Page 1 of 1
Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 2:38 pm
by James Wilson
ek het met n sekere wapen al baie poi toetse gedoen op verskillende afstande. die geweer herhaal hierdie toetse se resultate so te se sonder uitsondering. die geweer is oor 2 crony's getoets en op die ergste verskil die lesings met 20f/s. die balisties programme(een van swarovski en die ander bullet flight) verskil so 0,5duim met hulle analise van die poi op 300m. die programme voer natuurlik alles in soos spoed ,bc ,druk ,temp koeel gewig ens ens.
die plek waar ek konstant die poi kry en die plek waar die programme voorstel verskil van so aard dat ek nie op die programme kan staat maak nie. bv, die poi en die program se analise verskil in hoogte met mekaar op 300m met 14cm.
ek glo egter dat die geweer is konstant en die twee programme stem weer met mekaar ooreen, dus moet die programme waarskeinlik net gekalibreer word?? ek sien egter nie kalibrering opsie op die programme nie. is daar enige voorstelle of tips? toets julle gereeld die poi teenoor die programme se aanduidings?
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 2:49 pm
by tripodmvr
Werklik geskiete trajek - is dit ho?r of laer as voorspel deur berekening?
Verskyn die tipe koe?l in die ballistiese berekening - Quick Load dra byvoorbeeld die data oor na Quick Target en dit sluit die koe?ldata (Sierra, Barnes ens) in.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 3:33 pm
by James Wilson
Tripod, ek moes gese het die koel tref laer as die voorspelling. Die programme het my koeel se data.
Ludwig, ek sal weer na daardie faktore gaan kyk. Ek het my gps gebruik om hoogte te bepaal. Verder het maar die net gebruik om die humiditeit te gee. Ek het die scope se hoogte nie veel nabtragting gegee nie en sommer so op 2 duim geskat. Alhoewel ek dink dit is nie ver uit nie. Ek gaan weer daarna kyk. Asook die bc soos jy dit verduidelik het.
Toets julle jul gewere teenoor die rekenaars?
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 3:45 pm
by James Wilson
Ek verstaan, my bekommernis is dat die verskille vir my te groot voel maar ek gaan alles opvolg. Gaan nou eers n trailcam stel en n var vermoor
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 5:14 pm
by spekieries
Ludwig
Die teleskoop se hoogte is dit aan die onderkant van die "Tube" voorste lens se onderkant of die middelpunt van die "Tube" m.a.w. in die middel van die voorste lens. Ek vermoed dit is laasgenoemde.
Help asb.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 7:43 pm
by bullseye
James maak seker van jou scope se verstellings ,hoeveel n click is op 100m ,as dit verkeerd is is alles deurmekaar ek het dit verkeerd gedoen in begin (ek leer stadig) net n gedagte.
Bullseye
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 8:32 pm
by Piet Breedt
Ek stem saam Ludwig, as jy jou program (Bullet Flight) saam jou Kestrell gebruik, is hy verstommend akuraat
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Fri Oct 26, 2012 11:16 pm
by James Wilson
Ok, ek het nou met die programme gespeel. As ek met die veranderlikes speel dan kry ek so n 1 .19 cm verbetering op my poi teenoor my calculators. Al skryf ek die druk en die hoogte en die temp na defaults setting toe, dan is daar maar so n ,75 duim verbetering. Ek kan tans nie n omgewing sien waar die calculators en die ware pio met mekaar kan versoen word nie, die verskille is net te groot..
As ek die goed web search dan sien ek my probleem is nie uniek nie.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Sat Oct 27, 2012 8:00 am
by tripodmvr
James
'n Mens moet hier baie versigtig wees.
Kom ons bepaal eers jou stelling dat die teorie en die praktyk nie by mekaar kom nie.
1. Het jy jou geweer gezero op s? 200 meter en toe gekyk wat se val jy op 300m kry?
2. Het jy die teleskoop verstel vir elke afstand en toe verskille waargeneem?
In die eerste geval kan daar 'n probleem wees met 200 jaarts en 200 meter in die bereken deel van die program. Netso moet jy verseker dat die afstande wel korrek is waaroor jy geskiet het (afstandmeter)
In die 2 de geval is die jaarts teenoor meter nog steeds iets om in gedagte te hou asook die werklike verskuiwing a.g.v. die verstelling op die teleskoop.
In beide gevalle sal die akkuraatheid van jou geweer ook 'n groot rol speel. Met 'n 4 duim groep op 300m is die verskille wat jy tans gekry het amper in daardie orde.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Sun Oct 28, 2012 8:12 pm
by James Wilson
tripodmvr wrote:
James
'n Mens moet hier baie versigtig wees.
Kom ons bepaal eers jou stelling dat die teorie en die praktyk nie by mekaar kom nie.
1. Het jy jou geweer gezero op s? 200 meter en toe gekyk wat se val jy op 300m kry?
2. Het jy die teleskoop verstel vir elke afstand en toe verskille waargeneem?
In die eerste geval kan daar 'n probleem wees met 200 jaarts en 200 meter in die bereken deel van die program. Netso moet jy verseker dat die afstande wel korrek is waaroor jy geskiet het (afstandmeter)
Dankie Driebeen. Die toetse is op n baan gedoen so die afstand is korrek. Ek verstel nie aan my scope nie. Nie aan die turrets nie en ook nie aan die zoom nie. Die geweer is op 250meter gezero en die balistiese programme se dan sal die val na 300meter( nie yards nie) 8cm. Die werklikheid is dat die geweer se laagste koeel op n 5 skoot groep dan 22cm is. Nou dit is n afwyking van so 64%.
my eerste gevoel bly dat dit te n groot afwyking is. Maar met alles wat jy en Ludwig genoem het sal ek dit eers kan bepaal as ek alles beproef het.
Het jy al jou ware poi getoets teen die programme?
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Sun Oct 28, 2012 9:12 pm
by tripodmvr
James
Ek is in die meetw?reld en daarom weet ek dat die bane baie maal nie reg uitgesit is nie. Kyk of jy afstandmeter kan kry en maak seker van die feite. Toets al die afstande.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Sun Oct 28, 2012 10:28 pm
by James Wilson
Ek gaan so maak
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 8:53 am
by James Wilson
die skietbaan op ons dorp het in onbruik geraak nadat die komando dit opgegee het. ek het n tender ingesit so 18maande terug en is ek nou die nuwe huurder van die baan. die baan is maar net vir 300m uitgemeet, maar is daar spasie om die baan te verleng tot op 900m. ek het nog nooit die afstande op die baan bevestig nie, maar dit netso aanvaar. sal dit verseker bevestig.
ek sal maar moeilik wegbeweeg van die 250 zero. op 250zero skiet die geweer 22cm laag op 300m en op die hoogste skiet hy 3cm hoog in sy trajek. maw van 0-300m gaan my kruis nooit "uit" n jakals se lyf as ek op hom mik nie.
dit is natuurlik die ander groot arwyking. die program wys ek gaan 6cm hoog skiet op 150m terwyl ek slegs 3cm hoog skiet??? sal meer weer alles gaan toets. hierdie toetse en programme sal maar eers n bietjie op die "backburner" skyf aangesien dit nou primetime is op die varke en die jakke.
Ludwig hoe vergelyk jou balistiese program met jou poi? was dit van die begin af reg of moes jy bietjie tweak?
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 9:03 am
by Wouter Roets
James
Hoe meer ek hier lees hoe meer se my kop vir my dat jou hoogte van jou teleskoop uit is met jou berekeninge. Dit lyk of hy hoer is as wat jy op die program ingesit het. Hierdie groot verskille waarvan jy praat kan nie wees agv n paar meter wat die skietmerke op die baan uit is nie, in elk geval nie op die kort afstande nie.
Groetnis
Wout
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 10:00 am
by Piet Breedt
Daar is net een manier om die programme reg te laat werk, en dit is om n 100m zero te gebruik, en dan jou clicks te tel na die ander afstande soos wat die program aandui. Daar is te veel veranderlikkes wat jou data wat jy inlaai op die program afekteer as jy op langer afstande wil zero.
Ek gebruik n 100m zero op al my gewere en dan is Bullet flight verstommend akuraat. Maak net seker dat jou 100m zero presies ge zero is, en nie "more or less" nie.
Die data wat jy hom voer moet ook absoluut akuraat wees, soos scope hoogte, regte BC, ware spoed ens.
Jy kan nogsteeds jou 250m zero gebruik, tel net hoeveel clicks dit vanaf jou 100m zero is. Dit is tog waarvoor jy die program aanwend.
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 10:55 am
by JWO
James
Ek gebruik sommer JBM Ballistic se Trajectory Calculator:
http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmtraj-5.1.cgi
Ek skiet .243 met 95gr Berger Match VLD @ 3200 fps. Ek het vir my tabelle uitgeprint tot op 1000m. Ek het dit al getoets tot op 750m en die data was spot on. Die tabel het gewys ek moet 14.8 MOA opstel en toe ek eers die wind reg het kon ek 'n 200mm ghong 4 keer raaksiet uit 8 skote. Die hoogte was elke keer reg, maar die wind verander gedurig.
Hoop dit help.
Groete
Jacques
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 11:47 am
by James Wilson
manne danki ek gaan as ek weer op die baan is die ipad en die geweer saamvat dan gaan ek nie die baan de afmetings vertrou nie en alles uitmeet met n maatwiel. van die boere in die omgewing het so n mobiele weerstasie ek sal hom vra om saam te kom. ek bly glo dat as twee van die programme grootliks met mekaar saamstem dan moet ek net finetuning. maar as die baan nie reg uitgemeet is nie le die hele probleem(of n n groot gedeelte) van die probleem net daar alleen.
Ludwig gaan gou vir jou n pm stuur
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 12:48 pm
by swc-tr
James Wilson wrote:
die skietbaan op ons dorp het in onbruik geraak nadat die komando dit opgegee het. ek het n tender ingesit so 18maande terug en is ek nou die nuwe huurder van die baan. die baan is maar net vir 300m uitgemeet, maar is daar spasie om die baan te verleng tot op 900m.
James
Watter dorp in die VS?
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 12:53 pm
by BLOK
Cristiana
Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 12:57 pm
by James Wilson
BLOK wrote:
Cristiana
sawc-tr, ja Blok is reg dit is Christiana, daar is nie n dorp daarnaby nie

Re: Ballistiese computers vs Real world-verskille
Posted: Mon Oct 29, 2012 1:00 pm
by James Wilson
Wouter Roets wrote:
James
Hoe meer ek hier lees hoe meer se my kop vir my dat jou hoogte van jou teleskoop uit is met jou berekeninge. Dit lyk of hy hoer is as wat jy op die program ingesit het. Hierdie groot verskille waarvan jy praat kan nie wees agv n paar meter wat die skietmerke op die baan uit is nie, in elk geval nie op die kort afstande nie.
Groetnis
Wout
Wout, jy is reg ek het n bietjie gaan speel met dit op die program en die verskil is baie meer as wat ek verwag het.