Page 1 of 1
Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Fri Oct 05, 2012 3:40 pm
by JTM
Waar op my nuwe vuurwapen lisensie kaart is die lisensie nommer. Daar is net twee moontlike opsies wat ek kan sien. Die een is 'n nommer net regs van my ID nommer voor op die kaart. Die ander is 'n nommer net bo my handtekening agter op die kaart.
Ek sal waardeer as iemand my net kan s? watter een ek moet invule om my nuwe aansoek papier.
Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Fri Oct 05, 2012 4:09 pm
by bex
Sover ek weet is dit die een agter op bokant die handtekening, wat nou net vir my snaaks lyk, dieselfde nommer is op al my kaartjies behalwe bevoegdheid kaartjie, so ek is nie seker nie.
Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Sat Oct 06, 2012 12:44 pm
by james 303
Hulle het my gese op n nuwe aansoek om dit uit te laat hulle kan mos op die stelsel sien watse vuurwapens op jou naam is..as dit nou dieselfde ding is waaroor ons praat..
Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Sat Oct 06, 2012 1:40 pm
by Danie Lombard .243
Elke vuurwapen kaart sowel die bevoegtheid kaart het 'n kaart no. Dit is die klein gedrukte no agter op die kaart, so 'n laaaaaaang klein amper onleesbare nommer.
Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Sat Oct 06, 2012 3:19 pm
by Biltongjagter
My drie vuurwapens waarvan die ou groen lisensies hernu is na die nuwe wit kaart lisensies, het al drie presies dieselfde nommer wat al drie met die letter R begin - aanvaar dit dui op 'Renewal'.
My vierde vuurwapen wat onder die nuwe lisensie wetgewing gekoop is, het 'n heeltemal ander nommer sonder enige alfabetiese voorvoegsel.
So kom dit my voor dat dit moontlik is dat vuurwapens gelisensieer onder die nuwe wetgewing, elk 'n eie unieke lisensie kaart nommer mag h?.
Hernude lisensies het blykbaar almal dieselfde, unieke nommer vir elke lisensiehouer.
My bevoegdheidsertifikate het elk 'n ander nommer, almal met letter C vooraan.
Maar my hernude bevoegdheid A4 drukstukke, het heeltemal ander nommers as die eerste uitreikings - albei steeds die letter C vooraf.
Agter my ID nommer op al die kaarte, behalwe op die nuut uitgereikte bevoegdheid drukstukke, verskyn dieselfde 3 syfer nommer.
Maybe there is some type of method in this madness!
Groete,
Koos.
Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Sat Oct 06, 2012 4:00 pm
by JTM
Ek dink ek sal maar daai nommer uitlos dat hulle dit by die DFO invul. Klink my hue is nog maar self deurmekaar. Dankie vir almal se hulp

Re: Lisensie Nommer op kaart?
Posted: Mon Oct 08, 2012 9:20 am
by G-force
Agter op die kaart net buite die handtekening blokkie,links bo.