Page 1 of 1

Meopta

Posted: Mon Oct 22, 2012 8:04 pm
by Erni
Naands? almal

Ek wil graag weet hoe Meopta telleskope opweeg teenoor ander europese make soos Swarovski, Zeiss en Shmidt&Bender.
Is daar manne wat ervaring rondom hierdie telleskope het? Ek stel belang in die Meostar 3-12x56 (4b Kruishaar) en Meostar 4-16x44AO (Z-plex). Dit lyk na top gehaalte telleskope op die "websites". Enige trugvoer sal waardeer word.

Groete
Erni

Re: Meopta

Posted: Mon Oct 22, 2012 8:54 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse Enri

Ek self het nie baie ervaring nie maar een van my vriende het Meopta gebruik op sy voorlaaier,300 win asook 308.Dit is n teleskoop wat sy verstellings hou en van die bestes waarmee ek nog geskied het.

Groete
Kobus

Re: Meopta

Posted: Wed Oct 24, 2012 10:16 am
by klipspringer
Hello Erni

Ons ondervinding met die Meopta Meostar teleskope is die volgende:

1. Afwerking en boukwaliteit is vergelykbaar met die beste S&B, Zeiss, Swarovski, Kahles ens.
2. Verstelling is akkuraat en herhaalbaar.
3. Ligdeurlating is uitstekend en vergelykbaar met die beste.
4. Beelddefenisie is baie goed en beter as baie, maar die beste teleskope van die make hierbo genoem is hier 'n kort kop voor.

Die Meopta teleskope is goed geprys.

Groete

Jan

Re: Meopta

Posted: Wed Oct 24, 2012 6:10 pm
by Fanie Nel
Erni jy kan met geruste hart meopta koop, ek het al my gewere meopta en is nie eendag spyt nie

Re: Meopta

Posted: Sun Oct 28, 2012 7:22 pm
by sakkievanheerden
Erni
Jy kan maar koop.
Groete
Sakkie van Heerden