Page 1 of 2

Dordrecht roepkursus

Posted: Fri Oct 12, 2012 3:16 pm
by visstok
Oom Taffie het ingestem om bietjie daar in ons omgewing te kom kuier. Wie stel belang vir n kursus daar in die Dordrecht omgewing? Die kostes beloop R1500 per persoon en dit gaan n twee dag kursus wees. Ons gaan darem n draai ook in die veld gaan maak saam Oom Taffie. Oor die datum moet ons maar almal saam besluit wanneer pas almal die beste. Plaas sommer julle name hier dat ons kan sien hoeveel manne stel belang.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 1:14 pm
by Wayne
Alex, I see that you are looking at a course in Dordrecht, How many people are enough for a course. If the Dordrecht course is too full, maybe we could do one in Qtn area while Oom Taffie is in the area.
Wayne

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 2:04 pm
by johann
Alex het jy min of meer 'n datum in gedagte?

groete johann

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 2:57 pm
by visstok
Wayne, Oom Taffie het gese daar is nie regtig n max nie. Ons kort nog n paar manne, sal bly wees as jy kan kom.

Johann, ons het nog nie n datum nie, almal wat belangstel moet saam besluit op n datum.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 3:54 pm
by Wayne
Alex, I am sure I will attend yours, will get someone to come with me. I think you an Cg will have to decide on a date or 2 and ask those interested to vote for a date

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 4:36 pm
by visstok
Wayne, ek wil graag he almal moet kom kursus wat graag wil. Eks gaan nog met so paar manne praat daar, asook so paar manne hier uit die vrystaat, as ons genoeg manne is besluit ons almal saam op n datum sodat almal dit kan maak. Al is dit vroeg in volgende jaar, wil graag he dit moet almal pas wat graag wil kom.

Groete Alex

PS jy sal daai Queenstown manne moet aantree, ons gaan n lekker kursus he!

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 5:21 pm
by cg rossouw
Alex. Sal bietjie manne by mekaar kry, glo hier sal n paar wees.

Groete

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 5:45 pm
by visstok
CG, ek los vir Gert Smith in jou hande, hy moet ook kom kursus, hy het mos n 22-250, ekt al vir hom twee ribbokke daar bo op Sparta met daai 22-250 geskiet, kan hom mos mooi gebruik vir vlekkie!

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 5:46 pm
by Wayne
Alex. It is difficult to give info to chaps and try convince them to go if we do not have a date. Are the costs the same if we have a good turnout or will it come down.
Here starts the list for Dordrecht Course
1 - Wayne

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 5:57 pm
by visstok
Wayne, die R1500 is wat Oom Taffie per persoon vra vir n kursus, die verblyf en kos sal ek reel, so dit is die bedrag wat elke persoon betaal vir die kursus. Ekt al gesien baie ouens wat graag wil bywoon, kan nie oor n datum. As ons genoeg manne het sal ons n poll opsit en dan kyk ons watse datum pas almal.

Groete Alex

1. Wayne
2. Visstok
3. Johannes Myburg
4. JopieFourie
5. Johan1
6. CG
7. Gert Smith
8. Oom Dawid en jnr(as dinge uitwerk)

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 6:09 pm
by cg rossouw
1. Wayne
2. Visstok
3. Johannes Myburg
4. JopieFourie
5. Johan1
6. CG
7. Gert Smith
8. Oom Dawid en jnr(as dinge uitwerk)

9. Piet Strydom
10. Jan Claasen
11. PF Fourie

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Oct 14, 2012 9:21 pm
by visstok
Gaan met Willem van Jacksons op Dordrecht ook gesels dat hy ook kom kursus.

1. Wayne
2. Visstok
3. Johannes Myburg
4. JopieFourie
5. Johan1
6. CG
7. Gert Smith
8. Oom Dawid en jnr(as dinge uitwerk)
9. Piet Strydom
10. Jan Claasen
11. PF Fourie
12. Willem Venter

CG, eks bly jy bring vir Piet Strydom ook saam, hom eendag oppad swempoort toe ontmoed. Ekt altyd op sy oom Oom Piet Strydom se plaas hier in die vrystaat visgevang en sommer so bietjie kruit gebrand teen die revier se walle. CG, ken jy nie vir ertjie daar van swempoort nie, sommer hom ook aantree.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Fri Oct 26, 2012 6:53 am
by Wayne
Visstok, I have been in contact with Oom Taffie, when I saw that you possibly had over 10 people I asked him if he would do one for us as well. I have booked the 1st December, it is a Sat. I have a handful that are interested and am hoping for a few more.
regards
Wayne

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:15 pm
by Alan D
Hi Vistock

Wat het geword van die Taffie se kurses in Dordrecht.Kom hy nog? Sal ook graag Tafjak wil ontmoet.

Groete

AlanD

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sat Oct 27, 2012 2:30 am
by visstok
Alan, ekt met Wayne gesels, die belangstelling vir n kurses in Dordrecht is maar min, ons gaan sommer saam Wayne hulle in Queenstown kursus hou. Queenstown is darem nie te ver nie.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sat Oct 27, 2012 9:11 am
by Alan D
Hi Visstok

Dankie ek sal met Wayne reel.

Groete

AlanD

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Mon Oct 29, 2012 7:40 pm
by visstok
Alan, die manne is nou weer vuur en vlam vir n kursus op Dordrecht, as jy nog belangstel. Ek sal laat weet wat is die datum. As jy klaar by Wayne ingeskakel het is dit reg so.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:10 pm
by visstok
Die datum is verlopig die naweek van 15 Desember. Ons is al 8 manne wat daar gaan wees en ek wag vir twee manne om te bevestig. Die manne wat kom, CG, julle moet praat as die datum julle nie pas nie dan kyk ons vir n ander naweek.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:05 am
by FHM
Will julle nie maar n 'kudufluit' kursus ook aanbied nie.
Francois Briedenhann het sy 'gogi' verloor met n party (te veel???) en hy wil haar nou met n kudu-horing roep.... ;D ;D ;D
http://jaracal.com/index.php/topic,15726.0.html

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Nov 18, 2012 3:35 pm
by Wayne
Visstok, Is your course still on. If not you are welcome to join us on the 1st December, we have about 11 at the moment, but as you know, things can change either way.

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Sun Nov 18, 2012 10:27 pm
by visstok
Wayne, dankie, ons kursus is nog aan. Sterkte met die finale reelings en geniet die kursus. Julle gaan baie by Oom Taffie leer!

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Wed Dec 05, 2012 12:31 am
by visstok
As daar enige iemand is wat nog belangstel in die kursus, ons is al so vyftien manne wat gaan bywoon. Julle kan my net n pm stuur vir meer besonderhede.

Groete Alex

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:29 pm
by Biker
Waar en by wie weet nie of ek kursus sal doen nie dalk net n draaitjie maak
Groete Biker

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:38 pm
by tafjak
Alex

Sorg ook dat daar 'n paar slagysters saamkom, ek het ook 'n paar en goeters wat ek saambring. Sal ook(as julle julself gedra ;)) so persentjie saambring vir die manne.

Mooiloop

Re: Dordrecht roepkursus

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:15 pm
by visstok
Oom Biker, die kursus word by Johannes Myburg gehou. As Oom van Dordrecht Queenstown toe ry, die heel laaste plaas teen die transkei. Oom is meer as welkom om n draai te kom maak.

Oom Taffie, ons sal probeer om ons te gedra, hahaha. Ek sal sorg dat daar n paar ysters is.

Groete Alex