Beginner Jakkie jagter soek raad.
Posted: Sun Jun 06, 2010 5:59 pm
Hi daar almal.
Ek het nog net 1 keer gaan jakies skiet. Dit is duidelik meer ingewikkeld as om net die geweer te gryp, op die bakkie te spring en in die veld in te jaag met 'n lekker sterk lig wat amper die verf van die bakkie afbrand.
Ek lees en volg gereeld die nuus op die forum en dit bly baie interesant. Ek sal graag meer wil leer maar glo nie ek sal so betrokke kan raak soos van sommige lede nie. Ek bly in Pretoria en kan slegs naweke wegkom. Dit sal ook meestal op Vrydag aande wees. Ek het etlikke plase in die Bronkhorstspruit area waar ek sal kan gaan skiet. Lekker oop veld met effense golwende heuwels.
Wat ek wil weet is wat my te doen staan om op die regte manier aan die gang te kom sonder om die bedryf skade aan te doen. Ek praat van studie materiaal, roepklanke, re?ls, wette en als wat daarmee saamgaan.Toerusting en so het ek nou al reeds mooi opgekyk op die net.
Wat van permitte om te jag in die nag. Kan enige iemand dit doen of moet ek eers toestemming by een of ander Departement kry? Ek wil dit eerder reg doen of glad nie.
Enige raad welkom.
Peet