Page 1 of 1

Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Mon Feb 02, 2009 2:41 pm
by WillJak
Gedog ek deel die een met julle manne - 'n teef wat ek Vrydagaand geskiet het - so 2006 model - lyk of sy wil oorbelle laat insit het.

Die foto is maar dof want dies op my parafien foon geneem, maar in lewende (dooie) lywe is dit duidelik 'n koeelgaatjie wat al mooi heel is maar die hare het nog nie orals terug gegroei nie - sit so sterretjie sonder hare rondom die gat.

Image

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Mon Feb 02, 2009 3:10 pm
by johan
Taffie
Is dit jou werk?Loop jy met die merktang rond snags?
Is die merktang se naam miskien SLINGERVEL?
Wiljak meet asb die gaatjie,die skuldige moet aan die pen ry,hierdie barbaarse optrede is onvanpas !!
Gelukkig het jy nou die ou uit sy lyding verlos,dankie Wiljak ;D

johan...QBE

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Mon Feb 02, 2009 3:52 pm
by WillJak
Johan, ek was half aan die slaap - ek het nie die gat gemeet nie en die jakkie is al seker kraai kos, maar so op die oog het dit vir my gelyk soos 'n .22/5.56 kaliber, maar die is ook nie so ver van die 6mm's af nie, so ek weet nie, maar ek vermoed die sondebok is die boer se seun (.222) of een van die ander profesionele jagters (.243) - beide het die laaste jaar of twee redelik baie gejag daar - ou Tafjak was meer as 'n jaar laas daar en die gaatjie lyk my of dit so uit die laaste 3 of 4 maande dateer...

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Mon Feb 02, 2009 7:44 pm
by Freek
Kon nie Taffie wees nie, as dit hy was was daai gat nie in die oor nie maar in die oog!  ;)  (3 KAROO lamme vir die dekking wat ek so pas vir jou geslaan het Taffie, wanneer braai ons?)

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Mon Feb 02, 2009 8:05 pm
by johan
Ek het daai gaaitjie nou op my skerm gemeet,dis beslis n 243Ugly se werk daai :o ;D

johan...QBE

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Tue Feb 03, 2009 12:53 pm
by JACQUES BOTHA
DAAI JAKKALS HET EK IN GRAAF REINETTE OMGEWING MET N OORBEL OPSPOOR APARAAT TOEGERUS....VIR NAVORSING, KAN WILJAK NIE ASB NET DIE APARATUUR TERUG BESORG NIE...DIT SAL WAARDEER WORD...EK HET HOM IN DIE WINTER GEVANG NET SO DUSKANT SPANDOUKOP EN WOU SIEN HOE VER DIE OU SAL LOOP OORLAT EK HOM SONDER VERDOWING DIE OORING OPSPOOR APARAAT INGESIT HET.. JY SAL SIEN WILJAK DAAR OS N KLEIN MERKIE NET BOKANT DIE REGTER VOORVOET SE NAEL OOK...

Re: Oorbelle vir 'n jakkals?

Posted: Tue Mar 31, 2009 5:53 am
by Christo
;D seker die dat Sir Taffie nou 'n loop soek