammo was Highlands AX.
Perd het so 60m gedraf toe slaap sy.

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:21 am
by DWB
Kort 'n PH nie 'n .375 nie  ;D ;D ;D

Seker paar manne gaan jou vra wat van 300WSM

Ek hou van MENEER STUMPFE  ;D se idees

My kop s? net vir my Stefaans se 375Ruger het nie deur daai perd geskiet nie.

Ek persoonlik dink jy kort 'n 9.3x62  ;D ;D ;D

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:26 am
by Vlakvark
DWB  Die Vurk het mos genoem . Ek soek 'n vinnige groot kaliber om Gemsbokke te skiet in die kalahari (200-300m)
Wat sal hy dan nou met 'n 9.3x62 doen  ;D ;D ;D ;D

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:28 am
by DWB
Sit 'n 180gr Impala in hom en jy is baas  ;D

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:30 am
by johnny
Die vurk

Ek stem 300 wm of short magnum, uitstekend vir kalari lang skote en vir doel van eland , blouwildbees ens backup is hy dooreg,

groetnis

Johnny

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:30 am
by BLOK
Die 300 sal dit seker kan doen, maar persoonlik sal ek ook eerder soos Karl doen of dalk n 375Ruger. Altwee kan lekker plat skiet en alby kan jy lig laai en swaar laai ook vir die groter diere.

Anders " koop n 204Ruger. Speed Kills" hahaha

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 9:35 am
by F.L.A.S.H
Ek dink die 300 sal werk. Maar persoonlik sal ek se 375ruger hy gaan baie lekker werk met 250g koels vir PH en lang skoote tot 300m

Net my 2c

Mooiloop

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 10:29 am
by Hercules Louw
Die Vurk

Ek sien op jou profile dat jy 'n Ruger man is.
Kry vir jou die Ruger African Rifle in 338 Win Mag, dit is meer die geweer vir 'n PH. (Sien Karl Stumfe, 'n PH, se opmerkings)
http://www.ruger.com/products/m77Hawkey ... 37152.html

Gelaai met 200gr of 225gr Nosler Accubond koe?ls, Barnes of iets soortgelyks sal dit alles doen wat jy vereis.

As jy in ag neem dat jy klaar scope ringe saam met die Ruger kry, en dat dit nog "Controlled feed" ook het, is die prys nie soveel meer as die Howa nie.

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:08 am
by Louis Kriel
F.L.A.S.H wrote: Ek dink die 300 sal werk. Maar persoonlik sal ek se 375ruger hy gaan baie lekker werk met 250g koels vir PH en lang skoote tot 300m

Net my 2c

Mooiloop
Jy's 'n wyse man!

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Fri Nov 02, 2012 11:52 am
by velskoen
Die .300 Win Mag gelaai met 200gr A-Frames teen 2830fps werk baie goed vir Gemsbokke in die Kalaharie en is ook doodreg vir Bosveldgebruik, maar bietjie getem na so 2750fps sal dit nog beter wees vir Bosveld.

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Fri Nov 02, 2012 3:10 pm
by Jean Marais
Vurkman

Ek stem saam met Hercules en Ludwig hierbo. 338 WinMag sal alles kan doen, en dalk self 'n bietjie meer as die 300WinMag.

Verder is die 338 kaliber reeds baie bekend as 'n hoogs akkurate kaliber.

Groete

Jean

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Fri Nov 02, 2012 3:47 pm
by Lourens
Ekt self 'n .300 en is 'n groot aanhanger, maar daar is net drie woorde: DRIE DRIE AGT!! ;D ;D ;D

Re: 300 wm vs Kameelperd...

Posted: Sat Nov 03, 2012 10:00 am
by Vurkster
Kerels....

Dankie vir julle insette...
Dit wil amper vir my lyk asof die 375 ruger die beste gaan wees, aangesien ek self herlaai.
Moet eerlik wees, daai 338 tickle my snare nadat ek bietjie navorsing gedoen het.
Gaan ook nie die 300wm afskryf nie, sal maar kyk hoe lyk die budget dan koop ek sommer almal (ek wens)!

Thanx julle!