Page 1 of 1

Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Thu Oct 18, 2012 9:32 am
by At308
Hi Manne,

Ek is vanoggend meegedeel dat alle nuwe aansoeke vanaf iewers laasweek moet weer deur die vingerafdrukke afdeling gaan, Maw as jy nou gaan aansoek doen vir 'n nuwe vuurwapen, neem hulle twee stelle vingerafdrukke en die aansoek gaan eers soontoe (dink dis ook in die veritas gebou in PTA)

Dit beteken die aansoeke gaan nou nog so 4 tot 5 weke daar le voor enigeiets verder gebeur.  Ek verstaan dit werklik nie, waarom het ons compatancy? Dit klink vir my na 'n manier om die prosess net verder uit te rek.  Kan ook geen verduideliking kry vanaf DFO, "hulle voer net opdragte vanaf hoofkantoor uit"

Ek wil nie doemprofeet wees nie, maar klink my ons gaan nou weer begin lank wag vir liksensies..

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Thu Oct 18, 2012 10:19 am
by Herman Venter
Ek hoop rerig nie so nie! Ek moes wel met my 2de aansoek ook 2 stelle vingerafdrukke doen! Het hulle dan nie ons vingers op n sisteem nie?

Groete
Herman

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:29 pm
by Lourens
Ekt vanogged 3 nuwe aansoeke ingedien en daar is vir my gese dis nie nodig om vingerafdrukke te neem nie. Hoop nou maar my goed gaan nie erens vashaak omrede daar nie vingerafdrukke geneem is nie....

In my opinie is dit in elkgeval pleinweg k#k dat daar vir elke aansoek vingerafdrukke geneem moet word, hulle het die goed mos geneem met die competency aansoeke???

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:34 pm
by Skaaphaas
Die ding is, as jy nie 'n kriminele rekord het nie, mag hulle nie jou afdrukke hou nie. Dit mom neer op getuienis wat hulle hou sonder dat jy aangekla of skuldig bevind is aan iets, so hulle moet dit vernietig.

Nou is die argument dat vandat jy bevoegdheid gekry het tot niu dat jy weer vir 'n wapen aansoek doen, kon jy aan iets skuldig bevind gewees het. Wat loutere snert is, want as dit nodig was sou die hof jou onbevoeg verklaar het, en as dit nie gebeur het nie het dit mos boggerol met hulle te doen. Wel, volgens my, ten minste.

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:37 pm
by tripodmvr
Baie plekke het as sekuriteit 'n scanner wat seker maak dat jy die persoon is deur jou vingerafdruk na te gaan. Kan nie sien hoekom die polisie nie al sulke toerusting het nie. Druk jou vinger daarop en jy is geidentifiseer!!!!! So maklik soos dit. Met al die afdrukke wat ek al gegee het kan slegs twee voldoende wees om seker te maak.

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Fri Oct 19, 2012 2:06 pm
by At308
Het vanmore nuwe aansoek ingedien, twee stelle vingerafdrukke geneem...

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Fri Oct 19, 2012 2:11 pm
by Lourens
My vorige DFO het ook altyd 2 stelle vir elke aansoek gevat, needless to say dit was fantasties om nie vandag nodig te gehad het om my hande vuil te smeer met daai ink wat aspris ontwerp is om nie van jou hande af te kom nie. Hoop nou maar die vingerafdruk stories gan nie issues maak nie. Ek wens hierdie mense wil hulle huis in orde kry dat dinge orals dieselfde werk, elke DFO het sy eie vereistes lyk dit vir my.

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:11 pm
by BenG
Ja en dan is daar nie seep om jou hande te was na hulle die vingerafdrukke geneem het nie, maar pakke en pakke kondome!!

Sies man, waar is die goed se prioriteite?

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Oct 30, 2012 5:47 am
by Jacquesb
Kerels,
Ek het op 25 Oktober my nuwe aansoek by Garsfontein ingedien.
Geen vingerafdrukke is geneem nie.

Hoop dat dit nie nou my aansoek gaan sloer nie.

Groete
Jacques

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Oct 30, 2012 6:21 am
by BRNO (Pierre)
JB dit is baie snaaks. My vrou se eerste aansoek is op 19 Oktober ook by Garsfontein ingedien, let wel dit is bevoegdheid en eerste lisensie, en haar vingerafdrukke is geneem. Soos gese dit was vir bevoegdheid ook. Dalk is die vingerafdrukke daarvoor gewees.

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Oct 30, 2012 2:14 pm
by Deon R
Snaaks ja. My nuwe aansoek ingedien by Garsfontein na 7 her lisensies en toe vat hulle ook afdrukke, vir die nuwe een. Dit was in Mei die jaar.

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Oct 30, 2012 5:45 pm
by Jacquesb
Wens hulle wil bilike beleid binne die raamwerk van die wet neerle en almal dieselfde doen!
Ek het al gehoor dat DFO's se opvattings van die wetsvereistes van mekaar verskil. En dat elkeen sy vereistes afdwing.
Wonder of hulle opgelei is in die interpretering van die wet?
Hoop ek kan slaap met die onrus wat hulle in my gemoed veroorsaak.

Groete
Jacques

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Mon Dec 10, 2012 2:21 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse

Ek dink hulle speel vir tyd......

Groete
Kobus

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:46 pm
by Rasmus
Ek het die week 3 lisensies ingedien. Geen vinger afdrukke nie, net wysvinger op die aansoek vorm. En ook niks van sap350(a) nie.

Wens die mense kan bietjie konsekwent raak en orals dieselfde doen en soek.....

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Dec 11, 2012 11:11 am
by At308
Rasmus wrote: Ek het die week 3 lisensies ingedien. Geen vinger afdrukke nie, net wysvinger op die aansoek vorm. En ook niks van sap350(a) nie.

Wens die mense kan bietjie konsekwent raak en orals dieselfde doen en soek.....
Ek hoop regtig nie dit gebeur nie, maar moenie verbaas wees as die perde jou iewers in Januarie bel om terug te kom vir vingerafdrukke nie. Kanse is baie goed dat provinsiale kantoor die aansoek gaan terug stuur stasie toe.  Die SAP 350 (a) slegs as jy vuurwapen by 'n handelaar gekoop het.

Sterkte ou maat, ek hou saam met jou duim vas!

Re: Vingerafdrukke saam met nuwe aansoeke

Posted: Tue Dec 11, 2012 11:32 am
by Rasmus
Hopelik nie! Het haar nogal gevra is dit al vingerafdrukke deesdae......

Sal kom rapporteer