Page 1 of 1
Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 10:15 am
by Frederik
Is daar enige goeie en veilige visvang spots nog oor naby in en om PTA en JNB ?
Ek is soort van besig om my swaar se Bachelors te reel en ons gaan so 10-12 manne wees een aand oorkamp en bietjie visvang.
Met die weer wonder ek of ons nie dalk 'n plekkie moet kry wat dak ook het nie ?
Enige idees is welkom nie almal gaan visvang meer vir die kuier.
Waardeer julle terugvoer.
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 10:56 am
by RUPERT
Kontak Rietvlei dam.Hulle het n charlly wat julle kan huur en is weg van die res van die publiek.
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 10:58 am
by Frederik
Ek het gedink aan hulle maar wil dream ietsie vang net die grotes byt daar en jy moet lank wag. Dankie Rupert
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 11:08 am
by Eugene
Frederik wrote:
Ek het gedink aan hulle maar wil dream ietsie vang net die grotes byt daar en jy moet lank wag. Dankie Rupert
Wat wil jy dan vang?
Lyk my jy gaan een of ander boer se koedoe kalfies vermoor volgende seisoen...

Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 11:22 am
by Frederik
Eugene die manne sit daar vir dae en vang dalk een maar dan is hy naby 20kg so ek moman nie maar ent vir een dag en nag is dit te veel moeite om die stokke saam te vat. Sal happy wees met klomp kleitjies net vir bietjie aksie.
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 11:27 am
by Eugene
Frederik wrote:
Eugene die manne sit daar vir dae en vang dalk een maar dan is hy naby 20kg so ek moman nie maar ent vir een dag en nag is dit te veel moeite om die stokke saam te vat. Sal happy wees met klomp kleitjies net vir bietjie aksie.
Ek weet presies wat jy bedoel, ek trek maar net bietjie jou been!
Ek kan jou nie help nie, want ek ken nie plekke daaikant toe nie...
Groete, hoop jy kom reg!
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 12:44 pm
by Frikkiedbr
Frederik, probeer hengelaars friend by roodekopies.
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Fri Oct 26, 2012 12:48 pm
by Frikkiedbr
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Mon Oct 29, 2012 11:35 am
by Lourens Potgieter
Frikkie, hengelaarsvriend is by Roodeplaat, nie Roodekoppies nie. Op die Moloto pad net Noord van Pretoria.....
Meeste van die plekke raak maar moeilik as 'n man kuier en so bietjie raas....
Hengelaars hou nie van bachelors nie, het al gesien dat dinge lelik raak....net soos jag meng hengel en die voggies nie regtig nie....
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Mon Oct 29, 2012 2:57 pm
by Frikkiedbr
Oops ja Jy is reg Deeg, Jammer dis by Roodeplaat dam

Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Mon Oct 29, 2012 3:11 pm
by Kallie404
Yes Frederik
My oom en tannie het n bakgat kuier/visvang plek net-net buite Meyersdal/Alberton. Mooi chalets en lekker groot damme, plek is omhein en toegang beheer word toegepas. As jy belangstel , PM my vir die nommer. Die plek is moerse gewild, vat n kans en miskien is jy gelukkig.
Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Mon Oct 29, 2012 4:55 pm
by Nickvn
Frederik wrote:
Is daar enige goeie en veilige visvang spots nog oor naby in en om PTA en JNB ?
Ek is soort van besig om my swaar se Bachelors te reel en ons gaan so 10-12 manne wees een aand oorkamp en bietjie visvang.
Veilige plek?

Klink my julle moet n "veilige" plek soek om die publiek te beskerm teen julle na die party.

Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Tue Oct 30, 2012 6:49 am
by Frederik
Nick, ons is darem nie so rof nie plus ek sal die oudste ook daar wees en die ander manne bietjie dophou.
Kallie stuur vir my die info asb.
Fcocquyt@gmail.com
Frikkie daardie plek op die vaal lyk goed maar is vol tot einde Januarie.

Re: Veilige visvang spot vir 'n groep manne.
Posted: Tue Oct 30, 2012 8:57 am
by Nickvn
Hi Federik, ja ek spot maar net n bietjie. Julle moet dit geniet en ek hoop julle kry bietjie vis ook gevang.