Page 1 of 1

Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:02 pm
by shooter
Net vir die van julle wat nie gevolg het nie ek het by Wouter en Driepoot raad gevra met die regte resep vir my 308 tactical met n 20 duim loop. Op hierdie stadium het ek hornady 180 interbonds wat presies skiet en wat ek gaan gebruik om mee te jag. Ek soek egter n ligter en goedkoper punt om mee te speel en teiken te skiet. Ek sukkel ook om 155 CC punte te kry om te groepeer en dit is waar hul kundigheid my nou baie help. 

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:09 pm
by JACQUES BOTHA
BRING JOU LADING AF EN BEGIN BY 42GR 335 OP JOU 155 KOELPUNTE
OF GAAN NA VINNIGER BRANDENDE DRYFMIDDLE.
MAAR 335 BEHOORT TE WERK OF 341
BEHOORT REG TGE KOM DAAR
WERK MAAR STADIG OP EN KYK WAT SE DIE CHRONIE AS DIE SPOED NIE MEER OGAAN NIE, SPEEL MAAR NET MET SEATING DEPT..
HOOP DIT HELP
JACQUES

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:11 pm
by LUAN
Dit lyk of die Noslers hou van n jump of dis so in my geval. My gun groepeer met n 2.7mm jump met die 155gr CC.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:19 pm
by Witpietskiet
Stem oor die jump
Die Nosler CC hou van n jump en op my 308 skiet ek hulle met 1.5mm jump.
Ek het ook goeie groepe gekry met S335 met n 41.5gr lading maar die spoed was nie genoeg vir my kompetisie geweer nie en het op gegaan na 42.5gr. Maar moet by s? hy het n 30 duim loop.

Hoop jy kom reg.

Mooi loop

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:51 pm
by Danie Lombard .243
Shooter

Het jy die Remington met die swart kolf met 12" twist    of die een met die blou grys kolf met 10" twist ?
Ek ken die roere baie goed, ek en my vrou het elk een.
Die korter lope verkies vinniger kruit bv. S321 veral as jy die nodige spoed uit die geweer wil kry.
Ek het baie baie toetse gedoen met die 20" loop gewere, een se loop al kaar en gaar geskiet. Die 20" loop doen goed met 'n spoed van 2660fps met 'n 155gr match koeel.
Langer .308 lope werk goed met S335 maar gee nie die spoed soos dit moet wees met die korter 20" lope nie.

Seating diepte is die belangrikste faktor as dit by groepeering kom. Die Remington gewere het 'n langerige free bore. Speel rond met die koeel diepte en probeer gerus S321  Jy sal nie spyt wees nie.

Danie

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 6:50 pm
by shooter
Naand almal. Ek kom nou net van die baan af en ja met gemengde gevoelens. Het al julle raad nou net deurgegaan en vind dit baie insiggewend. Het weer met 335 gaan probeer met koeel .5 weg van landing en dit het nie so lekke gewerk nie. Het bietjie meer poeier gegee maar weet nie of dit genoeg was nie want het nie crony nie. Ek het ook 321 probeer ook .5 weg van landing af en ja dit het nie sleg gelyk vir die tweede en derde skote wat mekaar sny maar nr1 is so duim en bietji weg behalwe vir die derde groep wat een en twee weer naby aan mekaar is maar nr 3 weer duim weg. Ek skiet van n x bag af wat seker ook kan bydra en dan natuurlik die skut wat seker nog net drie keer in sy lewe drie skote inmekaar kon skiet. Oomblik raak te groot. Danie ek het gesien dat die 321 beter werk as die 335. Wouter , Driepoot en Ludwig dankie in besonder vir jul raad van nader aan lande ek dink dit het gewerk. Nou is dit net fyner detail. Ek glo dat jul daar ook sal kan help. Dankie vir die ander manne se raad. As ek dit reg kry sal ek groepe oplaai

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 6:51 pm
by shooter
Danie skies dis die een met grys kolf

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:13 pm
by Danie Lombard .243
Shooter

Ek weet die ander manne gaan dalk dink my kop is warm oor die raad wat ek nou vir jou gaan gee.
Die geweer wat jy het is erg sensitief vir bullet jump en die gewere hou van 'n koeel wat effe verder spring. Eksperimenteer gerus deur die koeel dieper te seat en kyk wat gebeur.
Ek ken daai ketties uit my kop uit. Al meer as 2000 skote geskiet met die blou gruis kolf soos jy het en al 9000 skote plus geskiet met die swart kolf een.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:46 pm
by LUAN
Hoor wat Danie se. Ek hou by n sekere lading en dan verkort ek die jump met .3mm inkremente vir elke 5 rondtes wat ek laai. As dinge dan begin goed lyk kan jy weer speel met bietjie minder of meer kruit.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Tue Oct 30, 2012 6:44 am
by shooter
More Danie en 303. Dankie danie vir die raad. Gaan dit beslis probeer. Op hierdie stadium is ek .5 weg en dit is net skoot nr1 wat nie op sy plek is nie . Twee en drie is in een lading inmekaar en die ander lading sny hulle. Ek glo dat die spoed uitgesort is. Gaan nou met seating speel.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Thu Nov 01, 2012 6:03 pm
by shooter
Dagse julle. Ek het daai punte bietjie dieper gedruk so1mm en groep het kleiner gewor na net omder n duim . Gaan hom nog so bietji dieper seat en kyk. Dankie Danie

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Nov 05, 2012 2:34 pm
by Danie Lombard .243
Daar's  hy Shooter

Bly jy begin verbetering sien in die groepe.

Almal glo dat 'n koeel se ogief nie verder as .5mm van die lands af moet wees nie en as dit nie so is nie sal die geweer nie gropeer nie. Dit is onwaar en 'n geweer se loop werk nie so nie. Party gewere werk net beter met 'n lang en ver bullet jump.
Gaan loer gerus na die lang free bore van 'n bv. 7X64  9,3X62 ens. Deur net na die reamer te kyk en te sien hoe lank die free bore is is dit duidelik dat sommige kalibers van 'n groot sprong hou om te groepeer.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Mon Nov 05, 2012 8:04 pm
by shooter
Naand se manne. Danie ja hy het beter groepeer en ek gaan hom more weer skiet dan sal ek verseker kan se of hy van n sprong hou of nie . Tyd sal leer. Ludwig ek stem saam met jou dat nie al die roere van jump hou nie ek het dit self al ondervind. Dis maar soos ons mense nie een is selfde nie elkeen is uniek. Ek gaan hom beslis nader as.5 aan lande ook probeer. Dit sal dom wees van my dink ek om nie al die kante te probeer nie. Ek laai maar om n goeie groep te kry en dan skiet ek maar my geweer reg.Dit is waar ek dan ver te kort kom teenoor die ander ouens want ek kry seker dan nie my optimale verrigting nie. Om eerlik te se ek is nog nie so ver gevorderd nie en beskik nie oor al daai kennis van jou nie maar ek leer graag en sal regtig dit wil baasraak want ek is skietmal en wil my gewere en myself tot op die limit toets en vat wat distansie en akkuraatheid betref. Ek glo dis elke ou se droom daai. Op die stadium kry ek regtig baie goeie resultate MAAAAR jy het nou iets in my wakker gemaak met jou woorde so ek hoop jy gaan baie geduld he want ek gaan baie vrae vra Ludwig

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Wed Nov 07, 2012 12:44 pm
by shooter
Het vanoggend weer die 308 gaan skiet en n 10.17mm groep op 100m gekry .6mm van lande af.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Thu Nov 08, 2012 8:03 pm
by Christiaan
Shooter,

Baie geluk, siende dat ek ook een aangeskaf het is ek baie bly om te lees dat jy reggekom het.

Kan jy vir ons bietjie meer inligting gee oor jou patrone / lading.

Watse doppe, punte, primer het jy gebruik? Jou lading en TPL?

Jammer vir al die vrae, maar ek probeer so bietjie kortpad vat.

Jy moet bietjie n foto gaan opsit by die papier bok tema, jy kan maar bietjie brag met daai groepering.

Christiaan.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 8:46 am
by shooter
More almal. Eerstens wil ek vir Danie , Wouter en Ludwig in besonder bedank vir hul bydrae om my 308 presies reg te kry. Sonder julle leiding sou ek nou nog gesukkel het en baie geld uitgeskiet het. Het vanoggend saam n maat die koele deur n chrony gegooi en die gem spoed was 2610. Ek dink di naby genoeg aan 2660. Die groepe is pragtig. Baie dankie aan julle ek waardeer regtig en ek weet my seun gaan ook.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 8:56 am
by shooter
Christiaan dankie maar daar moet eers n bok val voor ek heeltemal tevrede sal wees. Ek het lapua doppe gebruik met cci 200 primers. Ek gebruik 155 nosler cc koels. My kruit is 321 en ek het op 42.5 my mooiste groepe gekry. As ek reg gemeet het is my tpl 58.30. Ek is .6mm weg van lande af. Ek het vanoggend 44gr ook gechrony en dit het 2700 gehardloop maar wou nie group nie. Ek het 335 ook probeer maar kon dit gekry het dat dit werk nie toe stel Danie voor dat ek 321 gebruik. Ek weet egter nie wat die 335 se spoed sal wes nie maar gaan dit beslis later ook meet om te kyk hoe ver ek van die node af weg is. Ek het ook 180gr hornady interbonds gelaai met 38.5 gr 335 en dit het nog kleiner gegroep maar is bietjie duur vir speel en sal hulle vir jag gebruik. As ek nog iets leer stuur ek dit vir jou aan. Asb die ladings is ladings wat vir my gewerk het so wees maar versigtig. Lekke dag

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 10:27 am
by Christiaan
Shooter,

Dankie vir al die besonderhede, dit gee vir my baie goeie idee waar om te begin, het gedink aan so 1-2gr ligter te gaan en maar op te werk van daar af. Als hang seker af wat die Chrony se.

Ek se nou begin maar ek het nog nie eens besluit watse gewig koe?l om te gebruik nie, ek is baie lus om die 140gr Norser CC te probeer vir papier skiet, weet net nie of so ligte koe?l sal stabiliseer in ons loop profiel nie.

Dis waar jy moet eers bloed trek voor daai geweer ordentlik ingewy is. Hopelik hoef jy nie te wag tot volgende jag seisoen om dit reg te kry nie.

Groete,

Christiaan

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 4:00 pm
by Danie Lombard .243
Bly jou .308 loop mooi Shooter.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 5:09 pm
by shooter
Christiaan nou praat jy. Ek werk aan daai bok maar wil eers regte papiere kry voor ek ook n boete van R100000 kry. Het darem n plekkie waar nog klompie blesse moet af so ja ek glo ek en SSS sal die 23ste ietsie gaan dood as natuurbewaring ons mooi help. Ek is nie seker van daai 140gr ouens nie maar ek glo Danie sal dalk daar ook kan help hy het twee. Maar hoor gerus by Wouter en Ludwig oor wat hulle dink. Tussen hulle drie het my roer mooi uitgewerk.

Danie nogmaals dankie vir jou bydrae 

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 5:13 pm
by shooter
Danie ek lees op die ander post dat jy die 110gr vmax ook uit jou 1en10 twist geskiet het met die kort loop. As ek reg gelees het begin ek met 130gr se begin lading van 321.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Fri Nov 09, 2012 9:06 pm
by Danie Lombard .243
@ Shooter

YIP  Ek skiet die 110gr V Max koeels in my 12" twist 26" loop .308 en nie in my vrou se kort loop .308 nie.
Die kort loop geweertjie wil nie die 110gr koeeltjies teen die regte spoed lanseer nie. Dit het tot gevolg dat die ligte koeels baie swak vaar op 300 meter en verder in die kort loop geweer.

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Sat Nov 10, 2012 12:11 pm
by shooter
Ag dis nou n blik.... Sou noggal gelaaik het om daai outjies te kon skiet maar nou kla ek met witbrood onder arm. Daai 155 loop regtig mooi en dankie nogmaals

Re: Hulp met Remingtong SPS TACTICAL 308

Posted: Tue May 06, 2014 10:05 am
by belinda1966
Danie Lombard .243 wrote:Shooter

Het jy die Remington met die swart kolf met 12" twist    of die een met die blou grys kolf met 10" twist ?
Ek ken die roere baie goed, ek en my vrou het elk een.
Die korter lope verkies vinniger kruit bv. S321 veral as jy die nodige spoed uit die geweer wil kry.
Ek het baie baie toetse gedoen met die 20" loop gewere, een se loop al kaar en gaar geskiet. Die 20" loop doen goed met 'n spoed van 2660fps met 'n 155gr match koeel.
Langer .308 lope werk goed met S335 maar gee nie die spoed soos dit moet wees met die korter 20" lope nie.

Seating diepte is die belangrikste faktor as dit by groepeering kom. Die Remington gewere het 'n langerige free bore. Speel rond met die koeel diepte en probeer gerus S321  Jy sal nie spyt wees nie.

Danie


Danie,

Stuur my asb n kontak nommer of e-mail adres.
Groete
Philip Moolman
0828807867