Page 1 of 1

Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 11:02 am
by Smirre
More
Roep gisteraand die jakkie in naby waar hy 'n kalf van my help vreet het.
Hy kom mooi op 'n drafstap in en net toe ek hom wil stop en skiet,,,, sien die bogger my en hardloop na 'n bos so 200m van my af weg.
daar gaan sit hy,, en hy sit
hy kom nie weer uit nie en loer net so nou en dan deur die bos

Ek het stil gebly vir 10min plus
Toe weer  boomrot gespeel,,, hy sit

Het gelukkig in die tyd uitgewerk as hy op 'n sekere plek vir my loer kan ek hom skiet.
Hy ry toe saam huistoe en daar is kalfsvleis en hare in sy pens!!

Smirre

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 12:59 pm
by NUNAB
mooi man, nog een minder.

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 1:45 pm
by Gerhard
Smirre wrote: More
Roep gisteraand die jakkie in naby waar hy 'n kalf van my help vreet het.
Hy kom mooi op 'n drafstap in en net toe ek hom wil stop en skiet,,,, sien die bogger my en hardloop na 'n bos so 200m van my af weg.
daar gaan sit hy,, en hy sit
hy kom nie weer uit nie en loer net so nou en dan deur die bos

Ek het stil gebly vir 10min plus
Toe weer  boomrot gespeel,,, hy sit

Het gelukkig in die tyd uitgewerk as hy op 'n sekere plek vir my loer kan ek hom skiet.
Hy ry toe saam huistoe en daar is kalfsvleis en hare in sy pens!!

Smirre
Geduld....  8)

Mooi skoot!!!

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 1:48 pm
by VdWalt
Smirre wrote: hy kom nie weer uit nie en loer net so nou en dan deur die bos
;D

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 3:43 pm
by johann
Mooi man!!

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 6:07 pm
by Pvdw
Smirre, Taffie het my noudiedag ges? dat as jy dink jakkie is slimmer as jy is hy heel moontlik. ;D

Jy het nie daai een kaans gegee om jou deur die ore te werk nie so jakkie was toe nie slimmer as Smirre nie ;)

Peet

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:52 pm
by Marc
Mooi gemaak  8)

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Tue Oct 23, 2012 9:12 pm
by grumpy
Watse punt het jy gebruik?
Het jy deur die takke geskiet?
Het die punt nie rigting verander nie?

Maak net n grap!! ;D

Dit lyk en klink baie lekker en sal graag saam met iemand wil gaan een dag en die aand saam spandeer en sien hoe mooi smile hy as hy bakkie kan verniet ry!!

>:(

Re: Jakkals speel wegkruipertjie

Posted: Wed Oct 24, 2012 12:27 pm
by stan man
so twee weke terug gaan ek skiet in n man se buffel kamp. ek roep jakkals en na so 15 min sien ek hom in  kom. ek het so honderd meter vanaf n koper springbok wat die vorige aand gevang is gesit en roep. in die tussentyd loop die buffels rond en moet ek mooi oplet in die klas.die jakkals het op so 160 meter gaan staan en rondkyk. die volgende het hy gaan le en het nie eers ore gedraai as ek roep nie. smaak dit toe vir my die gedierte is gehoor gestremd. die buffels het so 5 meter van hom af verby geloop toe staan hy eers weer op. die laaste buffel was so 10 meter van hom af weg toe ek hom piets. met die kd op het die buffels net rustig aangestap.

ek het sy pens oopgesny en die was vol,maar en bedoel oorvol vleis en springbok hare. die jakkals was so 4 en n half jaar oud en het 10.16 kg geweeg.

ek het nog nooit n jakkals gekry wat gaan le as jy roep nie