Page 1 of 2
Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 11:49 am
by visstok
Sommer so vir intresantheid, watse diere kon julle al inroep?
Rooijakkals
Rooikat
Kaapse vos
Bakoor
Aardwolf
Swartpootkat
Groukat
Duiker
Uile
Ystervark? Weet nie of dit toevallig was nie maar dit het al 2keur gebeur dat ystervark tot baie naby die roeper kom.
In die dag, Witkwasmuishond.
Hoor graag wat kan julle nog byvoeg.
Groete Alex
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 11:57 am
by Geno
Rooijakkals
Rooikat
Kaapse vos
Aardwolf
Groukat
Gevlekte Hiena
Tierboskat
Muskejaatkat
Huiskat
Hond
Duiker
Uile
Ystervark
Blou Ford Ranger

Beeste
Buffel
Renoster
Blouwildebees
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 11:59 am
by Smirre
Dog jy is in die moeilikheid!!!
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:02 pm
by BLOK
My vrou, die kinders en al die ander huisdiere. Hahaha
Geno Watter klank het jy op die blou ford gebruik en sal dit werk op n wit isuzu ook.
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:24 pm
by Jakkalsgat
BLOK wrote:
Geno Watter klank het jy op die blou ford gebruik en sal dit werk op n wit isuzu ook.
Bierbottel wat oopgemaak word, dit werk vir meeste bakkies

Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:26 pm
by Eugene
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:35 pm
by Geno
BLOK wrote:
Geno Watter klank het jy op die blou ford gebruik en sal dit werk op n wit isuzu ook.
Jakkalshuil, en nee, dit werk darm nie op 'n wit kazoesbox nie.
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:45 pm
by marno
Hier is wat ek sover ingeroep het:
Rooijakkals
Rooikat
Draai jakkals
Bakoor
Maanhaar
Groukat
Bruin Hyena
Tierboskat
Muskeljaatkat
Huiskatte
Honde
Duikers
Uile
Ystervark (Die een weet ek nie of hy toevallig da aangekom het nie)
Beeste
Blouwildebees (En pasop vir die. My roeper was amper daarmee heen toe 'n trop so 2m verby my roeper gehardloop het)
Rooi Meerkat
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:48 pm
by G-force
Wildebeest(OPS Mooihuil)
Springhaas
Kraaie
Draaijakkalse
Swartpoot katte
Bakoor Jakkalse
Rooijakkalse
Maanhaar jakkals
Duiker
Steenbok
My buurman(toe ek kraaie roep)
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:51 pm
by marno
G-force wrote:
My buurman(toe ek kraaie roep)
Hehehehe Ge. Vertel bietjie.
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 1:02 pm
by G-force
marno wrote:
G-force wrote:
My buurman(toe ek kraaie roep)
Hehehehe Ge. Vertel bietjie.
Daar bly n oom by my buurman,die oom was op n kol so game ranger ou gewees.Ons is bo op n koppie op plotte en ons twee huise seker so 150m uitmekaar uit.
Die dag roep ek n stel kraaie in want hulle maak rakkas daar met die ander voels.Die wind waai nogals sterk maar ek try maar.Sit crow distress op en laat waai.Klank redelik hard weens wind.Na so 8 minute sien ek n ou loop met n lang stok daar tussen die klippe rond maar oppad caller se rigting.Ek roep eers my vrou en se kom kyk.Sit toe klank af laat hy nie die caller kan ontdek nie.Hy loop skoon verby,berg af.Ek wag seker so paar minute en gooi gou katjak baklei op....speel so bietjie maar toe kry ek hom jammer,die oom is maar ouerig.Paar weke daarna kry ek die oom erens,vra hom toe oor die kraaie wat so raas daar innie berg.Hy se hy het gedink n diertjie het seergekry toe soek hy nou die ding.Vertel hom toe,gelukkig het hy my nie geklap nie

Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 1:13 pm
by marno
bwoooohahahahahaha!
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 1:43 pm
by visstok
Mooi man Ge!!!
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 3:17 pm
by Martin Marais
Rooijakkals
Bakoor
Aardwolf
Kaapse vos
Vaalboskat
Witstert muishond
Rooikat
Uil
Huiskat
Hond
Stinkmuishond
Tierboskat
Grysbok
Muskejaatkat
Kommetjiegat muishond
Die bure
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 3:55 pm
by Arno Pienaar
Als wat my al kom besoek het
Rooikat
Rooijak
Groukat
Draaijakkals
Maanhaar
Bakoor
Tierboskat
Miershoopkatjie
Maseljatkat
Bruin hayana
Erdvark
Bosvark
Ystervark
Ribbok
Steenbok
Kudu
Blouwildebees
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 4:00 pm
by Boertjie
Louis 102 het al sy vrou ook ingeroep
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 6:06 pm
by Marc
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 6:17 pm
by Boertjie
Marc
Ja, maar ons moet onthou, n jakals roep net die 1ste keer maklik in
Boera
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 10:22 pm
by visstok
Dink mamma is lekker die hoenders in as sy geval het vir die roep! Hahahahaha
Groete Alex
Re: Ingeroep
Posted: Thu Oct 11, 2012 10:55 pm
by Louis102
Janee, Mamma was baie verontwaardig en rooi in die gesig. My vrou ken 'n Foxpro en 'n roepery beter as meeste, sy is al keelvol vir my gedurige skoonmaak en toets van nuwe klanke in my kantoor en op die werf. Tog het ek haar uitgevang en ingeroep tot omtrent 3 tree van die roeper af, sonder dat sy my daar eenkant sien staan het met 'n bre? glimlag vol genoegdoening op die gevreet!
Die episode het net weereens by my, heelwat van die goeie basiese beginsels van roep bevestig, wat net so op roepjag by roofdiere van toepassing is: Jou staanplek moet reg wees, sy moet nie weet dis jy wat haar probeer inroep nie en indien jy haar nuuskierigheid met die regte klankie op die regte tyd kan prikkel, sal meeste vrouens (en sekerlik heelwat mans) vir jou roepery val. Jy moet die regte geleentheid kan uitbuit om 'n roepsku tefie te klop.
Mooiloop!
Re: Ingeroep
Posted: Fri Oct 12, 2012 12:13 am
by visstok
Dankie Oom Louis, nou lekker gelag, maar tog ook waar wat Oom se! Dink my mooier helfde sal maar moeilik val vir die roep, sy is al goed roep slim, elke vreemde geluid wil sy eers weet of speel ek alweer met die foxpro!
Groete Alex
Re: Ingeroep
Posted: Fri Oct 12, 2012 9:08 am
by Marc
Re: Ingeroep
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:14 am
by Martin Marais
Louis 102
Baie skerp,ek het nou baie lekker gelag.
Re: Ingeroep
Posted: Mon Oct 15, 2012 7:59 pm
by Eardley
HaHa,ek dink ons vrouens verdien ook n "accolade" om hierdie dinge te verstaan.

Re: Ingeroep
Posted: Tue Oct 16, 2012 7:18 pm
by basie
Soos ek verstaan is daar 'n sekere paar manne by Ops Mooihuil ook ingeroep?

Blykbaar sommer meer as een keer.(Dieselfde manne)