Page 1 of 1

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 4:11 pm
by Frederik
Ek wil nou nie spanner in die wiele gooi nie maar is dit nie juis hoekom jy lid word nie is vir die ekstra hulp wat mens kan ontvang ?
As jy mos 'n volbetaalde lid is kan jy seker die diens verwag sonder veel moeite !

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 4:15 pm
by G-force
Ai jammer jy sukkel so ma.Darem by SA Wingshooters en SADPA kry ek my endorsements binne enigeiets van n uur tot dalk die volgende dag.
Hoop jy kom reg.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 5:00 pm
by Armand Steenkamp
Jis Ludwig,

Email vir Hennie. Hy is bie die lisensie afdeling van sajagters. hennie@sahunt.co.za

Hoop dit help

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 5:43 pm
by Marc
Ludwig wrote:
Frederik wrote: Ek wil nou nie spanner in die wiele gooi nie maar is dit nie juis hoekom jy lid word nie is vir die ekstra hulp wat mens kan ontvang ?
As jy mos 'n volbetaalde lid is kan jy seker die diens verwag sonder veel moeite !
Presies my punt ook! En dis nie juis as of hulle lede geld 'n appel en 'n ei is nie.  >:(
Iets klink nie pluis nie, moet jou tak Voorsitter nie vir jou een kan gee nie, hoekom al die pad met Hoofkantoor praat  ??? ??? ???  Ek is by Vrystaat Jagters, ons is onder SA Jagters as ek nie verkeerd is nie, en myne het my een oproep na my Voorsitter gekos en ek dink ek moes so ses antwoorde gee  8) O ja ek moes een mahala koppie koffie ook drink, nie te stewig nie, dink ek in elk geval  8)

Ek kan nie glo jy moet deur so hengse proses gaan nie, hoekom maak hulle dit nie bietjie vriendeliker nie  :-\ Help veel jy adverteer 'n produk wat niemand kan bekom nie.

Hhehehee, laat my dink aan die Ferrari model wat nooit in jou eie motorhuis sal staan nie, jy het ten volle vir hom betaal, ten duurste, maar Ferrari sal hom veilig buite jou allerdaagse bereik by hulle store vir jou b?re  :'(

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:42 pm
by Kallie404
Ludwig

Weet nie of ek die kat aan die b@l beet het nie maar ek het nog altyd net n fotostaat gemaak van my SA Jagters lidmaatskap kaart, wat voldoende was. Jou naam, van, lidnommer verskyn daarop.

Dalk verstaan ek net verkeerd?

Groete

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:47 pm
by Marc
Manne ek dink Ludwig soek daai papiertjie/sertifikaat wat s? die wapen wat hy voor aansoek doen is geskik vir die doel waarvoor hy motiveer  ???

Of is ek nou verkeerd  :-\

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:51 pm
by G-force
By SADPA en SA Wingshooters  laai mens net die endorsement vorms van hulle webwerf af.Mens vul dan die wapen se nommers ensv in en tick die boksies(SADPA) en skryf n kort verslaggie(SA Wingshooters).Die mail of/faks mens terug.Hulle lees dit en keur goed,sit stamp en paar brieifes by en mail terug.
Maklik.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 8:34 pm
by tripodmvr
Het ook met my laaste twee aansoeke die' paadjie geloop. Wat ek graag sal wil h? moet gebeur is dat SA Jagters 'n lys van vuurwapens moet sertifiseer vir hul skietoefeninge en vir jagdoeleindes sodat die persoon wat dit evalueer kan sien waarvoor die vuurwapen geskik is. Die individuele navrae is 'n groot mors van tyd. Jy hoef nou slegs bewys te lewer dat jy SA Jagterslid is en dan kan jou aansoek daarvolgens verloop. Die herhaling van inligting is vir my 'n totale mors van tyd - die van die aansoeker, SA Jagters en die polisie. 'n Kaliber soos 30-06 verander nie oornag sy kenmerke en gebruiksvlak nie - sweerlik moet die polisie nou ookal weet waarvoor dit gebruik word. In die geval van spesialis kalibers sal individuele motivering nog benodig word, maar dit sal die uitsonering wees.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 9:12 pm
by 243Songdaug
Hi Ludwig

Ek sien hier op die Aansoek om endorsement soos afgetrek vanaf die internet vanaf SAJWV se webwerf dar jy met Trish kan praat.

haar e-pos is:  trish@sahunt.co.za

As jy sukkel kan jy gerus vir Danie Venter by Inyathi Park bel (Dorothy Ras is sy PA).

Laat hoor gerus indien jy sukkel.

Groete.
Jaco Goosen

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Wed Oct 10, 2012 9:38 pm
by Rasmus
Daar was n wyle terug in die taknuus of die tydskrif n inligting stuk oor die briewe. Daarin het hulle ges? dat hulle groot klomp versoeke per dag kry en dat die "turn around time"  iets soos n week of twee gaan wees.

Kan net nie presies onthou wanneer dit was nie.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 6:49 am
by johnny
Ludwig

Die feite.

Trish is nie meer daar nie, Hennie de Jager doen dit, hennie@sahunt.co.za. Daar is 2 tipe aansoeke  1) Endorsement wat jy net n brief kry om te se jou wapen is geskik vir n sekere doel. 2) Motivering wat dan vir jou gedoen word teen n sekere koste. ;D




Groetnis

Johnny

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 8:03 am
by SV MAD (Henk)
Ek is by NSA. Toe ek endossement soek het hulle sommer my motivering nagegaan en gesien als is in order en toe sommer my endossement ook uitgereik. Als binne 24uur. Manne roer vinnig daarso.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 2:50 pm
by spekieries
Skuus Ludwig

Ek is seker weer dom onosel, maar wat presies bedoel jy met die SA jagters lisensie aansoek endossement?

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 3:11 pm
by Flip Fouche
Ludwig

Kyk na die artikel in S A Jagter van Okt 2012.Hier praat hulle van die verfieering van n lisensie-aansoek.Koste R250.00

Tel 012 8089300

Groete

Flip

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 3:22 pm
by Beretta
Nou waarvoor is die lede geld dan.
Beretta

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 3:26 pm
by Koos Barnard
Dags?
Ek het uitstekende diens van SA Jagters gekry toe ek baie onlangs twee endossemente aangevra het. Ek dink dit was Marika wat myne gedoen het. Sy het nie al die inligting gehad nie en my twee keer gebel daarvoor. Sy het glad verskoning gevra dat sy so lastig was. Ek kan glad nie kla van SA Jagters se diens nie, dit was uitstekend.
Mooi loop

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 4:01 pm
by Marc
Ludwig wrote:
Oh, en die wat dalk nou wonder..... dit is my 284 Win se aansoek wat ek nou mee besig is  ;D

Aaitsa  8) Min dae  ;)

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 4:24 pm
by Marc
Koos Barnard wrote: Sy het glad verskoning gevra dat sy so lastig was.
Mooi loop
Sorry Oom Koos, maar min mense weet nie wie is Koos Barnard nie  ;D ;D ;D ;D Jan Alleman is nie altyd so gelukkig nie  :'(

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 8:48 pm
by spekieries
Naand Ludwig

Hoekom ek vra, is dat toe ek sekretaris van die Centurion tak was, het ek vir paar manne 'n motivering getik op 'n Centurion tak briefhoof wat die skietko?rdineerder dan onderteken het.

Gewoonlik was dit darem vir manne wat die takskiet byeenkomste bygewoon het.

Kontak die nuwe voorsitter Isak Burger. Ek is seker die manne sal jou kan bystaan.

Re: SA Jagters lisensie aansoek endossement

Posted: Thu Oct 11, 2012 8:57 pm
by spekieries
Ludwig

Jammer ek het nie behoorlik klaar gelees nie. Ek sien jy het toe jou endossement gekry. Ek is bly jy het reg gekom.