Page 1 of 1

Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 2:43 pm
by Eugene
Manne, ek wil net vir SJ bedank vir sy goeie diens en die gemak en vriendelikheid waarmee hy aan my versoeke voldoen het.

Dis 'n plesier om met hom besigheid te doen en ek kan hom aanbeveel.

Dankie SJ, ons gaan binnekort weer praat!

Groete

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 2:54 pm
by Martin Marais
Middag Eugene

Ek wil graag by jou aansluit,en ook vir S.J. bedank vir sy goeie diens en hulpvaardigheid. Dit is werklik 'n plesier om met die man besigheid te doen.

S.J. baie dankie

Groete

Martin Marais

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 3:20 pm
by JACQUES BOTHA
EMBURRISING BENDE -- DIS LEKKE OM DIE GROEP TE SIEN GROEI
THANX SJ
AS DAAR NOU FOUT GAAN  IS ONS BAIE WAT JOU KAN VASHOU TERWYL EK JOU TIMMER
LEKKER NAWEEEK

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 7:52 pm
by Monrique (SJ)
Manne

Baie dankie vir die mooi woorde, ek waardeer dit baie. Ek probeer maar net n goeie diens lewer en glo dit is hoe dit in besigheid werk.

Jacques jy sien mos hoe mooi Burris perform dink jy dit sal nodig wees??
Wag vir nog terugvoering en die orders.

Groetnis

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:12 pm
by Herman Venter
Ek moet byvoeg! SJ gee baie goeie diens, ek het al 'n scope deur hom vir my beste en vir een van my maats ook!

Puik dien SJ my maat! Jy doen rerig goed! Baie dankie!!

Groete
Herman

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:20 pm
by wlm
SJ
Soos jy weet is ek ook een van jou "fan-club", so sien asb. die vraag as 'n poging om jou besigheid te bevorder. As ek reg verstaan is jy as persoon die Burris-agent. Vertel asb. vir ons hoe jy die Burris-produkte se waarborg hanteer en wat gaan gebeur as daar 'n dag kom as jy jou besigheid staak?

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Mar 08, 2013 2:06 pm
by Eugene
Manne, ek het my tweede teleskoop my Monrique gekoop en dit was, soos met die eerste een, net 'n plesier om met die man besigheid te doen! Dit was hierdie keer selfs makliker, omdat ek vir Monrique ontmoet het toe ek Desember in Velddrift was!

Dankie weereens vir jou goeie diens en dat jy aan al my versoeke voldoen het!

As my volgende geweer kom, sal ek en jy weer praat!

Groete

Re: Dankie SJ

Posted: Fri Mar 08, 2013 2:53 pm
by Frikkie Coetzee
Nee Kyk Die man hou op die letter by sy woord.

Ek sal hom aanbeveel vir iemand

Frikkie

Re: Dankie SJ

Posted: Sat Mar 09, 2013 7:17 am
by Silent Hunting
SJ,

Dankie vir my pakkie. Weereens. Ek baie in my noppies, vroulief minder so.

Henk

Re: Dankie SJ

Posted: Sat Mar 09, 2013 11:43 am
by Monrique (SJ)
Manne

Dis n groot plesier, geniet hulle en maak mooi daar "voor"!! Kom wys die teikens wat julle skiet...


Groetnis
Monrique