Page 1 of 1
Patroonlengte
Posted: Mon Jun 07, 2010 9:58 am
by Beyers
Laaistokmetode om totale patroonlengte te bepaal.
Maak seker dat die geweer leeg is.
Maak die grendel toe, druk 'n laaistok (cleaningrod) in die loop af en merk met 'n kouki of maskingtape die lengte by die kroon af.
Verwyder die grendel en druk 'n punt van jou keuse in die loop todat dit die lands raak. Jy moet hom net liggies vasdruk met die laaistok sodat hy in die groewe vassit.
Druk nou weer die laaistok van voor af in (versigtig) totdat die laaistok teen die koe?lpunt l?. Merk weer af met kouki of tape. Meet nou die lengte met vernier. Dit gee vir jou die maksimum lengte van 'n patroon. Nou kan jy die punt dieper in die dop druk om die sprong soos verlang te kry.
Re: Patroonlengte
Posted: Mon Jun 07, 2010 3:35 pm
by Hein M.
Beyers,
Ja, ek het hierdie metode nou die dag in 'n ou Magnum raakgelees. Beproefde metode wat werk.
Hein M.
Re: Patroonlengte
Posted: Tue Jan 25, 2011 1:30 pm
by Stephan
Hi
Ek gebruik hierdie metode om TPL te bepaal, werk goed vir my.
http://www.larrywillis.com/OAL.html
Groete
Re: Patroonlengte
Posted: Tue Jan 25, 2011 9:40 pm
by johneiman
Daar is ook n ander metode wat meer akkuraat is.Gebruik n doppie van jou geweer en sny n slooitjie met n junior hacksaw of ander dun saaglem vertikaal tot by die nekgedeelte .nou druk jy n punt in die dop so 2mm in ,dit sal makliker in gaan as gevolg van di slootjie in di dop . kamer nou die patroon in jou geweer stadig ,dan het jy jou maksimum patroon lengte.Ek maak n tooltjie waarmee jy dan jou patroonlengte kan meet tot op die ogive ,die gedeelte van die punt wat eerste aan die loop se groewe kontak maak. Dit is die akkurate metode om jou patroonlengte en punte te meet en om meer konstante " bullet jump" te he en so beter groeperings te skiet
Re: Patroonlengte
Posted: Wed Jan 26, 2011 7:09 am
by Flip Fouche
Stephan
Dankie vir leersame web adres
Flip
Re: Patroonlengte
Posted: Thu Jan 27, 2011 3:30 pm
by Gerard
Soms werk die gleuf-in-dop metode nie. Die laaistok metode werk altyd.
Re: Patroonlengte
Posted: Fri Mar 11, 2011 10:28 am
by pietjacobs
Hi almal,
Ek het die metode ook nou al gebruik, maar het nou op die Rhino punte op 'n snaakse ding afgekom wat ek nie seker is of dit reg is en of ek net dalk skeef meet. Ek skiet .270 en die riglyn wat Somchem gee vir TPL is 84.84mm.
As ek die metode gebuik kry ek die volgende:
130gr SST = 86.10mm
130gs Sierra = 85.00mm
160gr Rhino = 82.60mm
Lyk daai Rhino punt vir julle reg so? Is dit moontlik? Ek het almal meer as eenkeer gemeet.
Re: Patroonlengte
Posted: Fri Mar 11, 2011 11:05 am
by Gerard
Somchem se tabel is nie 'n riglyn vir TPL nie. Dit is die industrie spesifikasie vir vervaardigers. Met ander woorde, ammunisievervaardigers maak nie ammunisie wat langer is nie en vuurwapenvervaardigers maak nie magasynkast wat korter is as dit nie. Dit verseker dat alle fabrieksammunisie in alle gewere sal pas.
Dit het niks met 'jump' of 'frrebore' te doen nie. Onder aan Somchem se tabel op bladsy 31 van die Engelse weergawe is daar 'n nota:
These COL values are for the industry especially ammunition manufacturers. However, the individual can adjust his length to suit the particular rifle-component dimensions determined by the following: the magazine length, freebore/leade and the projectile ogive.
Re: Patroonlengte
Posted: Fri Mar 11, 2011 12:07 pm
by pietjacobs
Yep, soos ek gese het die riglyn se 84.84.
Ek kon net nie indink dat nie Rhino se TPL amper 4mm korter is as die SST en Sierra, dus die Rhino punt druk vinniger in die groewe in. Ek moet dan meer as die helfte van die punt in die dop indruk om daai lengte te kry.
Re: Patroonlengte
Posted: Sat Mar 12, 2011 9:12 am
by Gerard
Ek het nie geweet Rhino maak 'n 160gr .270 koe?l nie. Wat is die lengte van die koe?l?
Re: Patroonlengte
Posted: Sat Mar 12, 2011 12:41 pm
by pietjacobs
Gou gemeet:
Rhino = 32.24mm (160gr)
SST = 31.55mm (130gr)
Sierra = 28.30mm (130gr)