Page 1 of 1

Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 3:36 pm
by Chris Swart
Manne (en dames) ek soek raad

Ek is tans nie lid van enige jagtersvereniging nie.
Ek wil graag toegewyde jagter status bekom.

Kan iemand my s? wat die proses behels?
Watter vereniging of tak die "beste" is?
(Ek is in die noordweste van Johannesburg)

Het meeste verenigings 'n wagperiode voor nuwe lede toegewyde status kan bekom?

By voorbaat dankie

Chris

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 3:50 pm
by tripodmvr
Sonder om ander organisasies swak te praat sal ek jou inligting gee van SA Jagters (waaraan ek al 17jaar behoort) wat 'n Wes-rand tak het met die volgende inligting :-
www.wesrand.co.za ; Voorsitter B J Jonker 082 423 4490. Re?l dat jy 'n skietdag of sosiale funksie bywoon en kyk of dit vir jou is. Doen dit vir ander organisasies totdat jy tevrede is met jou keuse. Kyk veral na kursusse en materiaal wat vir opleiding gebruik word. Jy wil verder leer van jag en die' is dan belangrike items om jou 'n beter ingeligte jagter te maak.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 3:57 pm
by johnny
tripo

1000+

groetnis

Johnny

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 4:11 pm
by Hardyman
Middag,

Ek wil met Tripod saamstem.  Ek is maar n kort tyd lid van SA Jagters (18 maande), maar die manne het my baie welkom laat voel.  Daar vind op n gereelde basis skietdae plaas en daar word ook moeite gedoen met die sosiale geleenthede om sinvolle sprekers te reel.

Ek het n maand terug my toegewyde jagters toets deur hulle afgele en die sertifikaat is reeds uitgereik en aan my gepos.

Groete

Hardus

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 5:02 pm
by Jacko
Ouens, ek wil graag julle kennis 'n bietjie tap...

As julle moet kies, waaraan sal julle behoort - Kaap Jag (want ek bly in die Kaap) of SA Jagters?

En hoekom? Ek weet dis soos daai vraag: "Watter bakkie is die beste?"  ;D maar elkeen se unieke insig word waardeer.

Dankbaar.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 5:17 pm
by Hardyman
Jacko,

My opinie gaan heel waarskynlik bevoor oordeeld wees aangesien ek n lid van SA Jagters is en nie oor die nodige inligting rondom Kaapjag beskik nie.

Ek kan jou egter nog inligting rondom SA Jagters gee. Daar is takke reg oor die land so indien jy dalk van dorp of provinsie sou verander bly jy n lid van SA Jagters jy word net oorgeplaas na n ander tak.

Die skiet oefeninge wissel van n randslag oefening vir. 22s tot n Swaarkaliber oefening vir die groot manne. Tussen in is natuurlik n vlakte en n bosveld oefening wat daardie omstandighede simuleer. Hierdie oefeninge vind op n individuele basis plaas.  Daar is ook intertak dae waar die verskillende takke teen mekaar meeding. Die beste spanne op die nasionale ranglys ding dan jaarliks teen mekaar mee en daar is lekker pryse te wen.

Daar is ook oefeninge vir jag handwapens sowel as n pistool skiet oefening.

By hulle het jy die geleentheid om te registreer as n toegewyde jagter of bekwame jagter asook n toegewyde sportskut.

Soos ek se eerder meer agtergrond oor SA Jagters as n defnitiewe opinie.

Groete

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Oct 15, 2012 5:30 pm
by tripodmvr
As jagorganisasies voel ek ons is nie daar om negatief teenoor medejagters op te tree nie en daarom my raad aan Chris om die verenigings in sy omgewing te gaan besoek. Sodoende kan jy dan jy eie besluit neem. Die Amerikaners noem my vorm van raad "Passing the buck" - nogal gepas in die geval.

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 7:34 am
by DanieDegenaar
More,

Ek het ook by die SA Jagters aangesluit so twee weke terug. Ek self moet erken ek het dit net gedoen om Toegewyde status te bekom. Weet iemand van 'n kursus wat aangebied word in die Mapumalanga omgewing. Ek is van Secunda en hoor Bethal doen net een 'n jaar. Ek moet dringend van my Pa se gewere oorneem en is nogal hardop om die kursus agter die blad te kry.

Dankie

Degenad

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:15 am
by Nickvn
Jacko, ek het ook toe ek besluit om aan te sluit moes besluit tussen Laeveld jag en SAJWV. Ek het met albei voorsitters gesels en na hulle fasiliteite gekyk. Kyk ook na die websites van die organisasies, daar is baie inligting. Die finale besluit was toe die nabyheid van die skietbaan en waar hulle vergadering hou. Sterkte

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:17 am
by Nickvn
Degenad, Platorand het so twee weke gelede hulle kurses gehad. Gee die hoofkantoor n luitje hulle sal jou graag help.

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:21 am
by Rasmus
Degenad

Soos Nick s? jy kan Platorand (Dullstroom), Olifants ( Middelburg) of Sebra tak (witbank) probeer.

Kyk in die taknuus wat jy saam met met jou tydskrif gaan kry. Al die takke se inligting is daar.

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:21 am
by tripodmvr
Degenad wrote: More,

Ek het ook by die SA Jagters aangesluit so twee weke terug. Ek self moet erken ek het dit net gedoen om Toegewyde status te bekom. Weet iemand van 'n kursus wat aangebied word in die Mapumalanga omgewing. Ek is van Secunda en hoor Bethal doen net een 'n jaar. Ek moet dringend van my Pa se gewere oorneem en is nogal hardop om die kursus agter die blad te kry.

Dankie

Degenad
Kyk op www.sahunt.co.za en kontak die takke naaste aan jou. Nelspruit, Balfour, Heidelberg, Marble Hall, Volksrust, Middelburg, Witbank, Belfast het takke. Jy sal hulle moet kontak en kyk of hulle jou kan help - hirdie tyd van die jaar is beseringstyd en almal begin klaarmaak vir die jaar.

My aanbeveling sal wees om die sportskut kursus te doen - jy kan enige vuurwapen daarmee motiveer. Dit is ook net 'n eendag kursus. Jy kan dan later die jagtersgedeelte doen.

Re: Toegewyde status

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:52 am
by savage(P Coetzer)
Ek behoort aan SA Sportjag maar het nog nie my toegewyde status nie.
Seker my eie onkunde maar om toegewyde status by SA sportjag te kry is nogals n hand vol.
Sal elke jaar n week verlof moet vat om aan al die vereistes te voldoen.

Wat behels die sport skut kursus?

Re: Toegewyde status

Posted: Fri Oct 19, 2012 12:59 pm
by Nickvn
Savage, die sportskut kurses is n dag kurses met n oop boek eksamen daarna. Glad nie rocket sience nie. Daar na moet jy prakties doen. 3 skote in die hart/long area vanaf 100m. Weereens baie maklik.

Re: Toegewyde status

Posted: Wed Nov 07, 2012 7:46 pm
by green leader
[quote="savage"]
Ek behoort aan SA Sportjag maar het nog nie my toegewyde status nie.
Seker my eie onkunde maar om toegewyde status by SA sportjag te kry is nogals n hand vol.
Sal elke jaar n week verlof moet vat om aan al die vereistes te voldoen.

Wat behels die sport skut kursus

ek behoort ook aan sa sportjag en stem 100% saam.

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Dec 09, 2012 1:54 pm
by johans
is die sportskut deel van sa jagters of is dit iets op sy eie?

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:18 pm
by johnny
Johans

Toegewyde sportskut word ook deur SAJWV aangebied.

groetnis

Johnny

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:35 pm
by JTM
Ek het in November my Sportskut status kurses deur SA Jag gedoen by die Tafelberg tak. Toets was vinnig en eenvoudig as jy die handboek bietjie gelees het. Ek het laas week 'n email afskrif van my sertfikaat ontvang em wag nog net dat die oorspronklike by die tak aankom.

Re: Toegewyde status

Posted: Wed Dec 12, 2012 3:16 pm
by JuanVE
Jacko
Ekself was lank lid van Kaapjag toe ek in Swellendam gewoon het en nou woon ek in die Karoo en is al 3 jaar lid van SAJWV Renosterberg tak. Ek persoonlik dink dis beter en die vereniging bied meer. Praat met die manne daar in die Kaap ek glo hulle sal jou vinnig help asook met kursusse.
Juan