Page 1 of 1

Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Oct 15, 2012 10:13 pm
by Fanie
'n Maklike manier om Koeels uit patrone te verwyder is om die slagdop pennetjie uit jou krimp drukker uit te haal en die patroon weer te krimp.  Die dop is voorheen gekrinp, maar die nek is nou geswel toe die punt ingedruk was.

Wanneer die dop weer gekrimp word, sal die koeel  se diameter vernou word en venou bly, terwyl die brass effens meer sal uitsit.  Jy kan nou die punt met die hand uittrek, dit sit net liggies vas.

Die koeel is onbruikbaar en moet weggegooi word, maar die dop is steeds bruikbaar.  Ek weet nie of staal punte so verwyder kan word niie.  Meeste koeels is lood met koper om.

Die metdode waarmee die punte gewoonlik uitgetrek word is met 'n "kinetic bullet puller" of kineteise koeel trekker.  Dit is soos 'n plastiek hammer waar jy die patroon in sit en dan hard op iets slaan.  Die momentum moet dan die punt laat uittrek.  Dis maar 'n gemors omdat die dryfmiddel dan oral is.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 5:17 am
by Geno
Collet puller werk die heel beste sonder om enige komponente te beskadig.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 7:45 am
by SV MAD (Henk)
Geno wrote: Collet puller werk die heel beste sonder om enige komponente te beskadig.
Stem saam.
het laasweek 100 patrone se koeels getrek (FMJ's nogal) in die kwessie van 20-25 minute. Werk die beste.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 7:53 am
by Carl
Geno wrote: Collet puller werk die heel beste sonder om enige komponente te beskadig.
Ek gaan ook bel? in een, ek is nou gatvol vir die hammer. Soms kom die koeels maklik uit ander kere is dit 'n getimmer. en ek is altyd bang dat 'n skoot afgaan hier 22:00 in die nag 8-). Dan gaan mamma moerig wees!

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:19 am
by James Wilson
onthou "staal punte" is nie regtig staal nie dit is maar net n vol mantel, hou maar by die collet ek hou ook nie van die hammer nie

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 5:39 pm
by Martin Marais
Die collet puller werk maar die beste. Geen geraas om vir mamma te irriteer nie,asook geen gemors van dryfmiddel nie. Die bonus is natuurlik dat jy nie die koeels beskadig nie,en dus weer kan gebruik.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 7:08 pm
by Flip Nel
Ek bly maar by my hammer, het al 'n paar honnerd koeels uitgekap en nog nie een keer koeel seergemaak nie, en as ek dalk te diep geseat het gee ek om en of twee houe en dan kan ek hom weer seat.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Tue Oct 16, 2012 9:55 pm
by Carl
Ek het 4 GMXe uit gekap vanmiddag , sommer nat gesweet toe ek klaar was. Die goed klou soos n bontpoot!

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 7:48 am
by Carl
Gisteraand het ek 'n paar ou 270 en 30-06 patrone se koe?ls getrek. Dit was ou gelaaide ammunisie wat my pa nog vir my gegee het. Die 270 was nog redelike 54gr seker Norma 204 maar die -06 het 2 soorte bal kruit ingehad, 48gr en 57gr beide met ou Nosler Partitions. Biae bly ek het begin herlaai en opgehou om die goed te skiet!

Moet eerlik s? die collet is duurder maar is 'n groot plesier om mee te werk.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:35 am
by Francois Hugo
Effe van die punt af maar wat kos 'n collet punt trekker?

Groete

Francois Hugo

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:44 am
by Carl
Francois, Die RCBS trekker is R300, elke collet is so R195 jy het een nodig vir elke kaliber. My winkel gee 12.5% afslag.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 8:49 am
by LUAN
Nee hoekom nou dit doen en dan die koeel moet weggooi. Collet werk lekker en kan weer die koeels gebruik.
Francois ek het net vir die .30cal collet R170 betaal en dan moet jy nog die kroef ding koop waar die collet in pas.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:24 am
by Boesman
Ek het al meer as een hamer kastoe gebruik, en die gehamer is vir my verskriklik irriterend. Collet puller en verskillende collets is die antwoord. Jy kan hom (amper) nie breek nie. Net vir duidelikheid, collets werk op groottes, dus een collet vir alle .22's, nog een vir alle 6mm's, nog een vir alle 300's ens. So jy koop net collets by soos jy nodig het.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Thu Nov 01, 2012 12:04 pm
by Louis Kriel
Nee wat ek het 'n groen hamertjie en hy werk al jare lank soos 'n droom!  Die geheim is om "iets" (ek het 'n stukkie motor binneband ingesit) onder in te sit om te voorkom dat die lood punt van die koeel seerkry. Dis nie 'n probleem met Imapala's of FMJ's nie.  Gebruik "finesse", moenie die punt met maksimum geweld uit foeter nie!  Die laaste hou voor die punt uitkom moet net n sagte tikkie wees  dan mors die dryfmiddel nie die hele wereld vol nie.  ;) ;)

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Dec 10, 2012 1:47 pm
by Dries Skiet
Ek stem, my groen hamertjie werk al jare sonder enige probleem.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Dec 10, 2012 2:03 pm
by blaser
julle slim ouens moet die dop weer gekrimp word na die koeel uit is

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Dec 10, 2012 2:08 pm
by Jean Marais
Ek sou s? ja. As jy kan "necksize" doen dit, anders "full length"

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Dec 10, 2012 3:21 pm
by BRNO (Pierre)
remington wrote: julle slim ouens moet die dop weer gekrimp word na die koeel uit is
Ek het ook al die vraag in die verlede gevra, en vir my was die antwoord dat dit nie nodig is om weer die nek te krimp nie. Ek moes dit al gedoen het, en het nie nodig gesien om weer die nek te krimp nie, aangesien die koeel steeds styf genoeg die dop ingegaan het.

Re: Koeels/punte uit patrone verwyder

Posted: Mon Dec 10, 2012 3:34 pm
by Louis Kriel
BRNO .06 (Pierre) wrote:
remington wrote: julle slim ouens moet die dop weer gekrimp word na die koeel uit is
Ek het ook al die vraag in die verlede gevra, en vir my was die antwoord dat dit nie nodig is om weer die nek te krimp nie. Ek moes dit al gedoen het, en het nie nodig gesien om weer die nek te krimp nie, aangesien die koeel steeds styf genoeg die dop ingegaan het.
Dit hang af, ek het al doppe oorgelaai wat die koele toe los "geseat" het.  Veral as jy bv van Hornady koele oorgaan na pmp's toe.  Die verskil is .001 (.311 na .312) maar dis genoeg sodat die punt met die hand gedraai kan word. Haal die de-cap pin uit en neck size.