As nederigheid op 'n man afgedwing word...
Posted: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm
Hallo al die manne!
Die storie wat volg klink rof, maar dis my eie gebeure en ervarings en is nie 'n onverskillige skietery nie.
Soos almal teen nou al weet was ek bitter opgewonde oor die koms van my 9.3x62 se lisensie! Nou ja toe! 17 September toe kry ek die goeie nuus en planne was vinnig gemaak om ietse te kon gaan jag!
Ek het op 'n wildsplaas in die Mkuze area 'n Saterdag middag gehad om 'n draai te gaan stap opsoek na 'n vlakvark, maar na die goeie reens was hulle maar skaars!
So breuk die volgende naweek aan vir 'n bosvark jag! Nou ek het eers so in die begin van die jaar saam met die manne begin jag en het in Januarie my eerste vark saam die honde gekry. Dit was op my 5de jag saam die honde. En op my 7de jag het ek nog 'n sog geskiet. So het ek nou baie gereeld begin saam jag aan die probleem varke en as die mielies begin kop is dit ons jagveld! Anders as die boere begin stroop jag ons maar in die vuil wattle jungles en klowe. Ek het nou vir 'n lang ruk 'n vark stilte beleef en met die 9.3 in die hand het ek verneem om hierdie droogte tot 'n einde te bring!
Ons het op 'n beesplaas naby Amsterdam gaan jag in die lang grasse en toe oor na die klowe toe, Die dag het al goed aangestap en ek en my een vriend is aangese om op die een kant van 'n kloof te gaan staan want hulle gaan in daai rigting werk. Na 'n ruk het die honde deur die klofie gekom en is oor na 'n ander aangrensende deel en het daar 'n vark opgetel. Die honde is agter die sog aan en na hulle heel in 'n ander rigting gehol het toe kom hulle met haar terug in die kloof waar ons steeds was. My vriend Pieter het besluit hy stap 'n entjie af en toe hy onder is toe kom die die vark onverwags aan my linkerkant uit waar ek hulle eintlik regs verwag het! Een van die manne skree vir my en daar gewaar ek die vark, reg om te skiet laat loop ek met die eerste skoot. MIS!!! 2de skoot MIS, 3de skoot MIS, 4de skoot MIS!!!!!!! En die vark hardloop oor die rug van die kloof en ek is agterna! Klaar weer die magasyn vol en ek skiet 'n laaste skoot voor iemand anders met 'n voertuig om kom. Die man het die vark geskiet...
Ek probeer toe dink wat gaan aan en ek besef ek het met die verwagting dat dit 'n stadige kaliber is te veel gelead vir die afstand waarop die vark was. Ek het basies 4 skote geskiet terwyl die vark 30m gehardloop het. Iemand het later gevra of dit semi-auto is.
Haastigheid help nie!!!
So het die dag tot 'n einde gekom met 3 varke in totaal.
Ek is intussen terug skietbaan toe en als gaan bevestig. Let daarop dat ons oop visier skiet.
2 weke later is ek weer op 'n varkjag, hierdie keer nader aan Lothair.
Hier tel ons die varke na 'n lang soek in baie jong bloekoms op. 1 ste vark glip uit en ons jaag agterna, klim weer uit en staan reg, ons hoor die honde beweeg boontoe en ek hardloop so vinnig as wat my bene die groot lyf kan dra! Iemand skree van agter die vark is voor my en ek gaan staan reg dat ek kan skiet as die vark die nou paadjie kruis. Toe ek die vark gewaar vat ek dood op die vark en die skoot klap. Weer mis! Skoot slaan net agter die vark vas! Die vark het teen die spoed van lig gehardloop. Die jong beer is ver van daar af doodgeskiet waar die honde hom omsingel het.
Ek vra toe die ervare manne om 'n skoot met die geweer te skiet en net te bevestig. Skoot loop presies senter, maar die een oom se toe vir my my kolf is te kort. Ons meet vinnig en bevestig dit.
My moed is goed gebreuk en die manne gee my gas. (gelukkig is ek nie al een wat die vark gemis het nie)
Die doel vir my is om altyd die dier so vinnig moontlik te dood. Diere moenie ly onder my nie.
Hier begin die twyfel in myself en my vermoens. Is ek so swak skut of is daar fout met die geweer?
In die week bestel ek die spacers en kry die Pachmayr pad. Die spacers kom nie weens die stakings en ek maak sommer vir myself spacers uit perspex en dit werk mooi en ek kan sommer voel als sit reg.
Die naweek breek aan en ek is eers onseker of ek moet gaan jag. 3:30am gaan die wekker af en ek besluit ek gaan oorstaan. 5:30 kom en ek vind uit of is hulle genoeg manne en hulle se toe hulle is net 6.
Net daar besluit ek ek gaan deur ry Amsterdam toe. Op die plaas aangekom is die honde vort en ek raai toe vinnig ons gaan hulle by die buurplaas se dam kry want daar is altyd varke. Daar aangekom sien ons 2 honde maar ons kan nie verder ry nie en moet om en ander pad vat.
Die honde maal en is onder die dam verby en ek kry grouplekke soos wat ek nog nooit gesien het nie! Hier is BAIE varke! Ons werk die area deur en besluit om na die groot wattle jungle bokant die dam te gaan. Ek laai die manne met die honde af by die dam en ry so ent op en stap so 2 derdes teen die koppie uit en staan reg teen die wattles. Ek hoor die honde is op 'n vark se spoor en begin die wattles binne dring. Manne dis ruig! Ek kon op plekke skaars loop en het letterlik tussen die stamme vasgesit met tye! Dan rus ek so bietjie en druk voort. Die honde verander heeltyd van rigting en ek kan sien'die vark hol net in die rondte. Ek is sopnat en kan nie meer deur my bril sien nie! Ek sit hom maar toe in my hemp se sak en gaan staan stil op 'n plek. Ek hoor die honde werk in my rigting en ek sien iets na my aankom, ek kan nie mooi sien sonder my bril nie so ek vat nie kanse nie. Die vark kom toe met 'n rustige drafstappie aan my linkerkant en draai toe ewe skielik reg na my, onwetend dat ek daar is. Dit gebeur redelik vinnig en toe die vark so meter van my af is moet ek vinnig mik en skiet anders gaan hy in my vasloop en ek kan seerkry. Ek mik en trek die sneller en in die afwaartse aksie steek die geweer teen 'n tak vas en die skoot klap langs die vark! Die vark swaai regs en ek kan nie draai om nog 'n skoot te skiet nie! Ek roep 'n mis op die radio. Ek het nog vir 'n ruk aangesukkel deur die wattle en daar is nog 'n vark net buite sig (5m) van my af, maar ek skiet nie. Na 'n ruk beweeg ek uit en die jag is klaar.
My nuwe bynaam is S..t Shot Deon.
Manne en alhoewel dit vreeslik humoristies klink is dit vir my sleg! Dis nie hoe jy 'n roer wil inlyf nie en nog minder hoe ek wil jag!
Maar dis wat gebeur as 'n man te "confident" raak dan wys die natuur jou wie is baas!
Let wel dit is nie so cowboy soos dit klink nie!
Nogtans is ek dankbaar vir die leerkurwe wat ek nou in is!
I will not be kept down!