Page 1 of 2
Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 9:00 am
by BLOK
Ek dink nou julle kan sien waar ek met my vorage twee polls heen beweeg het.
Na die poll oor wat was jou verste skoot al op n bok het 52 gestem vir skote verder as 400meter, die verhouding verskieters was ook redelik hoog met 52 teen 129.
My tweede poll was oor wie sal n skoot op n bok vat op die verder afstande, die poll hardloop nogsteeds maar soos resultate nou lyk is die meerderheid bereid om dit te doen mits hul toerusting en opleiding 100% is. 35 het gestem vir verder as 400m teenoor die 20 vir afstande korter.
Ek dink dit is duidelik dat hier n gaping is in die jag bedryf wat glad nie coverage (as ek dit so kan stel) kry nie. Kyk net hoeveel manne stel belang en verstommend hoeveel het al geslaag nie eers gepraat van die wat al probeer het nie.
Dit het my laat wonder is hier nie n geleentheid vir n veldskiet tipe kompetiesie om vir die manne ook nie. Ek dink net as dit ook as n sport beoefen gaan word dit die wat reeds sover skiet en probeer asook die wat virseker in die toekoms gaan probeer net n beter kans gaan gee om dit reg te doen.
Ek weet nie kom ons hoor wat se die res dink julle ons moet so kompetiesie reel of dink julle nie so nie.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 9:13 am
by JACQUES BOTHA
Blok
Vra vir piet breed hoe het die verskiet ding in die laaste jaggeweer skiet afgegaan
Klink my dit was lekker
Jacques
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 9:42 am
by BLOK
Sover loop hy mooi, wonder nou net wie gaan hom reel en waar gaan hy gehou word.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 9:48 am
by Greyghost
Gong skiet tot 1000m sal lekker wees , hulle doen so skiet in die kaap range finders en wind meters is toegelaat , 2 man spanne een spot en een skiet dan ruil hulle.
Klink vrek lekker

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 9:53 am
by BLOK
Greyghost wrote:
Gong skiet tot 1000m sal lekker wees , hulle doen so skiet in die kaap range finders en wind meters is toegelaat , 2 man spanne een spot en een skiet dan ruil hulle.
Klink vrek lekker
Min of meer wat ek ook in gedagte het. Skiet soos wat skiet as jag. Oor miershoop sit en skiet, le en skiet oor n damwal. Skiet van agter n bakkie met skietraam etc. soos wat dit sou gedoen word as so persoon sou jag of wild oes.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 12:16 pm
by Marc
Greyghost wrote:
Gong skiet tot 1000m sal lekker wees , hulle doen so skiet in die kaap range finders en wind meters is toegelaat , 2 man spanne een spot en een skiet dan ruil hulle.
Klink vrek lekker
Blok jy het n nuwe baba hier die lig laat sien, waar skryf ek in

Ek kort n spotter

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 12:25 pm
by BLOK
Marc wrote:
Blok jy het n nuwe baba hier die lig laat sien, waar skryf ek in

Ek kort n spotter
Klink vir my reg ek kort weer ondervinding.hahaha
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 12:30 pm
by Marc
BLOK wrote:
Marc wrote:
Blok jy het n nuwe baba hier die lig laat sien, waar skryf ek in

Ek kort n spotter
Klink vir my reg ek kort weer ondervinding.hahaha
En ek n coach

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 3:51 pm
by Piet Breedt
Blok, dit is n uitstekende voorstel. Ek het net die plek (2 x plase) waar ons dit kan hou hier in die Delmas gebied. Ek het reeds teikens en 5 x gonge
Wanneer hou ons dit?
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 3:52 pm
by tafjak
Blok
Die reels sal net mooi uitgespel moet word en as dit gedoen kan word gaan hierdie 'n lekker skiet wees waar dit meer die persoon as die uitrusting gaan toets.
Voorspoed
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 5:32 pm
by Koos Barnard
Dags?
Ek sou s? dat met so 'n kompetisie rangefinders en windmeters toegelaat moet word. Dan word daar darem al 'n klompie raaiwerk uitgeskakel. As ek Blok reg verstaan wil hy jag langafstand simuleer. Vir gewone/medium afstande (baie sal s? dis kortafstand) is daar Jaggeweerskiet. Met langafstandskiet of jag moet jou toerusting reg wees, die dier meestal nie bewus van jou teenwoordigheid nie so daarom het jy tyd om die rangefinder te gebruik en die wind te lees - my redes waarom dit toegelaat behoort te word. Met hierdie tipe skiet sal die manne maar weer die toerusting jaag, maar glo my as jy nie kan skiet nie help die toerusting weining. ek het vir Piet Breedt, Willem Botha en ander dopgehou op 'n paar skiete, hul gewere is eintlik heel "standaard" maar hulle weet hoe om die sneller te druk. Onthou, 'n groot deel van skiet is juis om die toestande te lees. As jy 'n skietsport wil beoefen waar weerstoestande nie belangrik is nie, moet jy aan die Olimpiese dissiplines deelneem wat binnenshuis geskied en waar wind, mirage ens geen rol speel nie.
Sorry, Ludwig, ek probeer nie op jou tone trap of dwars wees nie. Maar buitenshuise skiet gaan tog nie net oor snellertrek nie. Dis juis wat die ding so interessant maak omdat jy verskeie dinge moet kan baas raak, nie net goeie groeperings kan skiet nie.
Ek hoop hierdie ding kom van die grond af.
Mooi loop
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 5:49 pm
by Marc
Ludwig wrote:
Gaan dit gaan oor die persoon wat die beste afstand en kondisies kan skat, of om ware langafstand jag omstandighede te simuleer en die skut se skietvernuf en kennis en toepassing van langafstand skiet te toets?
Luddie dink hier toets ons alles, Shawn is nie net 'n goeie skut nie, hy kan die omstandighede spot on lees ook. As jy wil teiken skiet is dit fine om jou eerste skoot te trek en dan die verstellings te maak om die res in die kol te sit.
Onder jag omstandighede het jy net een skoot en hy MOET tel

So van die begin af moet jy kan raakskiet. Alles gaan moet gel, die skut en al sy fanvy gadgets
Ludwig wrote:
...om ware langafstand jag omstandighede te simuleer en die skut se skietvernuf en kennis en toepassing van langafstand skiet te toets?..
Gonna dit gaan moeilik gaan om daai teikens en gonge te maak wei

Op 'n ligter noot
Oom Koos
Ek is alles behalwe die beste skut, maar wraggies ek hoop ook die ding gaan groei, en ek weet vir 'n feit daar is nog so paar van ons daar buite

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 5:54 pm
by BLOK
Ludwig
Ek dink koos het hom mooi opgesom wat my idee met so iets sal wees. Wonder laat gaan solank julle koppe vir reels. Wat mag en wat nie. Ek sou reken RF Windmeter Ipad des meer moet alles deel wees daarvan. Dink ook op die stadium moet ons nie die afstande drul ultra toe nie sou se dek alles van 0 tot so 800 meter bok kan mos enage plek opduik.
Ons almal weet dat dit anderkant 600m raak wat al die ekstra faktore n al groter rol speel. Om die manne met gewone gewere dus ook n kans te gee vir deelneem reken ek ons moet nie te ver gaan nie. Dalk as die ding mooi aan die gang is later n ekstra skiet klas vir gevorderde toerusting en afstande.
Weet nie laat loop solank met gedagtes ek het met die voorstel gekom.
Piet
Baie dankie vir die aanbied by jou. Ek voel nogal jou ondervinding sal baie kan help met die reel van so skiet, laat hardloop solank jou kop ook met die idees. Waneer sal jou pas ek sou reken eers iewers in die nuwe jaar ons nou nie n ding ryp druk nie. Ek voel ons moet dalk vir n begin die ding eers sosiaal reel net n Jaracal skiet. As hy mooi loop, en ek glo dit gaan wees vat ons dit van daar verder.
Ludwig
Jy moet dak vir ons nuwe topic begin waar manne met reels en voorstelle kan kom.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 6:00 pm
by Marc
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 6:09 pm
by Piet Breedt
Ek stem saam dat RF, windmeters, I-pads ens n moet is. Daar is geen manier wat ek so lang skoot op n lewende ding gaan skiet (buiten pes diere), sonder dat ek al my hulpmiddels gaan gebruik. Soos Koos s?, ons skiet buite en daar is n klomp faktore en kondisies wat ons sal moet in ag neem, en sal moet aanleer.
Ek sal in elk geval baie moet leer oor die klas van skiet by die manne wat dit reeds doen, en dit kan net mens se algemene skietvernuf net nog so bietjie aanhelp, en maak dat jy ook meer respek en ontsag het vir die wat dit reeds suksevol doen.
Die plase wat ek toegang tot het, verleen hulle uitstekend aan die doel, en is maar sowat 65 km vanaf PTA.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 6:18 pm
by BLOK
Piet Breedt wrote:
Soos Koos s?, ons skiet buite en daar is n klomp faktore en kondisies wat ons sal moet in ag neem, en sal moet aanleer.
Ek sal in elk geval baie moet leer oor die klas van skiet by die manne wat dit reeds doen, en dit kan net mens se algemene skietvernuf net nog so bietjie aanhelp, en maak dat jy ook meer respek en ontsag het vir die wat dit reeds suksevol doen.
Hierdie is juis hoekom ek die laaste twee weke die ding eers van n ander hoek bevoel het. Ek het net die kennis wat ek al opgelees het en daar is werklik min plek om dit by te leer. Juis hoekom ek die voorgestel het.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 7:38 pm
by Martin Marais
Blok
Ek hou van jou idee. Die feit dat julle ook hulpmiddels soos windmeters en rangefinders ens wil toelaat klink vir my ook goed. My mening is dat hierdie soort kompetisie werklik 'n skut se vermoe om kondisies te lees en daarvoor aan te pas tot die maksimum sal toets. Hoop julle kry die bal aan die rol.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 8:16 pm
by Arnold
Ek sou voorstel mens gebruik uitsluitlik staal teikens vir die gemak van punte tel.
'n Spanmaat is dalk ook 'n goeie idee om te dien as spotter.
Twee skote per teiken (as jy so ver is en dalk met 'n silencer skiet gaan jy maklik 'n tweede skoot op 'n lewendige teiken kan vat)
Om te begin kon mens dalk die afstande bekend maak. Dit bly tog vas en 'n goeie rangefinder bied jou slegs 'n voordeel bo die ou wat nie een het nie. Hou dit so toeganklik vir almal om te probeer.
Wind moet jy maar self skat of 'n meter kry want dit verander gedurig.
Die skietpunt moet so wees dat jy darem jou bi-pod kan gebruik. Agterste rus vir die geweer moet ook toegelaat word, maar die skut moet self als saamdra.
Tyd is moeilik want sodra jy vryheid vir tyd gee gaan die manne moontlik bottelnek by 'n skietpunt. Vir 'n begin kan mens besluit gebasseer op hoeveel skuts die dag gaan deelneem?
Groter afstande tussen skietpunte en skuts wat dit te voet moet afle vergemaklik die beweiging taamlik. Mens kan so moontlik 'n tyd aan die telling koppel. Jy moet dalk in 'n veilige area wag vir die vorige skuts om klaar te maak. Die area kan so 50m van die skietpunt af wees. Sodra jy die area ingaan begin jou span se tyd en dit hou op as die laaste skoot afgevuur is.
Net so paar idees van my kant af, maar ek sal dit vreeslik geniet.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Fri Oct 19, 2012 8:18 pm
by Frikjordaan
As ek reg onthou dan word so 'n tipe skiet oefening/kompetisie in sekere Amerikaanse klubs as "Quigly" (spelling) aangebied.
Wat hulle doen is om metaal teikens van diersoorte lewensgroot uit te sny. Dan word die hart/long area uitgesny en 'n ander staalplaat word reg oor die gat so 3 voet verder geplaas. Amper soos Metaal silhoeet teikens maar omdat die hart/longarea uitgesny is, en omdat 'n ho?r waarde telling vir 'n treffer daar is, en so kan mens bepaal of die eerste skoot 'n doodskoot sou gewees het.
Die teikens hang aan kettings sodat hy mooi lui("ring") as die skoot tref. (So bleddie v?r dat jy amper die geweer kan neersit voordat die koe?l tref)
'n mikrofoon met radio sender word naby geplaas en as mens die groot diere figuur raakskiet dan hoor jy 'n klank maar as jy deur die gat (hart/long) area skiet en die koe?l tref die agterste plaat dan klink dit anders.
So word telling gehou vir eerste skoot treffer en dan gewoonlik twee verdere skote.
Staal diere teikens is op verskillende afstande en ook redelik uitmekaar sodat die klank storie mooi werk. Die skietplekke na verskillende teikens is ook nie by mekaar nie maar effens versprei met 'n soort van 'n baanoffisier by elke skietplek (so lekker veldskiet jag omstandighede) en alle hulpmiddels wat oop en toe maak word toegelaat maar daar is 'n tydsbeperking per 3 skote
Hiper Lekker want die telling-hou werk regtig goed en dit gaan redelik gou.
Mooi loop.
Frik
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sat Oct 20, 2012 9:40 pm
by Piet Breedt
Ek het n vriend wat Laser cutting doen, en kan hom vra om vir ons n paar teikens re maak. Wat stel julle voor moet ons na kyk, en hoe groot?
Die bestaande gonge is 200mm, of 8" in deersnee , en dit verteenwoordig die hart long area van ons kleiner wildsoorte soos, Springbokke, Rooibokke en Blesbokke.
Of dink julle ons hou vir eers net by ons gonge?
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sat Oct 20, 2012 11:17 pm
by Rasmus
Piet
Ek dink die gonge kan werk vir eers. Ek wou n ruk terug vir my n lewens grootte springbok laat sny het. As jy dit uit die regte materiaal laat doen gaan hy maar effe duur wees.
Dalk kan mens die gong en springbok teiken kombineer. Sny die hart long area uit en hang die gong agter die teiken. Dan klap hy darem nog mooi as mens die vitals tref

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sun Oct 21, 2012 7:02 am
by Piet Breedt
Blok, jy hou my uit die slaap uit met hierdie voorstel van jou.
Ons Jaggeweer Skiet seisoen is nou verby en ek wil nou bietjie speel met hierdie lang afstand ding van jou.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sun Oct 21, 2012 9:41 am
by Gerrit Visser
Piet ek sal die skiet vir die manne Suid aanbied. Ek dink al lankal aan so 'n skiet en is al 'n tyd besig met rame en gongs. 200mm ronde gongs [sajsv std] en 300mm vierkant [ou weermag plate] Die plan is om 3 bane op te stel [staan sit en l?] onder 400m 200mm gongs en verder as 400m 300mm gongs. Elke baan 5 gongs met bekende afstande. Windmeters spotter ens is welkom. Tyd 5min en jy kan net aangaan na volgende gong as jy raak skiet. Dan is daar baan 4 met net een gong 140mm op 500m jy moet hom 3 uit 5 skote raakskiet. Die man wat dit regkry sal 'n hoed kry met sy naam op en wat s? hy kan 'n MOA op 500m doen [ Piet Breedt MOA500 2012]
G Gert
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sun Oct 21, 2012 12:44 pm
by shooter
Julle manne het my nou regtig opgewonde oor die langafstand skiet. Daar is n paar manne hier in my omgewing wat ek weet dit sal ondersteun. As julle hulp nodig het met maak van gonge laat weet asb.
Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.
Posted: Sun Oct 21, 2012 2:00 pm
by Arnold
Gerrit Visser wrote:
Piet ek sal die skiet vir die manne Suid aanbied. Ek dink al lankal aan so 'n skiet en is al 'n tyd besig met rame en gongs. 200mm ronde gongs [sajsv std] en 300mm vierkant [ou weermag plate] Die plan is om 3 bane op te stel [staan sit en l?] onder 400m 200mm gongs en verder as 400m 300mm gongs. Elke baan 5 gongs met bekende afstande. Windmeters spotter ens is welkom. Tyd 5min en jy kan net aangaan na volgende gong as jy raak skiet. Dan is daar baan 4 met net een gong 140mm op 500m jy moet hom 3 uit 5 skote raakskiet. Die man wat dit regkry sal 'n hoed kry met sy naam op en wat s? hy kan 'n MOA op 500m doen [ Piet Breedt MOA500 2012]
G Gert
Ek dink nie sit en staan moet deel uitmaak van so skiet nie, elkgeval nie op lang afstand nie.
Afstande kan op 300m begin aangesien gewone veldskiete vir die korter afstande voorsiening maak.