Page 1 of 2
Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 1:22 pm
by tafjak
Ek wonder of oortoliige(nie helpers) vreemde werpels groot sal maak as die ouers verongeluk het?
Wetie?
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 1:31 pm
by BRNO (Pierre)
tafjak wrote:
as die ouers verongeluk het?
Mooi gestel oom Taf!
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 1:38 pm
by Boertjie
Taffie
Hoe dink jy van hoe oud af sal klein jake op hul eie oorleef?
By mooihuil het ons al gesien dat jakalse mielies vreet.Ek het iewers al van hawersaad ook gehoor.
Wonder net
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 1:51 pm
by tafjak
Ja, ek weet nie regtig hoe oud jakkalse op hul eie sal oorleef nie, maar reken as hy al self kan eet hy goeie kans sal he^. Miskien so 3weke oud?
Vir die doel van die topic kan ons die jakkalse op so 3weke ouderdom voorstel. Sal graag wil sien of vreemde(ouer jakkals/teef) die bloedjies sal kan groot kry.
Mooiloop
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 2:16 pm
by cassie_calvinia
oom taf, is 3weke nie bietjie jonk nie?
ek dink nou maar net aan honde?
hier vreet hul kersbos bessies.
dit hang seker maar ook van areas af.
dink hier by ons(afhangende van kern gebied) sal dit maar neuk vir kleintjies.
hoe is die reun se eienskappe? sal hy op sy eie kos aandra?
in die geval van 'n helper, baie moontlik dink ek.
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Fri Oct 05, 2012 7:17 pm
by visstok
Ek het al sonneblom saad in jakkals mis gekry. Weet nie of die jakkals iets geeet het wat reeds die sonneblom saad geeet het nie, dalk tarentaal?
Groete Alex
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sat Oct 06, 2012 10:47 pm
by cg rossouw
Taffie ek dink weer hulle sal, die ma sal nie sommer want sy sal seker soos enige ander dier haar kleintjies se reuk ken. Helper sal seker kos gee want sy werk maar vir die paar. Ek kan verkeerd wees. Dink dalk van 2 maande sal reg kom op hulle eie, seker nie almal nie maar die natuur sorg vir sulke gevalle
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 2:58 am
by tafjak
CG
Ek het maar die topic begin omdat ek wonder of jakkalse(nie helpers, nie moeders of vaders nie, maw, die jakkals kom op 3weerlose kleintjies af en ken hulle van geen kant) vreemde kleintjies sal grootmaak.
Mooiloop
Ps. Boertjie probeer maar om 'n topic te ontspoor.

Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 7:13 am
by Foxcreek
Taffie ek dink dit is moontlik, want ek het al hier in my Jack Russell telery gesien dat 'n droe teef weggegooide kleintjies aanneem en dan ook melk begin vorm en die kleintjies voer en suksesvol grootmaak.
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 7:41 am
by tafjak
Foxcreek
Ja, vermoed ook so, maar ek het nou 'n teef(2dae gelede) 3kleintjies gegee en lyk of dieselfde gebeur as wat jy se^.
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 9:00 am
by visstok
Gaan die volwasse jakkals nie dalk die kleintjies sien as kompetisie en julle van kant maak, of oppertunisties soos ons weet jakkals is dalk die kleintjies as n maklike maaltyd sien nie? Was daar al navorsing gedoen oor kanibalisme onder jakkalse? Intresante topic die, hou hom met valk oe dop.
Groete Alex
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 9:24 am
by Eardley
Nes jakkalse kom hierdie tyd van die jaar nogal gou na klein jakkals roepe,maar wat hulle so doen as dit n regte pup is,weet ek nie.Ek dink die grote sou hom na sy eie nes neem indien dit n regte pup was?Dis seker hoekom hulle sulke "survivors" is?
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 11:26 am
by Martin Marais
Tafjak.
Baie goeie vraag. Persoonlik dink ek nie dat enige spesie in die diereryk sal,as ek dit so kan stel,weeskinders aanneem nie. Waar die ouers van 'n werpsel klein jakkies verongeluk,en indien daar nie helpers is wat kos aandra nie,dink ek daai kleintjies is op hul eie.
Waar jou jakkals beheer goed is,sal daar in elkgeval nie volwasse jakkalse rondloop om dalk toevallig op die wees jakkalsies af te kom nie. Of hoe???

Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 12:13 pm
by Boertjie
Martin
Nou verstaan ek jou nie.As daar nie volwasse jakalse rondloop nie, waar kom die kinders vandaan?
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 12:40 pm
by Martin Marais
Boertjie
Gestel daar is 'n jakkalsnes op 'n gegewe plaas. Hierdie nes is die tuiste van mamma jakkals,pappa jakkals en 5 kindertjies. Ongelukkig is daar ook 'n gesoute jakkalsjagter in die omgewing,en hy verongeluk nou vir pappa en vir mamma. Verder verongeluk hierdie jagter ook die volwasse jakkalse op die buurplase,so daar loop dus nou nie meer volwasse jakkalse rond nie. m.a.w. daar gaan nou nie volwasse jakkalse wees wat toevallig op hierdie weeskindertjies afkom en hulle groot maak nie.
Hoop jy verstaan nou beter. Let asseblief op die smileys op my post.
vreugde
Martin Marais.
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 2:02 pm
by tafjak
Martin
Ja, toevallig het ek 3kleintjies in die hande gekry(so 3weke oud en was al 4dae sonder kos teen Vrydag) en hulle by 'n teef(5jaar oud en nog nooit kleintjies gehad) gesit. Groot was my verbasing toe sy net so draai draf met kleintjies op haar hakke en dadelik na die gate lei. Hulle is nou so 45uur onder haar sorg en is hulle trommel dik(trail cam foto's) gevreet. Sal maar dophou in die vervolg.
Sy het nie na hulle gehap of enige iets in darie lyn nie. Sy roep hulle by die gate uit en sorg dat hulle kos kry. Baie besorg en hulle baie gedienstig.
Mooiloop
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 2:38 pm
by Martin Marais
Tafjak
Wat jy hier vertel is vir my baie,baie interessant. Ek sou nooit kon dink so iets is moontlik nie. Neem byvoorbeeld 'n skaap,of 'n bees,jy sien nie dat enige van hierdie diere sommer net 'n lam of kalfie aanneem en grootmaak nie. Ek het wel al gesien dat bobbejaan wyfies mekaar se kleintjies steel.maar dit eindig gewoonlik met die gewisse dood van die kleintjie,omdat die nuwe "ma" nie melk het nie.
Hou ons asseblief op hoogte.
Groete
Martin Marais.
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 2:59 pm
by visstok
Oom Taffie, ek neem aan daai teef is in gevangeniskap? Indien wel, word sy gevoer en hoef nie te kompenteur vir kos nie. Dink Oom nie dit kan n rol speel nie? Of omrede sy geen kontak met ander jakkalse het nie, neem so aan as sy nog nooit werpsel gehaat het nie. Dink Oom nie in die natuur kan dit anders wees waar hulle dalk vir kos moet kompenteur? luister met oop ore verder!
Groete Alex
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 3:34 pm
by tafjak
Alex
Ja, die teef bly in 1 ha kampie en word gereeld gevoer. Daar is 2jakkalse aangrensend aan haar kampie wat ook gereeld gevoer word. Tog jag hulle muise en sien dat hulle tot van die kraaie vang wat op oorskiet kos kom aas. Hulle vreet krieke, springkane en goggas en verder probeer hulle kwaai om oorskiet kosse te stoor.
Ek wou nie waag om die kleintjies in die kamp langsaan te sit nie.
My droom is om van hierdie jakkalse in so 25ha kamp te sit met genoeg springhase, muise ens. Miskien kan die nuwe stel klanke en DVD daarvoor betaal.
Mooiloop
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 3:39 pm
by tafjak
Alex
Hoekom dink jy dit sal anders as in die natuur wees?
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 4:04 pm
by Jason
Ek weet nie of dit enigstens help nie: ek was n ruk weg van die plaas gewees besig om te jag, toe welp my jakkels teef weer. Laas jaar se jonges is nog saam die reun en teef, to vreet hulle die kleintjies op.
Jason
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 5:39 pm
by tafjak
Jason
Hoe groot is die kamp waarin hulle is?
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 7:03 pm
by visstok
Oom Taffie, ek weet nie of dit anders in die natuur gaan wees nie, dis hoekom ek vra. Ek probeer maar altyd soveel moontlik oor ons ou vriend vlekkie leer, nie net oor roep nie maar gedrag ook. Intresant wat Jason nou se van die ander wat die nuwe kleintjies opgevreet het. In die natuur sou die ander verlede jaar se kleintjies al weg gewees het en die jaar sin nou groot gemaak geword het. Oom Taffie en die ander manne wat jakkalse aanhou, hoe vergelyk hulle gedrag teenoor jakkalse wat vry loop? Hoe is hulle gedrag teenoor jou as mens? Ons almal weet vlekkie is slim, gaan hy nie vinnig leer dat die mens nie vir hom n gevaar inhou nie? Die vrae wat ek vra is maar net omdat ek nie die antwoord op daai vraag ken nie, ek probeer glad nie myself slim hou nie, wil net nog probeer leer.
Groete Alex
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 7:13 pm
by visstok
Oom Taffie, Oom moet laat weet as die nuwe klanke en dvd reg is laat ons kan help bou aan daai kamp!
Groete Alex
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Posted: Sun Oct 07, 2012 9:08 pm
by tafjak
Alex
Nee wat, ek vra maar altyd en so leer ek. Ek het net gereken omdat jakkalse aasdiere ook is sal hulle net op aas leef as dit al is wat beskikbaar is en as meer as genoeg beskikbaar is sien ek nie probleem daarmee nie, tensy iemand my anders kan oortuig.