Page 1 of 1

Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Oct 26, 2012 5:46 pm
by Herman Huyser
Manne, ek het hulp nodig met 'n lading ontwikkeling en COL vir my Howa 1500 SS 30.06.

Ek gebruik die volgende:
- Nosler Custom doppe
- CCI 200 primer
- S365

Howas spec:
- loop lengte 22"
- twist 1:10

Vir papier skiet gebruik ek Nosler BT 165gr, en vir jag doeleindes Nosler Accubond 165gr.

Nou my vrae:
1. hoeveel S365 vir die twee Nosler koe?ls
2. en wat moet my case overall lenght (COL) wees.

Ek is nie hier op soek na die hoogste spoed nie, maar wil 'n kombinasie probeer kry vir jag op afstand van 100m to 300m (met die accubonds)

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Sat Oct 27, 2012 8:55 am
by tripodmvr
Elke geweer is 'n unieke platform - jy sal self jou TPL (COL) moet bepaal vir elke koe?l wat jy daarin gebruik. Metodes daarvoor is al vele kere bespreek. Gebruik TPL in die search funksie. Kyk ook na die "Riglyne vir Quick Load" om inligting deur te gee sodat ladings bereken kan word.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Mon Oct 29, 2012 6:23 am
by Herman Huyser
@tripodmvr, baie dankie, sal so maak.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Thu Nov 22, 2012 4:51 pm
by Swys14
Herman ons is tans in die selfde boot, ek gaan ook AB 165gr laai vir my Howa...sal binnekort n QL vraag ook vra, sort nog eers my hardeware uit...die COL wat ek gaan mee begin vir daai combo is 84.60mm (dis so 1mm vd lande - maar ek nog dit nog BAIE toets om seker te maak van my Absolute max tpl), maar soos die manne se elke man moet dit self bepaal vir sy spesifieke kombinasie van geweer en koeel. Watch the space.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Thu Nov 22, 2012 5:15 pm
by Herman Huyser
Swys, dankie, ek het al die data, behalwe die speod met twee ladings oor 'n crony, sal by die baan iemand groot guns moet vra om oor crony te kan skiet.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 6:23 am
by BRNO (Pierre)
Ek is ook bereid om te help. Ek het lank gestoei met my lading aangesien dit die eerste geweer is waarvoor ek gelaai het. Uit my Brno 30-06 met 24" loop, gebruik ek Nossler Accu Bond 165gr, 56,5gr S365, en my TPL is 83.5mm, dit is n sprong van 1,95mm tot by die groewe.

Wat ek kan byvoeg, is lees drie keer deur al die herlaai data op die forum. Dit is meer werd as enige herlaai boek vir jou kan gee. Ek het ook lank daarteen geskop, maar bele in n chrony. Jy moet elke skoot wat jy skiet deur n chrony skiet, en elke skoot wat jy skiet dokumenteer.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 6:49 am
by Herman Huyser
Pierre, dankie vir die aanbod. My 30.06 is nog nuut, vroeg hierdie jaar gekry. Gou van die os op die jas, ek het nog nie met die 165gr Accubonds gejag nie, sover nog net een gemsbok platgetrek met 150gr Winchester powerpoints (sal hulle nooit weer koop/skiet nie). Wat is jou ervaring van die 165gr Accubond? Nou moet ek byvoeg dat die 30.06 vir gemsbok tot eland gebruik gaan word en die .243 vir alles kleiner as gems. Ek beplan om volgende jaar 'n eland huis toe te bring, maar gaan die 165gr AB's die werk kan doen?

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 7:08 am
by tripodmvr
Herman Huyser wrote: Pierre, dankie vir die aanbod. My 30.06 is nog nuut, vroeg hierdie jaar gekry. Gou van die os op die jas, ek het nog nie met die 165gr Accubonds gejag nie, sover nog net een gemsbok platgetrek met 150gr Winchester powerpoints (sal hulle nooit weer koop/skiet nie). Wat is jou ervaring van die 165gr Accubond? Nou moet ek byvoeg dat die 30.06 vir gemsbok tot eland gebruik gaan word en die .243 vir alles kleiner as gems. Ek beplan om volgende jaar 'n eland huis toe te bring, maar gaan die 165gr AB's die werk kan doen?
Om enige dier te dood moet jy genoeg skade aan die lewensorgane aanrig. Die koe?l moet dus deur hulle beweeg om dit reg te kry. Met "bonded" koe?ls en mono's is diep penetrasie nie 'n probleem nie. Ek het al 'n jong elandbul met skuins skoot van voor met 150gr Barnes TSX gedood. Die 165gr Accubond sal die werk doen as jy dit reg plaas.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 8:28 am
by BRNO (Pierre)
Wat oom Driepoot se is waar, neem dit ter harte. My eie ondervinding het ek die afgelope jaar n koedoe koei met n nekskoot laat neerslaan soos n os, en n gemsbok met n hart long skoot slegs vyf meter ver gedraf toe slaan hy ook neer. 80% gewigs retensie op die gemsbok se koeel. Ek sal sonder skroom die 165gr op n eland gebruik.

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 12:07 pm
by Swys14
BRNO .06 (Pierre) wrote: Wat oom Driepoot se is waar, neem dit ter harte. My eie ondervinding het ek die afgelope jaar n koedoe koei met n nekskoot laat neerslaan soos n os, en n gemsbok met n hart long skoot slegs vyf meter ver gedraf toe slaan hy ook neer. 80% gewigs retensie op die gemsbok se koeel. Ek sal sonder skroom die 165gr op n eland gebruik.
dis goeie nuus daai

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 1:30 pm
by Herman Huyser
Dankie manne, dit geen my net meer gemoedrus,
1. dat 30.06 as eerste geweer die regte geweer is
2. 165gr Nosler AB's die vrieskas gaan volmaak volgende jaar

Re: Howa 30.06 Nosler Bt & Accubond 165g data gesoek

Posted: Fri Nov 23, 2012 1:59 pm
by BRNO (Pierre)
Herman Huyser wrote: Dankie manne, dit geen my net meer gemoedrus,
1. dat 30.06 as eerste geweer die regte geweer is
2. 165gr Nosler AB's die vrieskas gaan volmaak volgende jaar
As jy jou deel doen, is dit so seker as wat ons in die volgende ses weke een of ander staking in die land gaan he. ;)