Page 1 of 1

cci stingers in .22 pistool

Posted: Wed Oct 17, 2012 5:56 pm
by Ramkat1
HI daar weereens ek hoor meer en meer gerugte dat n .22 semi-auto pistool nie die skok van cci stingers kan hanteer ni en gaan sy slide breek hoeveel waarheid is daar in en moet ek maar net
hou by gewone high velocity

Re: cci stingers in .22 pistool

Posted: Thu Oct 18, 2012 12:05 pm
by LUAN
Hou by wat ookal die slide elke keer genoeg kan terugskop om n doppie te kan eject. Jy soek nie storings. Die cci wat te veel skok gee glo ek nie.

Re: cci stingers in .22 pistool

Posted: Mon Jan 21, 2013 1:16 pm
by wingover
Hi Ramkat dis waar wat 303 sê. Dit hang ook baie af van wat se maak en model pistool jy mee skiet. Ek het n Ruger 6" Bull Barrel en std velocities skop nie elke keer my aksie behoorlik terug nie. Ek skiet net hoespoed patrone in hom soos blitsers ens. :-X

Re: cci stingers in .22 pistool

Posted: Mon Jan 21, 2013 1:47 pm
by Louis Kriel
Ramkat1 wrote: HI daar weereens ek hoor meer en meer gerugte dat n .22 semi-auto pistool nie die skok van cci stingers kan hanteer ni en gaan sy slide breek hoeveel waarheid is daar in en moet ek maar net
hou by gewone high velocity
Jy het reg gehoor. Baretta het n paar jaar gelede gewaarsku oor Stingers in die beretta mod 71.  Kan jou slide kraak.  Dis nou seker as jy elke dag n pakkie uitskiet ;) Ek dra twee Stingers en die res blitsers in myne.