Page 1 of 4
Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 12:03 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Aangesien daar nou n bende vir elke kaliber so te se al geskep was, sal dit ook interssand wees wie besit Ackley weergawes van n kaliber. Dit is in my oe heeltemal verkeerd om jou Akley weergawe van n kaliber by te sit by die voogkaliber aangesien daar in die meeste gevalle n wereld se verskil is tussen die twee!

Die Ackley manne is in elkgeval die werklike balistiese koneseur van die skietwereld!
Ek sal maar so voorbarig wees om my naam eerste op die lysie te plaas al verdien ek dit nie.
1) Wouter 223 Remington Ackley Improved
2) Wouter 22-250 Remington Ackley Improved
3) Wouter 243 Winchester Ackley Improved
4) Wouter 25-06 Remington Ackley Improved
5) Wouter 7x57 Ackley Improved
6) Wouter 30-06 Springfield Ackley Improved
7) Wouter 375 H&H Magnum Ackley Improved
Die lys sou van my kant af langer gewees het as ek my ander kalibers ook kon Ackley!
Groetnis
Wouter
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 12:08 pm
by DWB
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 12:13 pm
by Danie01

243 ackley
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 12:17 pm
by Geno
1) Wouter 223 Remington Ackley Improved
2) Wouter 22-250 Remington Ackley Improved
3) Wouter 243 Winchester Ackley Improved
4) Wouter 25-06 Remington Ackley Improved
5) Wouter 7x57 Ackley Improved
6) Wouter 30-06 Springfield Ackley Improved
7) Wouter 375 H&H Magnum Ackley Improved
8.) Danie01 243AI
9) Jason 223AI
10) Jason 243AI
11) Rooikat 22-250AI
12) Rooikat 6mm RemAI
13) Jan Tanne 6mmRemAI
14) Boertjie 243AI
15) Tafjak 243 AI
16) FM 243AI
17) Tomcat 243AI
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 12:54 pm
by Marc
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:22 pm
by FrancoisN
1) Wouter 223 Remington Ackley Improved
2) Wouter 22-250 Remington Ackley Improved
3) Wouter 243 Winchester Ackley Improved
4) Wouter 25-06 Remington Ackley Improved
5) Wouter 7x57 Ackley Improved
6) Wouter 30-06 Springfield Ackley Improved
7) Wouter 375 H&H Magnum Ackley Improved
8.) Danie01 243AI
9) Jason 223AI
10) Jason 243AI
11) Rooikat 22-250AI
12) Rooikat 6mm RemAI
13) Jan Tanne 6mmRemAI
14) Boertjie 243AI
15) Tafjak 243 AI
16) FM 243AI
17) Tomcat 243AI
18) Katvis 243AI
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:32 pm
by Boertjie
Geno
Jy ken ons nou te goed.Sal moet plan maak met jou

Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:32 pm
by Reggie Gerber
Trotse 243AI eienaar
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:34 pm
by Geno
Boertjie wrote:
Geno
Jy ken ons nou te goed.Sal moet plan maak met jou
Boera, ja.
Kyk, ekself sal like van 'n AI kaliber, maar die .204 is klaar perfek (Hoe dan anders, dis Ruger s'n!)..
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:37 pm
by Boertjie
Geno
Dit is jammer jy het nie n skoot met my AI gehad nie.Jy sou dadelik die 204 in getrade het.......
Boera
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:42 pm
by Boertjie
O ja, ek dink Tafjak het ons verraai, ek dink amper hy skiet iets anders nou.
Weet nie vir hoelank nie dan is hy weer op die 243AI
Boera
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 2:52 pm
by WillemS
Sit my ook op vir die volgende!
22-250AI
243AI
7x57AI
Willem
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 5:13 pm
by James Wilson
James 6mm 250 Ai
Re: Ackley Bende
Posted: Thu Oct 04, 2012 10:10 pm
by Marc
Een van die mooi dae is my 243 ook 'n Ai. Klaar 'n reamer bespreek, my roer is derde in die ry as alles goedgaan

Re: Ackley Bende
Posted: Fri Oct 05, 2012 3:30 pm
by JACQUES BOTHA
AI AI AI
dIE UGLY MANNE IS MANNE WAT HOU VAN SUKKEL
EN HOU VAN DOPPIES FIREFORM
EN EN EN SOMS HOU VBAN LEKKER SKIET OOK
STERKTE EK SIEN DIE GROEP SUKKLE MET GETALLE,
KAN EK MA MY NAAM OPKRY OMDAT EK EEN GEBOU HET --WAT WERK...EN LAAT WERK
GENIET DIE UGLYS MANNE HULLE LOOP MOOI
JACQUES
Re: Ackley Bende
Posted: Sun Oct 07, 2012 5:40 pm
by Arno Pienaar
As ek dit reg het skiet oom Taf nou met n 6mm Dasher
Re: Ackley Bende
Posted: Sun Oct 07, 2012 6:17 pm
by muishond
Sit my ook op die lys- .243Ackley
Dankie
Muishond
Re: Ackley Bende
Posted: Sun Oct 07, 2012 7:17 pm
by douw
kan iemand asb verduidelik wat is Ackley improved?
ek dink ek het dit al 'n jaar terug ook gevra maar nou nie seker nie.
dankie
groetnis
douw
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 8:22 am
by Wouter Roets
Hallo Douw
PO Ackley was n baie bekende geweersmid in die 1940's in Amerika. Sy idee met die Ackley ontwerp was om die maksimum uit n spesifieke kaliber te kry. Sy eerste poging was met die 300H&H. Die lyf van die dop het baie taper en n baie vlak skouer. Hy het die taper amper in geheel weggeneem en die skouer verander na 40 grade. Hy het gevind dat n 40 grade skouer hom baie voordele gee. Dit was basies hier waar braasvloei gestop het. Met die 300H&H het kopspasie plaasgevind op die beld en met Ackley se weergawe kon kopspasie gemaklik op die skouer plaasvind.
Van hier af het PO Ackley beltlose kalibers aangepak. Dit was bietjie meer ingewikkeld aangesien kopspasie so bietjie meer gekompliseerd was. Kopspasie vind op die "datum line" plaas aan die begin van die skouer met beltlose kalibers. Hy het nog steeds hierdie lyn gebruik maar die grade verander na 40 grade. Die meeste kalibers se grade is tussen 17 en 20 grade in die departement. Hy het natuurlik ook so veel as monntlik taper uitgehaal op die oorspronklike ontwerpe. Jy kon die oorspronklike kaliber nou skiet in die Ackley kamer en dan daai gevuurvormde dop oorlaai na hoer spoed agv die groter dopkapasiteit.
Die meeste Ackley weergawes gee so tussen 125ft/sek na so veel as 300ft/sek meer as die voogkaliber. Om dit in perspektief te sien is dit bv die verskil tussen die 308 en 30-06 tot soveel as die verskil tussen die 30-06 en die 300 Win Mag. Werklik indrukwekkend as jy daaraan dink.
PO Ackley was n geniale balitikus wat werelde voor sy tyd was. Baie van vandag se "Wunderkinders" kalibers waar die ontwerpers maak asof hulle nou net die wiel ontdek het is al in die 40's deur Ackley ontwerp.
Goetnis
Wouter
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 6:05 pm
by douw
hi wouter
baie dankie, dis sommer 'n mondvol!!
kan jy asb vir my verduidelik indien ek byvoorbeeld 'n howa in 22-250 aanskaf en hom wil AI: 1. hoe gaan mens te werk?
2. wat se aanpassings maak mens in terme van doppe ens
3. gaan so verandering gepaard met nuwe liksens?
dankie vir jou tyd.
groetnis
douw
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 6:11 pm
by Jaco Bezuidenhout
Wouter
Stem 100% saam.
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 6:47 pm
by Wouter Roets
Douw
Jy het n PM.
Groetnis
Wout
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 7:05 pm
by Dawie D
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 7:28 pm
by Chrisjan
Ek het tot nou 243 AI geskiet. Maar skyf nou 6mm dasher toe, hy het ook 40 grade skouers...
Word ek nou uit die bende geskop of bly ons maatjies?
Re: Ackley Bende
Posted: Mon Oct 08, 2012 8:07 pm
by prohunt
Hi Chrisjan,
Ek het darem nog my ,243AI maar wat die Dasher aanbetref kan hy seker darem deurgaan as die AI van die 6mmBR??? Miskien moet Wouter help en bevestig. Ten minste weet ek dat Taffie, Chrisjan en Prohunt dan ten minste nog maatjies met die 6mm Dashers sal wees

. Die volgende stap sal dan maar wees om ook 'n 6mm Dasher bende te stig, alhoewel hy sekerlik maar baie klein sal wees

Groete
Johan