Page 1 of 3

Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:18 pm
by Raakgeskiet
Naand se

Ek wonder sommer wat se soort presse is gewild vir handwapens. Hoeveel van julle gebruik singel stage presse en hoeveel gebruik die turret tipe presse, en wat se soorte gebruik julle?
Laai bietjie foto's op dat ons kan sien met wat werk julle.
By voorbaat dank vir almal se bydraes!

PS. Hierdie is darem 'n bakgat forum!!!
Groete
Steve

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:44 pm
by atplay
Ek weet nou nie van "gewild", ek "gebruik-maar-wat-ek-het", maar hier is my Lyman single stage wat ouer is as wat ek is.  Dit is maar 'n tydsame proses, maar ek is mal daaroor ;D

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:49 pm
by Raakgeskiet
atplay
Jou plek lyk lekker ingerig. Daai press lyk of hy baie lekker kan werk, hy is lekker oop voor, niks wat in jou pad is nie.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 8:35 am
by SV MAD (Henk)
Hi Steve.
Sal vanaand 'n foto neem van my setup en more post.

Ek gebruik 'n turret press vir my handwapens (dit laai lekker vinnig) maar n single stage vir my gewere waar ek lekker akkuraat kan laai.

EK reken 'n turret press laai akkuraat genoeg vir handwapens (tensy jy nou OCD het en alles wil weeg en meet)

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:04 am
by Raakgeskiet
Sal gaaf wees Henk.
Ek het twee single stage presse vir die gewere, en oorweeg nou 'n turret press.
Wil net eers bietjie huiswerk doen. As ek kyk na die you tube video's lyk dit of die turrets baie lekker vinnig werk.
My plan is om daai 357 se loop lou warm te hou, so dit gaan dalk te lank vat met die single stage press.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:34 am
by Vlakvark
Ek het 'n RCBS 4X4 Auto progressive pres Maar as ek vandag moet koop sal ek vir 'n Dillon gaan

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:04 am
by G-force
Ek gebruik tans n Dillon 650 om 9mm parabellum te laai.
Hy werk onsettend mooi.Ek het ook nog n Dillon1050 full auto oppad.Gaan my 9mm oor skuif na hom toe en dan my 650 gebruik om 5,56/.223 te laai vir 3-gun shoots.
Hier is video clip en paar fotos toe ek net begin laai het.Doen nou maklik so 500 rondtes per uur.
Image
Image
Image

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:27 am
by Raakgeskiet
Shoe dit lyk na 'n ordentlike storie, kan sien hoekom die mense se dis die beste masjien wat jy kan koop.
As ek mag vra, wat kos so 'n setup?

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:30 am
by Beretta
G-force
Voorwaar n masjien eendag sal daar in my kamer ook so een wees
Beretta

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:35 am
by G-force
Raakgeskiet wrote: Shoe dit lyk na 'n ordentlike storie, kan sien hoekom die mense se dis die beste masjien wat jy kan koop.
As ek mag vra, wat kos so 'n setup?
Ek het so jaar terug omtrent R13500 betaal.Weet nie nou nie.My 1050 met al sy ekstras gaan oor die R20 000 kos.Maar dan laai ek lag lag 1000+ uur.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:38 am
by Beretta
Sekere goed bly altyd n bargain  ;D ;D  ;D ;D maak nie saak wat dit kos nie
Beretta

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:50 am
by Marc
Beretta wrote: Sekere goed bly altyd n bargain  ;D ;D  ;D ;D maak nie saak wat dit kos nie
Beretta
O ja verseker  ;)

As n man net by die befondsing kan verby kom  :'(

Nice setup daai Ge  8)

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 11:03 am
by Raakgeskiet
As n man net by die befondsing kan verby kom 

Dis nou net soos jy se.
Ek sal verseker na iets anders as die blou press moet kyk, as ek na daai pryse kyk.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 12:20 pm
by BRNO (Pierre)
Ge, kan n man nie daar by jou kom ammo koop nie?

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 12:25 pm
by G-force
BRNO .06 (Pierre) wrote: Ge, kan n man nie daar by jou kom ammo koop nie?
Jong dis mos teen die wet :(
Gee kaans,ek het kennis van n nuwe ammo vervaardiger wat besig is met groot planne.Sal julle op hoogte hou.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 12:31 pm
by BRNO (Pierre)
Gedink jy sal nou weer die reguit pad stap :angel:. Hou asb op hoogte van die nuwe vervaardiger. Sal dit spesifiek hand wapens wees?

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 1:02 pm
by G-force
BRNO .06 (Pierre) wrote: Gedink jy sal nou weer die reguit pad stap :angel:. Hou asb op hoogte van die nuwe vervaardiger. Sal dit spesifiek hand wapens wees?
Ja vir handwapens.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 1:13 pm
by SV MAD (Henk)
Net pistole of tel groot rollies ook?

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 1:23 pm
by G-force
SV MAD (Henk) wrote: Net pistole of tel groot rollies ook?
Nie seker nie maar sal try hoor.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Oct 30, 2012 1:39 pm
by atplay
Daai masjien is so mooi, ek kry sommer trane in my o?!!!

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Thu Nov 01, 2012 12:16 pm
by PaulM
Ek kry goeie diens uit my Lee stelle - 'n Turret press vir die langlope en 'n Pro-1000 vir die 9mm.
Eish, daai Dillon lyk darem heel pikant, hoor.....

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Fri Nov 02, 2012 7:21 am
by Jacques van Eeden
Hier is so vinnige foto.
Kan jy te veel h??
9mmP - Lee Load Master
40S&W en 38Spl en 223R - Lee Turret
Geweer Size - Lee Single stage
Geweer Bullet seat - Lee single stage

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Dec 25, 2012 8:35 pm
by Raakgeskiet
Paul
Vertel bietjie hoe ervaar jy die pro 1000 press.
Ek hoor die mense kla oor die primers wat nie altyd voer nie.
Sal jy die pro 1000 aanbeveel?
Groete
Steve

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Jan 29, 2013 3:24 pm
by PaulM
Steve,

Jammer ek laat hoor nou eers weer van my. 'n Rukkie lank uit sirkulasie gewees.  :-[

Ek het wel soms gekry dat die slagdoppies nie reg voer nie. Hulle lê mekaar vas in die
sirkelvormige houer, en gaan dan nie in die 'chute' af tot by die doppies nie.

Ek het egter die probleem opgelos deur die 'vibrator motor' van 'n selfoon agteraan die
'chute' vas te sit, met 'n drukknop skakelaartjie wat regs onder langs die press vasgesit
is. Elke keer wanneer ek afdruk en die handvatsel kom op sy laagste posisie, druk dit
die skakelaartjie raak en die vibrator 'krrrrrrr' vir so 'n half sekonde. Die doppies dans
letterlik in die houer soos wat hulle vibreer.

Ek het ander aand net oor die 300 rondtes gelaai sonder 'n enkele slagdoppie wat
vasgesteek het. Dit was vir my die een probleem van die Pro 1000, en dit is nou
geskiedenis. Ek reken jy kan maklik meer as 600 rondtes per uur laai sonder
om te jaag. Vir wat jy betaal, dink ek persoonlik dat die Pro 1000 definitief goeie
waarde vir geld is.

Hier is 'n foto van my hoekie. Ek sal later naby foto's van die modifikasie ook plaas.

Re: Wat se press gebruik julle vir handwapen laai

Posted: Tue Jan 29, 2013 4:52 pm
by Raakgeskiet
Paul m
Dit is nou 'n goeie plan. Sal graag die foto wil sien, baie dankie.