Page 1 of 1

200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:12 pm
by atplay
Dag almal,

EK soek so bietjie raad by die ingeligtes asseblief.

Die wet s? die volgende:

Firearms Control Act, 2000
Chapter 10 : Control of ammunition and firearm parts
91. Restrictions on possession of ammunition

1)        The holder of a licence to possess a firearm referred to in Chapter 6 may not possess more than 200 cartridges for each firearm in respect of which he or she holds a licence.

2)        The limitation in subsection (1) does not apply to:

a)        a dedicated hunter or dedicated sports person who holds a licence issued in terms of this Act
or any other holder of a licence issued in terms of this Act authorised by the Registrar to possess more than 200 cartridges for a firearm in respect of which he or she holds a licence on good cause shown; or

b)        the holder of a licence to possess a firearm issued in terms of this Act in respect of ammunition bought and discharged at an accredited shooting range.

http://www.acts.co.za/firearms/index.htm

Ek het Toegewyde Jagter en Toegewyde Sportskut status (en het reeds my verslag vir 2012 ingegee by SAJWV - onthou voor 31 Oktober 2012 asb), moet ek nog steeds aansoek doen via die SAPS 540 om meer as 200 rondtes per kaliber te besit?  Soos ek die wet as leek lees s? sub paragraaf a hierbo dat ek dit nie nodig het nie?

Ek luister graag ..

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:16 pm
by Danie Lombard .243
Jy het nie nodig om iets te doen t.o.v. verifikasie van jou ammo nie. Kyk op jou nuwe lisensie kaart, daar sal staan section 16 of section 15. Vir die seksie 16 lisensie se wapen kan jy meer as 200 rondtes aanhou per keer. Vir die artikel 15 is dit 200 en minder rondtes per keer.

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:18 pm
by G-force
Jy het net bewys nodig van jou toegewyde status,dis al.

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:30 pm
by atplay
Thx manne.  Gou my lisensiekaarte uitgepluk en almal is seksie 16 behalwe my .270, innie lewe in!  Groot moeite en stoei om daardie seksie 15 om te sit in 'n seksie 16?  (ek het die .270 lisensie gekry voordat ek TJ en TS status gekry het).

G-force - lekker terug Karoo toe verlang na julle trippie se foto's!

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Tue Oct 30, 2012 12:20 am
by G-force
atplay wrote: Thx manne.  Gou my lisensiekaarte uitgepluk en almal is seksie 16 behalwe my .270, innie lewe in!  Groot moeite en stoei om daardie seksie 15 om te sit in 'n seksie 16?  (ek het die .270 lisensie gekry voordat ek TJ en TS status gekry het).

G-force - lekker terug Karoo toe verlang na julle trippie se foto's!
Jy hoef nie daai kaart wat sec15 is te verander nie.Laat jou vereniging by wie jy toegewyd is n brief/sertifikaat uitryk aan jou as bewys.Dra n afskrif saam jou a jy daai kaliber gebruik.Dis al.
Ja die Karoo is iets besonders.

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Tue Oct 30, 2012 8:09 am
by muismaree
Altwee my gewere se lisensie is art 20 lisensies, conduct business in hunting. Ek het nie daarvoor gevra of aansoek gedoen nie, die goed het net so teruggekom. Geld die 200 rondte beperking vir my ook?

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Tue Oct 30, 2012 8:44 am
by Chevvy SS
The holder of a licence to possess a firearm referred to in Chapter 6 may not possess more than 200 cartridges for each firearm in respect of which he or she holds a licence.

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Tue Oct 30, 2012 1:07 pm
by muismaree
Dankie, ek fokus nie altyd soos ek moet nie. :)

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:39 pm
by Louis Kriel
muismaree wrote: Dankie, ek fokus nie altyd soos ek moet nie. :)
Drink daai Ritalin!

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Nov 19, 2012 1:04 pm
by velskoen
Indien jy toegewyde status het, maak nie saak as jagter of as sportskut of as beide nie, kan jy vir enige wapen waarvoor jy 'n lisensie het wettiglik meer as 200 rondtes besit, nie net vir 'n wapen wat onder artikel 16 gelisensieer is nie.

Om te se die vrystelling is beperk tot artikel 16 wapens is onsinnig. Dit staan nerens in die wet nie. Trouens, die teendeel staan ondubbelsinnig daar.

Ek weet sommige polisielede wil die wet so uitle dat net artikel 16 wapens die vrystelling geniet, maar moenie daarvoor val nie.

Re: 200 rondtes limiet - Wat s? die wet

Posted: Mon Nov 19, 2012 3:01 pm
by At308
velskoen wrote: Indien jy toegewyde status het, maak nie saak as jagter of as sportskut of as beide nie, kan jy vir enige wapen waarvoor jy 'n lisensie het wettiglik meer as 200 rondtes besit, nie net vir 'n wapen wat onder artikel 16 gelisensieer is nie.

Om te se die vrystelling is beperk tot artikel 16 wapens is onsinnig. Dit staan nerens in die wet nie. Trouens, die teendeel staan ondubbelsinnig daar.

Ek weet sommige polisielede wil die wet so uitle dat net artikel 16 wapens die vrystelling geniet, maar moenie daarvoor val nie.
Ek hoop werklik so, anders is ek in die 11 111 11 met .22 en 375...