Page 1 of 1
Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Wed Oct 31, 2012 8:46 pm
by Gernie
Naand Almal
Ek het met so ietsie op die kantlyn begin - Koop enige 'bargain' beeste, ou koeie en kallers. Is daar dk iemand wat my in die rigting kan wys na 'n weeklikse veilig of plek in die Gauteng omgewing waar ek sulke dinge sal kan koop?
Gernie
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Wed Oct 31, 2012 9:11 pm
by Sarel
Probeer "Die Ark Veilings" op die ou Warmbad pad so 10km vanaf Pretoria. Hulle het elke saterdag veilings
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Wed Oct 31, 2012 10:46 pm
by grumpy
In Kempton nabydie plek Wildebees verkoop hulle elke dag. Vandag gesien skape verkoop vir R 950. Kontak my as jy meer details wil he.
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Thu Nov 01, 2012 9:47 am
by Gernie
Dankie manne, sal bietjie daar loer.
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Thu Nov 01, 2012 8:30 pm
by Jacquesb
Matopie Veilings op die N1 noord van Pretoria by die Petronella Murryhill afrit.
Daar koop jy bees op die skaal. Jy weet dus presies wat die lewendige gewig is en jy kan uitwerk wat jy bereid is om te betaal per kilo.
Groete
Jacques
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Mon Nov 05, 2012 4:12 pm
by Gernie
Dankie Jacques
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Mon Nov 12, 2012 10:23 pm
by grumpy
Gernie, ek weet nie wat is die pad se naam nie maar sal jou verduidelik hoe om daar te kom.
Van Pretoria vat jy die eerste Benoni afrit. Gaan links na benoni tot jy by n groot kruising kom, jy sal sien daar is so klein dammetjie voor jou aan die regte kan by die robot, drai daar links en so paar 100m op jou regter kant sal jy sien hulle verkoop beeste , skape en bokke daar.
Hoop jy kom reg.
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Tue Nov 13, 2012 7:46 am
by Gernie
Baie dankie vir almal se moeite, waardeer. Sal bietjie die naweek daar probeer uitkom, is redelik besig in die week.
Gernie
Re: Waar in Gauteng - Beeste en kallers
Posted: Sat Feb 02, 2013 4:01 pm
by Bm
Kom jy reg met jou bargain beeste se aankope?